Saturday, January 31, 2009

'n BESONDERSE VERHAAL

Ek het hierdie verhaaltjie per e-pos ontvang van my niggie Sue Jarps. Dit het my beindruk en ek het gevoel ek wil dit met almal deel....!

n Verhaal word vertel van n matriek klas by n sekere skool wat geregeer was deur die belhamel element. Die klas het haas onregeerbaar geword en een na die ander onderwyser het sy of haar goed gevat en geloop omdat dit nie vir hulle enigsins moontlik was om die disipline en orde te handhaaf nie.

Daar was advertensies in al die koerante geplaas maar soos wat die onderwysers aangestel was, so het hulle n paar weke later maar weer hulle goed gevat en geloop. Maar een oggend was daar n ligte kloppie aan die skoolhoof se deur en n tingerige geboude man het daar gestaan. Die skoolhoof het gegroet en toe stel die man homself voor, Ek is Mnr Buys en ek het kom aansoek doen vir die pos van matriek onderwyser. Die skoolhoof het die man op en af gekyk en toe vir hom gese, Dankie Mnr Buys, maar groter en sterker manne as jy het al aansoek gedoen en het maar weer stert tussen die bene n paar weke later weggesluip.

Mnr Buys het die skoolhoof in die oe gekyk en toe gese: Dan het jy mos niks om te verloor om my n geleendheid te gee nie. Ek sien kans vir hierdie klas.

Die skoolhoof het sy bedenkinge gehad, maar het te sleg gevoel om vir hierdie man te se dat hy heeltemal te klein en maer is vir hierdie klomp belhamels en het hom toe aangestel.

Die volgende oggend was die matriek klas op hulle beste, die geraas was deur die hele skool gehoor. Daar was n vreeslike rumoer wat deur die gange geeggo het. Die klas deur het oopgegaan en mnr Buys het stadig by die deur ingeloop terwyl hy die hele spul so op en af bekyk, hy het agter sy tafel gaan staan en net gekyk, nie n woord gese nie. Daar het skielik n doodse stilte oor die matriek klas neergedaal. Of dit verbasing was omdat so n klein verpiepte mannetjie die manne moed gehad het om in hulle klas in te stap, en of dit net die atmosfeer was wat die man omvou het, wat ookal die rede die stilte was voelbaar.

Mnr Buys het van die geleendheid gebruik gemaak om die klas te groet, homself voor te stel en hulle te vra om asb hulle plekke in te neem. Hy verduidelik toe vir hulle dat hy orde en disipline gaan toepas, maar met die verskil, dat hulle die reels en die straf sal bepaal. Hy gaan staan toe voor die swart bord en vra hulle, wat se reels wil hulle instel. Die een groot belhamel met die naam van Jakobus spring toe op en skree:"Daar mag geen diefstal wees nie, en mnr Buys skryf toe GEEN DIEFSTAL. Die volgende ou spring toe op en se daar mag geen vloekery wees nie, en mnr Buys skryf toe GEEN VUIL TAAL, en so het die klomp hulle totaal en al oorgeggee aan die genot van die maak van die reels. Toe staan mnr Buys eenkant en se dit is nou goed so, maar wat van die straf as een van hierdie reels gebreek word.
O dit is maklik skree ou Jakobus weer, 10 van die bestes met die rottang.
Goed se mnr Buys, so sal dit wees en skryf toe die straf ook op die bord.

Die dag het redelik vlot verloop en die pouse het aangebreek. Na pouse storm Jakobus die klas binne en se vir mnr Buys, "My toebroodtjies was gesteel, en die reels se daar mag nie gesteel word nie, so die skuldige moet asb gestraf word. Mnr Buys vra toe of hy weet wie die brood gesteel het, Ja se Jakobus dit was Klaas. Mnr Buys vra toe wie Klaas is, en agter in die klas staan n maer, verwaarloosde seun stadig op. Mnr Buys vra hom toe of hy die brood geneem het en hy se toe ja, hy het. Mnr Buys kyk toe vir die kind en sien dadelik die hongerpyne op die seun se gesig raak, maar hy het ook besef as hy nie die nodige disipline toepas nie gaan hy ook druipstert die skool verlaat.

