Friday, February 27, 2009

NA DIE KRUIS

Met dank en waardering aan Deirdrè Linde

Ek het in April 2008 my hart vir die Here gegee. Na my wedergeboorte was ek egter nog vasgevang in sataniese bindings op my lewe,

Hierdie sataniese bindings het in my lewe gekom onbewustelik toe ek 'n kind was. Selfs nadat ek getroud is en uit my ouerhuis is, het hierdie "dinge" my nog gepla. Ek het gedink noudat ek 'n kind van die Here is, sal al hierdie "dinge" ook weg wees, maar satan het so 'n houvas nog op my lewe gehad, dat hy my geblok het om die Here ten volle te dien. Die Here het twee mense op my pad gestuur om my te help om van hierdie bindings op my lewe bevryding te kry. Vandag kan ek die Here dien, loof en prys met volle oorgawe. Die Here het my kom vry maak van alles wat my weerhou het om Hom tenvolle te dien. Daar is niemand op hierdie aarde en in die hemele groter as God wat hemel en aarde gemaak het nie. God gee ons krag om alles te oorwin. Ons moet net gehoorsaam wees as Hy aan ons hart se deur kom klop. As jy nognie die Here se klop gehoor het nie, vra vandag vir die Here om jou geestes ore oop te maak sodat jy Hom kan hoor. Hy staan aan die buitekant en wag geduldig. Alle eer aan my Hemelse Vader wat my lief het met 'n liefde wat alle oorwin.

Thursday, February 26, 2009

OM WERKLIK TE LèèF

Met erkenning aan Ds. Dawie de Koker

Om vasgevang te wees in die sondes en foute van die verlede beroof ons van die geleenthede wat vandag aan ons gebied word.

John Maxwell skryf in sy boek, Failing Forward – “To move forward today, you must learn to say goodbye to yesterday’s hurts, tragedies and baggage. You can’t build a monument to past problems and fail forward”

Die vraag is: Is jy besig om monumente te bou van jou vorige sondes of foute? Raak dit so groot dat jy God nie eers meer kan raaksien nie? Onthou ons kan Hom nie met enige mens vergelyk nie. Hy oortref alles. Hy is getrou en regverdig en liefdevol. Jy kan op sy skoot sit en net Sy onvoorwaardelike liefde ervaar sonder enige bymotiewe. Daar is net goed in God. Ons het nie regtig woorde om Sy suiwerheid te beskryf nie.

Stap 1. Neem tyd om ‘n lys van die negatiewe goed van jou verlede te maak. Wees eerlik met jouself. Wat weerhou jou daarvan om werklik by God uit te kom? Wat maak dat jy Hom nie ten volle vertrou nie?

Stap 2. Kyk na elkeen van die goed wat jy neergeskryf het en:

1. Erken die pyn wat dit meebring.
2. Rou of huil dalk daaroor.
3. Vergewe die persoon wat die pyn veroorsaak het – al voel jy nie daarna nie. Sê dit! Vra die Here om jou te help om te vergewe. Sê byvoorbeeld: In die naam van Jesus Christus vergewe ek jou………(Naam van die persoon) vir……..(dit wat hy of sy aan jou gedoen het) Jy sal wel die vrede (gevoel) kry wat alle verstand te bowe gaan.
4. Vergewe jouself (die foute wat jy gemaak het)
5. Besluit om dit te los en beweeg aan (sioen visueel hoe jy omdraai en jy in Jesus se oop arms instep en saam met Hom maaltyd hou – Open 3:20)
6. Neem die stuk papier waarop jy die goed neergeskryf het – skeur dit op en gooi dit weg (en as jy weer daaraan dink, sê vir jouself dit is verby, dis afgehandel – jy het vergewe en God het jou vergewe en glo dit.

Die kuns van die lewe is om die foute in jou lewe te sien as lesse. Lesse wat jy leer om van jou die mens te maak wat God wil hê jy moet wees. Hy wil vir jou ‘n lewe van oorvloed skenk. In Engels is dit so mooi: The present (die nou) is a present(geskenk) wat God aan jou en my gee om te geniet.

Is jy opgewonde om elke dag jou geskenk oop te maak en te sien wat God vandag (nou) vir jou gee?

Lèèf vandag!!

Wednesday, February 25, 2009

Groete en Vrede!

