Thursday, February 11, 2010

VIR WATTER SPAN S P E E L JY

Refuse good advice and watch your plans fail; take good councel and watch them succeed (The Message - Spr 15:22)

Wanneer ek rugby kyk( of enige sport for that matter), is dit soms vir my meer interssant om na die ondersteuners van die span te kyk, die sg. "fans", as na die span self. As ek luister na al die raad, advies, idees, spelplanne en kommentaar wat hulle uitbundig enpassievol uitroep, wonder ek hoekom hulle nie eerder op die veld is nie!

Jy sien, dis die verskil - hulle is nie op die veld nie - en dis baie makliker om vir 'n span te skree en 'n ondersteuner te wees, as om self op die veld te wees en te speel. Op die paviljoen het elkeen sy eie idees, taktiek, en spelplan. Op die veld moet hulle as 'n span saamwerk - en die wedstryd speel. Dis anders. Dis hoekom net 'n paar op die veld is en die res op die paviljoen en voor die televisie.

Spanwerk is die sleutel waar net die beste deel is van die span. In God se koninkryk kry ons ook mense wat wat vir Sy span SKREE an dan is daar die wat vir Sy span SPEEL. Die verskil is egter dat God ELKEEN van SY kinders die opdrag gegee het om vir Sy span te speel. Elkeen moet deel wees van Sy span. Elkeen het 'n gawe , visie en bediening van Hom ontvang, om te gaan doen. Jy is deel van Sy span. Jy is van kardinale belang vir Sy Koninkryk. Daarom moet ons as Sy kerk deel word en saamwerk in Sy span.
S - Saam
P - Presteer
A - Almal
N - Noemenswaardig

Bear Bryant, 'n Amerikaanse voetbalafrigter, se raad om die spangees gesond te hou is:
  1. If anything goes wrong, I did it
  2. If anything goes semi-good, then we did it.
  3. If anything goes real good, then You did it

Dit is dalk nou die tyd om van die paviljoen af te klim (op te hou om te support) en deel te word van Sy span. Sy Bediening en Sy missie vir 'n honger wêreld.

Met dank aan Dawie van Schoor

Monday, February 8, 2010

DIE BOEMELAAR VAN DIE OOP SEE

Die Pelicano is die mees verstote skip ter wêreld en sedert 1986 is sy die Boemelaar van die oop see. Niemand wil haar hê nie! Sri Lanka wil nie, Bermuda wil nie, die Dominikaanse Republiek, het haar weggewys en so ook Nederland, die Antille en Honduras.

Die probleem is nie die skip nie - alhoewel sy geroes en met mossels bedek is, is sy seewaardig. Dis nie die eienaarskap nie - die lisensie is betaal en op datum. Dis ook nie die bemanning nie - alhoewel hulle verwerp voel, is hulle bekwaam.

Wat is dan die probleem?

Die Pelicano is vol gemors! Vyftien ton stinkende vullis. Lemoenskille, bierblikke, vrot kos, koerante. Die vullis van Philadelphia se lang somer van '86 toe die munisipalewerkers gestaak het. Die eienaars van die Pelicano het gedink hulle kan maklik geldmaak om die vullis te vervoer. Hulle het dit verbrand en die as in die romp gelaai. Niemand wou dit egter toelaat nie. Aanvanklik was die vullis te veel en later was dit nog boonop toksies ook.

Die lot van die Pelicano is bewys - skepe vol vullis het min vriende. Dis ook 'n gelykenis - harte vol vullis vaar nie juis beter nie.

Die lewe het 'n manier om sy vullis op ons af te laai - vragte woede, verwyte, liefdeloosheid, bitterheid, angs, bedrog, ongeduld......en alles hoop op in jou hart. Dit beinvloed ons, dit besoedel ons verhoudings, ons gesindheid, ons toegewydheid. Dis soos Kain wat woede in sy hart gehad het voordat hy bloed aan sy hande gehad het.

Kyk hierna:

Vandag se gedagtes is more se dade. Vandag se jaloesie is more se woede. Vandag se gierigheid is more se verduistering. Vandag se skuldgevoelens is more se vrees.....

Sommige mense dink ons is slagoffers van hierdie vullis, dat ons nie 'n keuse het nie. Kyk wat sê Paulus in 2 Kor 10:5 "Ons neem ook elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak" Ons is soldate om ons gedagtes te beskerm, nie die slagoffers daarvan nie. Ons is op wag om, sodra die "Pelicanos" van die lewe wil anker gooi, hulle te verbied:

Hierdie hart behoort aan God - selfsug kry jou ry, woede gaan soek 'n ander broeiplek! Jy is die hawemeester van jou eie skip (hart) - bewaak dit bo alle dinge!

Verwerk uit "Deel God se Liefde" van Max Lucadu