Hy versoek toe vir Klaas om voorentoe te kom. Klaas was die toonbeeld van armoede, die skoene was stukkend, en oor sy skoolbroek het hy n oorgrote baadjie gedra wat hy styf voor toegevou het. Klaas trek uit jou baadjie en kom buk. Klaas kom toe voorentoe en buk met die baadjie pante nog steeds styf vasgehou. Nee Klaas die baadjie is te lank en dit hang oor jou boude, jy moet dit asb uittrek, Ag meneer, smeek Klaas, ek sal buk, want ek is skuldig, maar asb meneer, net nie my baadjie nie.

Mnr Buys voel hoe sy binneste ruk, want hy weet hier is groot behoefte, maar terwille van die disipline van die klas moet die seun gestraf word. Hy versoek toe weer vir Klaas om sy baadjie uit te trek, en weer smeek hierdie maer verwaarloosde kind, Meneer, ek sal enige iets doen maar asb meneer, ek kan nie die baadjie uittrek nie. Mnr Buys kon ook nie toegee nie, en se weer, kom Klaas uit met die baadjie, en toe Klaas sien hy gaan moet die baadjie uittrek toe maak hy dit oop en laat dit stadig grond toe gly en staan voor die onderwyser met net die broek aan sy lyf.

Klaas waar is jou hemp, vra mnr Buys, Meneer, in ons huis is daar net een hemp en een baadjie, en dit was vandag my boetie se beurt om die hemp te dra. En meneer ek het nie bedoel om die brood te neem nie, ek het gedink Jakobus gaan dit net weer in die asblik gooi soos elke dag, en ek was so honger, toe dink ek hy sal nie eers agterkom dat die brood weg is nie.

Mnr Buys het gemaak of hy iets op die bord kyk om hom geleendheid te gee om sy emosies onder beheer te kry. Toe draai hy om en se Klaas, jy verstaan dat ek wel die disipline moet toepas. Jy verstaan dat ek nie n uitsondering kan maak nie, en Klaas kyk hom in die oe en se Ja meneer, ek verstaan en toe buk hy, en Mnr Buys tel die rottang op om die eerste hou te slaan, toe breek Jacobus se stem die stilte in die klas, "Wag Meneer" moenie hom slaan nie. Mnr Buys kyk na Jacobus en se, nee die straf moet toegepas word vir die oortreding van die reels.

"Nee meneer, moenie hom slaan nie, hy was honger, los hom ek sal in sy plek kom buk om die straf te kry.

Daar was nie n droe oog daardie dag in daardie klas nie. Maar net so het daar Iemand ook voor die Vader gestaan en gese, Asseblief Vader moenie hulle straf nie, Ek sal in hulle plek die straf neem.

Kom ons maak n punt daarvan om in hierdie nuwe jaar, opnuut vir Jesus dankie te se vir die straf wat Hy namens ons verduur het.

Mag 2009 vir julle geseend wees in alle opsigte.

Laat mens dink, dink voor jy praat en doen aan andere wat jy graag wil hê gedoen moet word aan jou. Sien ook die nood raak van die ander met wie jy 'n pad kruis.

Friday, January 30, 2009

LAWAAIWATER

Deur die genade van die Here het ek amper 30 jaar gelede laas enige alkoholiese verversing gebruik.
Nou wonder ek of die gebruik voorheen geregverdig was?
Ek het so ‘n bietjie daar in Spreuke gaan rondkrap en interesante inligting omtrent die onderwerp gekry.

Spr 20:1 Die wyn is ‘n spotter, en sterk drank ‘n lawaaimaker; en elkeen wat daardeur bedwelmd raak, is nie wys nie .

Spr 23:20 Wees nie onder die wynsuipers nie, onder die wat as vrate hulle hart ophaal.