Met die aanstap na Jan en Katie se blyplek, besef ek weereens dat die Agter-Kalahari God se speelplek moet wees. Hier is tog so baie wat jou aan Sy Gewershart herinner. As dit nie die warm sonsoene op jou vel is wat jou Sy tasbare liefde laat voel nie, dan vou die koelkoue suidewind Sy genadejas styf om jou vas. Kyk jy so teen sonop of sonsak nuuskierig rond, verdrink jou oë maklik in die heuninglug wat breed oor die vêrste sien lê.



Katie se skril gelag ruk my dring diep in my binneste in en ruk my terug tot die werklikheid van menswees. Dan onthou ek Katie haar rondgestrompel soveel kere op die winkel se stoep wanneer haar soetwyn geskree dwars oor Noenieput waai. Met my binneste oog sien ek weer haar weer soos ‘n slap riet wiegend teen die krag van die swaartekrag veg. Omdraai wil ek graag want ek het tog nie lus vir Katie se wynwysheid nie. “Gaan gee jouself” hoor ek Hom saggies sê, “dis al wat Katie wil hê.”



Hard klop ek aan die gekraakte houtdeur en met ‘n geforseerde glimlag maak Katie die deur oop. Silwerskoon met haar reguit stokkies hare agteroor gekam, staan sy daar en nooi ons met dooierige oë binne. Sy stap voor ons uit en lei ons na die lendelam kombuis tafeltjie en sy geel wankelrige stoele. Versigtig word die stoele uitgetrek versigtig neem ons sitplek in.



Kort na die groet en die verneem van welstand raak dit grafstil om die tafel. “Gaan gee jouself, jou hart, jou tyd, jou ore” hoor ek Hom weer sê, “dis al wat Katie wil hê.” Eers verstaan ek nie, want ek is dan gestuur om Jesus te verkondig, te preek en te vertel en nou moet ek stil. En so begin Katie vertel van haar verlede, haar gesukkel, haar vreugde. Sy vertel van dit wat haar hart soos ‘n springbok laat pronk en onophoudelik stroom haar verhaal na buite. Dan staan haar praat stil by haar hoop om Hom te dien en die seer wat ander met hul vlymskerp veroordelende tonge bring. ‘n Paar ure later groet ons by hul gekraakte deur terwyl Katie skamerig die oorvloei van lewe uit haar natblink oë vee.



Drie dae later so teen sonsak se tyd, stap ek en die Mooiste Mooi hand aan hand buite rond en steeds draal die oorstaan by Jan en Katie in ons binneste binne rond. Ver in die vêrte van ‘n laatmiddag Agter-Kalahari sonsak bederf Vader ons met nog ‘n lewende wolk skildery. En êrens tussen die oopmond staan en kyk na die werklikheid van Vader se Gewershand, kom kry ‘n verstaan lêplek in my hart soos ‘n broeis hoenderhen.



Gee jouself en dit wat jy is aan Hom wat Skepper van Hemelgoed en Stofaarde is en die tweede wat hier neffens aan staan, is dat ons jy jouself moet gee aan elkeen wat jou liefde broodnodig het.



Eers dan loop jou bêreplekke oor ,



Eers dan reën dit oorvloed op jou lewensland,



Eers dan belê jy die ewigheid in ander se harte.





Wel vanuit die Agter-Kalahari tot ‘n volgende keer, mooi bly, lekker slaap en onthou …………………………….



Be BLESSED by the BEST and stay within the confinements of LOVE





HJ & Dalene

DIVINE LIFE SENDING.

(Landlyn 054-551 1000)

Tuesday, February 24, 2009

POTTEBAKKER EN SY KLEI

Met dank en erkenning aan Alta du Plooy

Ek het altyd gewonder hoe werk God regtig met jou as Hy jou begin skaaf en soos die Woord sê, suiwer soos goud gesuiwer word.....
Die afgelope tyd het daar soveel dingetjies skeef geloop en gebeur dat ek vir God gevra het:"Hoekom? Ek het U dan vertrou met dit of dat"? Ek het baie keer aan die stry geraak met God want ek weet nie waarmee was Hy besig en wat Sy doel was met als nie. Tog het ek geweet Hy werk op snaakse maniere en Hy was besig met my. Ek het 'n sms gekry wat gesê het "God het bietjie karakter vorming gedoen..." en vir die eerste keer het ek besef dis wat die "skaaf" en "suiwering" beteken. Al was dit so seer dat ek soms gevoel het ek wil nie meer aangaan met hierdie bediening nie, ek is nie opgewasse hiervoor nie en ek het gevoel soos 'n failure.

