Friday, December 28, 2007

Crime tref ons Vanoggend 04h00

Stemme....... die newel om my kop wil nie breek sodat ek kan hoor nie.


"Ou man word wakker daar is mense by die deur"


Ek is deur die weer as ek met 'n vaart uit die bed opspring en so struikel-struikel na die toe kamerdeur beweeg terwyl ek probeer om my swart kortbroek aan te trek. My vrou is 'n halwe tree voor my en eerste by die deur. "Sit aan die ligte dat ons kan sien wie is daar"





Die helder ligte skiet neer uit die plafon, vir 'n sekonde kan ek niks sien nie..."wie is daar"?


"Dis julle buurvrou! Ek wil net seker maak dat julle olraait is. Hier was iemand in julle garage.

Die swartman het die hasepad gekies met iets in sy hande toe my man hom vra wat hy hier maak. Hy is nou met die kar hier weg agter die man aan."



Ek gaan loer by die garage, die deur staan wawyd oop ek kan nie agterkom of iets weg is nie, dit sal ek seker eers anderdag agterkom wanneer ek iets soek wat ek het of dink ek het gehad



Nadat ek die buurman bedank het vir sy moeite toe hy terug kom en natuurlik nou die garage agter slot en grendel het was die vaak ook weg. Vroulief het weer so stadigaan kooitoe geskuifel en ek het besluit om maar in die sitkamer te sit en dink.



Hedendaags is dit mos iets wat ons nie meer doen nie, die televisie blêr mos tydig en ontydig