Spr 23:21 Want ‘n drinker en ‘n vraat sal arm word, en slaperigheid laat stukkende klere dra.

Spr 21:17 Wie van vrolikheid hou, is ‘n man van gebrek; hy wat van wyn en olie hou, sal nie ryk word nie.

Spr 23:29 By wie is "Ag!"; by wie is "Wee my!"; by wie is getwis; by wie is geklaag; by wie is wonde sonder oorsaak; by wie is dofheid van oë?
Spr 23:30 By die wat láát opbly by die wyn, by die wat ingaan om gemengde drank te proe.
Spr 23:31 Kyk nie na die wyn as dit rooiagtig lyk, as dit sy glans gee in die beker, glad na binne gly nie:
Spr 23:33 Jou oë sal vreemde dinge sien en jou hart verkeerde dinge spreek;
Spr 23:34 en jy sal wees soos een wat in die hart van die see lê en soos een wat op die top van die mas lê.

Ek dink hier praat Salomo van daardie horibale gevoel as jy op die bed gaan le en die wil nie stilstaan nie, maar hou aan om sy pote op te tel en dreig om jou aft e gooi…..!

Spr 23:35 Hulle het my geslaan, sê jy dan, ek het geen pyn gevoel nie; hulle het my neergeslaan, ek het dit nie gemerk nie! (23:36) Wanneer sal ek wakker word? Dan sal ek dit weer opnuut soek.

Spr 23:32 op die end byt dit soos ‘n slang en spuug gif uit soos ‘n basilisk.

Gebed:
Vader, daar is so baie alkoholiste in ons land, wat deur die gebruik van wyn en sterkdrank in die afgrond beland het. Daar is ook andere wat nog oppad is na daardie afgrond toe. Vader maak asseblief mense se oe oop dat hulle kan sien wat gebeur met hulle self en hulle huisgesinne as die die duiwel van drank eers houvas op hulle gekry het. Ek bid vir daardie instellings wat mense help om te rehabiliteer, vir mense wat kan getuig dat hulle verlos is en die eer aan U gee, Amen

Thursday, January 29, 2009

HET JY DAN NIE PLEK VIR JESUS

Het jy dan nie plek vir Jesus,
Wat vir al jou skuld moes ly?
As Hy klop en vra om toegang,
Laat jy Hom dan buite bly?

Refrein:
Maak nou plek vir Koning Jesus,
Haas jou, moet Hy buite staan?
Open die geslote deur,
Voordat Jesus verder gaan!

Wêreldsake en plesiere
Gaan by jou in massas tuis;
Maar vir Jesus jou Verlosser,
Het jy nooit ‘n ope huis.

Het jy dan geen tyd vir Jesus?
Kyk hoe smekend klop die Heer,
O, vandag het jy geleentheid,
Môre vind jy Hom nie meer!

Maak nou plek en tyd vir Jesus,
Gods genade gaan verby,
Weldra sal jou hart verhard wees,
nooit sal jy die kans weer kry!


Dit is ‘n tragiese dag wanneer die Here se stem stil word in jou. Net een keer te veel het jy Hom geignoreer, wou nie luister toe Hy jou roep nie, het jy jou hart verhard…,nou is Sy stem vir ewig stil! Dwalend sal jy vir die res van jou onder maanse lewe wees, soekend, vraend……!

Hoekom laat ons Hom buite staan en wag? Openbaring 3:20 Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand My stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.

Die Here sê Jes 1:17 Kom nou, dat ons die saak uitmaak! Al was jou sonde soos skarlaken, dit sal word soos sneeu.

Dink jy nie dit is tyd dat jy luister en oopmaak nie…, moenie jou hart verhard nie? Gee Hom ‘n kans in jou lewe!