Ek kon vir die eerste keer seker wees God werk aan my karakter en dit was my keuse, om die kruis op te tel en te doen wat God wil. Al weet ek soms steeds nie wat Hy wil hê ek moet doen nie, weet ek die Gees lei my en Hy is getrou. Al val ek steeds is dit deel van my heiligmaking en so leer ek God elke dag beter ken

In die Woord staan "Ek is die pottebakker en jy die klei." Soms val die klei op die grond en dan moet die Pottebakker die klei weer opbou. Daar waar krake is moet Hy opvul, die klei moet in 'n baie warm oond gebak word om hom sterk te maak en dan moet die klei geglaze word dat hy blink en dan moet hy weer gebak word om die VOLLE potesiaal te bereik. God vra ook selfs in Sy Woord: Mag die pottebakker dan nie maak wat Hy wil met die klei nie....? Ek het op die punt gekom wat ek vir God gesê het: "Maak met my soos U smaak" Al is dit seer weet ek dit is tot Sy eer!

Monday, February 23, 2009

ASHOOP IN DIE SEE

Daar is groot belangstelling in die opberging van koolsuurgas onder die seebodem, wat deesdae erg aan die toeneem is. Die ondergrondse afsondering van gas word as belowende metode beskou om die uitlaat van koolsuurgas te verminder.

Om CO2 onder die seebodem te “stoor”, behels die opvang van gasse wat tydens verbranding van fossiel brandstof vir kragopwekking, fabrieke en nywerheidsaanlegte vrygestel word. Daarna word dit met tenkhouers of gaspypleidings na die see vervoer, waar dit onde hoë druk tot 1000m onder die seebodem, in waterhoudende rotsformasies gepomp word!

Daar word bereken dat tot 90 biljoen ton koolsuurgas op hierdie wyse op talle ondergrondse terreine, net in Japan en in seebunkers in sy gebiedswaters geberg kan word! Dit is gelykstaande aan 70 tot 80 jaar se vrystrelling van koolsuurgas in die land!


Ek weet van iets baie meer belangrik as koolsuurgas om in die dieptes van die see begrawe te word……

“……U sal al hulle sondes in die dieptes van die see werp” Miga 7:9

As ons, ons sondes voor God bely……..1Joh 1:9, gooi Hy deur die verlossingswerk van Jesus Christus aan die kruis, ons oortredinge vir ALTYD in die vergetelheid, asof in die bodemlose dieptes van die see!

Jy hoef nie in sonde voort te ploeter dag-na-dag nie. Jy KAN vry en vergewe, ‘n sinvolle doelgerigte lewe leef. Kom vandag nog met berou na Hom toe, en bely dit – en sê vir Hom dankie vir Sy vergifnis.

Friday, February 20, 2009

SELFMOORD

Dood is in elke geval traumaties vir die familie, maar ‘n geval van selfmoord skeur ‘n gesin emosioneel uitmekaar. Daar word ‘n duisend vrae gevra waarop daar nie antwoorde is nie, selverwyt by die gesinslede is aan die orde van die dag. Redes word gesoek maar word nie gekry nie. Hierdie gevoelens is nog erger wanneer dit ‘n kind is wat hand aan eie lewe slaan, want daar word verwag dat kinders en jongmense sorgvry behoort te wees en dat selfmoord nie eers naastenby ‘n opsie vir hulle behoort te wees.
Daar word in Suid Afrika ongeveer elke uur ‘n geslaagde selfmoord gepleeg en in dieselfde tydperk is daar tussen 20 en 40 onsuksesvolle pogings. Wêreldwyd is daar ongeveer twee miljoen selfmoorde per jaar volgens die Wêreld Gesondheid Organisasie, waarvan agtduisend in Suid Afrika en van hIerdie is 270 kinders.
Hoekom mense selfmoord pleeg is nie baie duidelik nie, want hulle kan nie agterna die redes verstrek nie. Dit kan wees agv van ‘n chemise wanbalans in die brein, dit kan aangehelp word deur die gebruik van seker medisyne, dit kan wees as gevolg van depresie, maar dit kan ook ‘n besluit wees omdat die person, jonk of oud, net nie kans sien om aan te gaan met sy lewe nie. Sy lewe is nie meer sinvol nie. ‘n Gebroke verhouding, druip van ‘n eksamen, ernstige botsing met ouers, gebruik van verdowingsmiddels is alles snellers wat dit kan laat gebeur.
Wie is te blameer as iemand selfmoord pleeg? Niemand behalwe die person self nie...! Dit is totaal sy eie keuse en sy eie besluit om dit te doen . As so ‘n person onder die invloed van een of ander substansie was, was dit sy eie keuse in die eerste plek om dit te gebruik. Te maklik word die rede by die huisgesin of ouers of wie ookal gesoek, wat absoluut onregverdig is. Geen persoon sal voor ‘n ander selfmoord pleeg nie en die redes daarvoor gee nie. Selfmoordbriefies beteken ook nie veel nie, want die persoon sal mos nooit die ware rede daarin gee nie, meeste van die tyd word die blaam op iemand anders geplaas.
Gaan ‘n persoon wat selfmoord pleeg hemel toe?
Ek dink nie so nie........! Jy sien selmoord is sonde en sonde word nie in die hemel toegelaat nie. Exodus 20:13 Jy mag nie moord pleeg nie. Nie andere nie en ook nie jouself nie. Gen 9:5 Wanneer julle eie bloed vergiet word, sal Ek daaroor rekenskap eis, want dit is julle lewe……… en van ‘n mens sal Ek rekenskap eis oor die lewe van sy medemens. Toe Jesus aan die kruis gehang het, het God die Vader Sy gesig weggedraai van Sy enigste seun omdat Hy sonde geword het. Dit moet iets sê oor hoe God oor sonde voel. Daar is nie ‘n manier hoe ‘n persoon wat selfmoord pleeg vergifnis van sonde kan kry nie......! God kan sekerlik so ‘n siel begenadig want Hy is soewerein.
Gebed
Onse Vader daar is soveel smart wanneer iemand selfmoord pleeg. Vrae sonder antwoorde, trane sonder genesing. Dit neem jare vir die familie om oor so ‘n tragedie te kom. Here ek kan maar net vra dat u asb berusting en aanvaarding bring by families waar iemand verkies om hierdie uitweg te neem en hulle te laat besef hulle het nie deel daaraan nie. Dit is elke persoon se eie keuse as hy dit doen en moet dan maar die gevolge van sy eie besluit dra. Amen