Wednesday, January 28, 2009

VERGEWE (met wolwegif) EN VERGEET

Nou onlangs een dag, het ek en vroulief woorde.., en ons veg mekaar oor en weer met die woorde. Party dinge sê ons met mening omdat ons dit bedoel, ander dinge sê ons net om mekaar seer te maak! Jy weet mos hoe gaan dit partykeer in so ‘n binnegeveg. Eintlik is dit verskriklik onaangenaam, maar as die geveg eers aan die gang is, dan is daar mos nie ophou nie. Ons is te beskaaf om mekaar te slaan, net dronklappe raak handgemeen en slaan mekaar pimple en pers.

Na die geveg so ‘n paar minute verby is en ek op my stoel sit en slegvoel oor die ding, staan ek op en stap kamer toe, waar ek vir vroulief op die bed kry sit en saggies ween. My primere doel van hierdie besoek aan haar, is om askies te vra vir my optrede en die dinge wat ek gesê het net om haar seer te maak. Nou sit ek met die problem die oomblik as ek haar probeer aanspreek dan huil sy harder, en ek weet ek moet die verskoning uit my lyf uitkry. Sy draai haar kop weg van my af, as ‘n duidelike teken dat my skouer nie vandag goed genoeg is om op te huil nie. Ek is amper seker ek hoor haar knor….sy is nog glad nie uitgeveg nie. Toe weet ek, ek gaan nog ‘n paar dae op die matjie slaap, die Yorkie gaan op my plek slaap langs vroulief stelling in neem.

Ek en vroulief is total verskillend getemperamenteerd. Ek die opvlieënd een en sy die rustige een, wat altyd die minste is en nooit terugveg wanneer ek "opgestart" het nie. Wat nou daardie dag verkeerd geloop het met haar emosies, weet ek nie, ek het myself eintlik besimpeld geskrik toe sy so lustig saam baklei en my met haar tong braai.
Ek in my opvlieëndheid is altyd die een wat druipstert agter vroulief aanloop en askies vra. Ek het al baie vir haar gesê ek moet so ‘n neonbord teen my voorkop laat aanbring wat die hele tyd met flitsende rooiletters sê: “EK IS JAMMER” want ek is met my geaardheid, altyd by iemand in die moeilikheid en moet om verskoning vra.

Nou wonder jy seker of ek regtig vir ‘n paar dae op die matjie geslaap het? Antwoord is nee…! Ons is mos altwee grootmense, wat die Here in ons lewens het. As daar woorde kom, is dit nie ‘n “shouting match” wat in iets leliks ontaard nie. Ons verskil in liefde van mekaar. As ons vir mekaar ontsteld is gaan ons nie slaap voordat die saak uitgepraat is nie.Eff 4:26.......laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie; (27) en gee aan die duiwel geen plek nie.

Dit is jammer dat die binnegevegte in baie huishoudings uiteindelik ontaard in ‘n toeklap van die voordeur en ‘die geluid van ‘n motor wat in die nag wegspoed... Die volgende dag is die balju op die stoep….! Ag nee, dit is oor sulke dinge wat die egskeiding syfer in ons land so ontsettend hoog is.

Op die keper beskou is ‘n man en ‘n vrou wat in die eg verbind is net mooi niks van mekaar nie. Dit is twee totale vreemdelinge wat besluit om hulle skapies in dieselfde kraal te jaag, hulle is nie familie van mekaar nie en sal ook nooit wees nie. Hulle agtergronde verskil tien teen een ook nog van mekaar.
'n Huwelik kan net werk, as albei partye besluit, dit sal werk en nie daardie agterdeur van, “as dit nie werk nie dan skei ons maar” oophou nie.Die moet die dag van die huwelik styf toegemaak en gegrendel word.

Ons mag verskil van opinie, maar ons moet nie ‘n olifant geheue hê nie, as ons mekaar om verskoning gevra het moet ons dit bedoel en die verskoning met erns bejeen en aanneem, dan vergewe en vergeet ons. Dit is dan asof daardie onderonsie nooit gebeur het nie.Rom12:17 vergeld niemand kwaad vir kwaad nie;….(19) Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: “Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here.” So wie is ons om iets teen ons wederhelfte te hou?

Die belangrikste is om jou huwelik te bou op die Rots Jesus Christus. As die storms dan om jou begin woed dan sal die fondamente van daardie huis nie skuif en inmekaar tuimel nie, maar as die fondament op sand gelê is……… !

Vergewe (nie met wolwegif nie, maar met die hart) en vergeet en gaan aan met jou lewe. Geniet jou huwelik, dit is ‘n ontdekkingsreis wat alles baie interessant maak!

Tuesday, January 27, 2009

EENSAAM EN ALLEEN

Al ooit die uitdrukking gehoor: “van God en mens verlate?”

As jy voel dat jy in daardie staat verkeer dan is jy regtig alleen. Geen mens, geen lewende dier in die omtrek van ‘n paar kilometer nie… Net jy..!

Die gevoel van eensaamheid kan ‘n mens ondervind na die onverwagse dood van ‘n geliefde, man of vrou of dalk ‘n ouer of ‘n kind. Jy probeer hierdie eensaamheid beveg deur jou oor te gee aan drank of pille of iets dergliks. Sodra die tydelike susmiddel uit jou liggaam is ondervind jy dat die eensaamheid net groter is, en so volg die volgende pil of drankie maar elke keer in ‘n groter hoeveelheid, tot wanneer…….! Hierdie verlies van ‘n geliefde kan ook veroorsaak dat ‘n mens jou kan onttrek van mense en niks met hulle te doen wil hê nie. Dit veroorsaak dat jy total vereensaam en ‘n soort kluisenaar word wat op sy beurt weer niks goeds vir jou op emosionele gebied doen nie. Depressie is die volgende stap in die ketting, met ‘n gevoel van nikswerd wees vir almal rondom jou wat uiteindelik op gedagtes van selfmoord uitloop.
Hoe baie keer gebeur dit nie, dat jy te midde van ‘n groot groep mense om jou, so eensaam voel asof jy duisende kilometer van die naaste persoon af is. Dink veral aan ouer mense wat in ‘n ouetehuis is en baie min besoek van hulle kinders kry

Hoeveel huisvroue veral diegene wat nie meer kinders in die huis het nie, sit met hierdie leë-nes-sindroom. Al die jare het hulle nuttig gevoel, met kinders wakker maak.., help aantrek.., kos gee.., wegneem skooltoe.., in die middae weer gaan haal en kos gee.., help met huiswerk. Die kinders na buitemuurse aktiwiteite aankarwei, of net langs die rugbyveld of korfgbalveld vir die kinders skreeu tydens wedstryde. Nou, nou is daar niks……! Net jy….!
Het jy al daaraan gedink hoe eensaam en alleen Jesus in die tuin van Getsemane gevoel het die nag toe Hy verraai is?
Matt26:38…….bly hier en waak saam met my. (39) en Hy het ‘n entjie verder gegaan en op Sy aangesig geval en gebid……..(40) en Hy kom by die dissipels en vind hulle aan die slap (42)weer het Hy vir die tweede maal gaan bid…. (43) Toe kom Hy en vind hulle weer aan die slap….
Hy het total alleen geworstel niemand het saam met Hom gewaak in daardie lydings uur nie. Later aan die kruis roep Jesus uit My God! My God! Waarom het u my verlaat.

Jy sien Jesus weet wat dit is om van God en mens verlate te wees! As jy in daardie toestand verval of besig is om te verval, gaan soek die teenwoordigheid van die Meester op. Hy sal jou help en deurdra en vertroos.

Gebed
Here ek wil bid vir elkeen wat eensaam is of besig is om te vereensaam. Dit kan nie lekker wees nie. Gee vir hulle die krag om uit daardie kettings van eensaamheid te breek en hulle self te dwing om met ander gemeenskap te hê. Laat hulle inskakel by klein omgeegroepies sodat hulle daar weer hulle menswaardigheid kan terug kry en die eensaamheid oorwin, Amen.

Monday, January 26, 2009

GEBED

Elke mens op hierdie aarde is gebore met die behoefte om iets te aanbid, of dit nou die lewende God is, ‘n boomstomp,’n beeld, ‘n dier of wat ookal.... die behoefte is daar!
Gebed is sekerlik een van die mees sielsverrykende ervarings wat ‘n mens kan hê. Stil te word voor jou Heiland en net met Hom te gesels, om Hom vir raad te vra oor jou finansies, oor jou toekomsplanne. Voor Hom te huil en Hom te vertel van jou teleurstellings, hoe jou hart gebreek is, van jou mislukkings....! Jy vertel Hom van jou suksesse, dat jy die wiskunde som waarmee jy gesukkel het reggekry het en nou verstaan! Jy vra die Here om vir jou ‘n huweliksmaat te gee, jy deel al jou vreugdes met Hom, jy vertel Hom van jou beplanning en wat jy beoog...! Jy kan met die Here gesels net waaroor jy wil...!
Dit is absoluut fantasties om te weet as jy jou hart voor die Here oopmaak met alles wat binne in jou is, daar nooit ooit ‘n skinderpraatjie sal onstaan nie. Hy help, ja, maar God sal nooit uitpraat nie!
Het jy al voor die Here op jou aangesig gelê en geween oor ‘n verlore gaande wêreld, oor bekende mense of familie wat die ewigheid in die hel gaan deurbring, oor jou man, vrou, boetie, ma, pa, sussie, jou seun of dogter?
As jy daar opstaan en jy weet, dat jy weet dat die Here jou gebed gehoor het, dat jy deurgebid het en dat jy met rykhalsende verlange kan uitsien na die verhoring van die gebed... Soms neem dit net ‘n paar dae en soms neem dit jare voordat jy resultate sien op jou gebed. Die Bybel leer ons om te volhard in die gebed.... en dat ons die Here gedurig moet herinner aan die dinge wat ons van hom vra.
Bid jy ooit nog regtig in kinderlike geloof soos jou moeder jou geleer het? Dalk is jy een van daardie ongelukkige mense wat in ‘n huis grootgeword het waar geen gebede gebid is nie en die Here nie gedien is nie, dan voel ek vir jou jammer, en wil jou vra dat jy leer om te bid. As jy nie op jou eie daarvoor kans sien nie, die Here het vir ons die wonderlikste gebed geleer in Matt 6:9 -13, Onse Vader wat in die Hemele is, Laat U Naam geheilig word.......

Dit is natuurlik ook so dat mense bid en vra en hulle ontvang nie, die Bybel sê dat dit is omdat ons selfsugtig is en dinge vra wat net om ons gaan en nie regtig nodig is nie ons wil dit net hê. Ons moet wegkom daarvan om net vir ons eie selfsugtige behoeftes te bid, rondom ons is soveel nood en mense wat gebed nodig het, dat ons eintlik nie eers op ons self kan tydmors nie. Maar ja, ons moet vir ons eie behoeftes ook vra...!

As jy net ‘n Christen is en nie ‘n kind van die Here nie, dan sal God seker eerder Sy kindertjies se gebede verhoor. Maar dit is nie onmoontlik vir God om ook die ander gebede te verhoor nie. God is soewerein en kan doen soos Hy goed dink.

As jy ook dink dat God in vandag se dae nie meer gebede verhoor nie, wil ek jou uitdaag om vir die volgende jaar elke gebedsversoek wat jy tot Hom rig neer te skryf met die datum daarby Kry sommer vir jou een van hierdie hardeblad, helfte A4, boekies wat die kinders gebruik, die goed kos ‘n paar sente, en skryf alles daarin neer. Kyk dan aan die einde van die week, maand, jaar daaroor terug en sien hoeveel gebede God verhoor het. Jy sal verbaas staan! Dit is in elke geval ‘n goeie ding om ‘n daaglikse joernaal te hou van jou wandeling met die Here en alles sorgvuldig op te teken.

Ek wil voor jou bely dat ek ‘n ontsettende groot behoefte het om vir die kinders enjongmense van ons dag te bid. Hulle is so blootgestel in ‘n tyd waar alles wat mooi was lelik geword het en alles wat lelik was mooi en aanvaarbaar geword het. Is jy tevrede met wat daar deesdae vir ons kinders en jongmense opgedis word? Hulle is die leiers van more, hulle is die besluitnemers wat nou opgroei en die land in die toekoms moet regeer. Hier gaan dit ook nie net oor die kinders van jou dorp of stad nie, maar ook oor die kinders van die land en die hele wêreld, want oral is dieselfde dinge aan die orde van die dag.
Ek vra jou mooi, bid asseblief elke dag saam met my vir die kinders en jongmense van die wêreld...???

Sunday, January 25, 2009

IS ABORSIE MOORD

Van tyd tot tyd blaai ek so deur die koerante en tydskrifte en lees deur die klein advertensietjies. Een van die advertensies wat my met weersin vervul, is die wat aborsie klinieke adverteer..

As mens vra wat is ‘n aborsie, dan sal jy seker verskillend antwoorde kry! Dit is iets wat my uit die moeilikheid kan help of gehelp het…!Dit gee my vryheid aan my terug…..! Dit neem my ma se verleentheid weg…..! Dit verlos my van ‘n verantwoordelikheid, waarvoor ek nie nou kans sien nie….! Dit maak my lewe baie makliker…!

Daar word blykbaar jaarliks, wêreldwyd ongeveer 55 miljoen aborsies gedoen. Is dit 55 miljoen moorde waaroor geen haan kraai nie?.

Daar is ‘n paar maniere waarop aborsies gedoen word. Een of ander suigaparaat word in die vrou opgedruk en dan word die fetus stuk vir stuk uitgesuig en in ‘n asblik uitgespuit. ‘n Ander manier is om instrumente in ‘n vrou te plaas en dan word die fetus vermink en in stukkies gesny en so verwyder, selfs verwurging van die baba is ook ‘n manier. Presies hoe dit werk weet ek nie.

Is al hierdie moorde geregverdig? Sal God die mens vryskeld hiervan?

Ps139:13 God het die babatjie in die moeder se skoot geweef ! Lewe ontstaan die oomblik dat die twee eierseletjies een word en bevrugting plaasvind. Haai dit is ‘n kunswerk wat God maak wanneer Hy daardie lewe binne in ‘n vrou laat ontstaan!
God het in die eerste plek lewe geskep en Hy het ons as mense die vermoë gegee om voort te plant. Wie is ons om daardie lewe wat God geskenk het te neem? Waar kry ons daardie reg?
Hoe gaan hierdie mense slagting eendag aan God verduidelik word? Spr 6:16-17 (onder andere)…..haat die Here………..hande wat onskuldige bloed vergiet.
Wat is aborsie anders as onskuldige bloed vergiet?

Die persoon wat toestemming gee en haar liggaam aanbied waarop die aborsie uitgevoer word, die persoon wat aandring dat die aborsie uitgevoer word en die persoon wat die aborsie uitvoer het almal ewe groot aandeel daarin.. Elke persoon wat ‘n aandeel in hierdie slagting het sal voor God se troon moet rekenskap gee. Mense dink nou hulle kan daarmee wegkom, maar die wiel draai stadig maar seker tot op daardie dag…!

Die Here was baie lief vir kindertjies en hy vermaan Sy dissipels met…..laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie.., Hy gebruik ook kindertjies se geloof as voorbeeld vir grootmense, wanneer Hy sê dat ons soos kindertjies moet glo..! Mat18:14So is dit nie die wil van julle Vader wat in die hemele is, dat een van hierdie kleintjies verlore gaan nie.

Gebed
Here laat mense se oë asseblief oopgaan sodat hulle sal sien wat doen hulle aan U Vaderhart wanneer hulle hierdie onskuldige bloed vergiet en die Godgegewe lewe wat U gee, neem, Amen.