Thursday, February 19, 2009

IS DIT NODIG OM TE BID?

Ken jy die Here van die saak? Of is jy so besig met die saak van die Here dat jy nog nooit die Here van die saak leer ken het nie? Laat hierdie “besig wees met die sake van die Here” jou goed voel en voel dat jy die Here dien. Hou jy Sondagskool, dien jy op die Kerkraad, die boukommittee, of watter ander kommittee binne die kerk? Laat dit jou voel jy is besig om die wil van die Here te doen? Skeep jy eintlik jou gesin af om 5 aande per week met kerk bedrywighede besig te wees.

Hoekom doen jy dit? Is daar dalk ‘n leemte in jou binneste wat jy vul met al hierdie ding wat jy vir die Here doen? Met al jou aktiwiteite waarmee jy besig is, kry jy tyd om met die Here te spandeer? Of is dit net ‘n manier om te keer dat mede broers en susters agterkom dat jy nie op standard met die Here is nie. Dalk bid jy nie eers oor hierdie sake van die Here waarmee jy besig is nie, want jy is so besig dat jy nie tyd kry daarvoor nie.

Ja, dit is nodig om te bid en dit beteken gereeld stil te word en die aangesig van die Here te soek. Nie net oor die sake waarmee jy besig is nie, maar jou gees moet gevoed word sodat jy nie geestelike anoreksie kry nie. As jou gees nie gereeld gevoed word nie, sal jy geestelik doodgaan! As jou gees nie gereeld geoefen word nie, sal jou geestelike spiere nie ontwikkel nie!

Let op hoe baie Jesus gebid het, hy is tog ons voorbeeld wat ons moet navolg. Mark 1:35 En vroeg in die more………..het Hy opgestaan en na ‘n eensame plek vertrek om te bid..
Matt 26:42 …weer het Hy vir die tweed maal gaan bid.

Bid en bid gereeld, dit versterk jou geloof. Kan jy voor vreemde mense bid of slaan jy so toe soos ‘n oester? Dit vat oefening om voor ander te bid, bid ook hardop wanneer jy bid sodat jy jou eie stem kan gewoond raak. As jy nie bid nie hoe kan jy dan in oefening kom en in oefening bly?
Moenie gebedstyd verwaarloos nie gryp dit aan gebed is aan ons gegee soda tons met ons Vader kan kommunikeer, waak daarteen om nie daardie kommunikasie te verwaarloos en naderhand daarmee op te hou nie. Jy is die enigste een wat sal verloor!

Gebed
Vader help ons om nie ons gebedslewe te verwaarloos nie, maar dat ons aangesig daagliks sal soek. Vader, U sal ons nie kwalik neem as ons 20 keer op ‘n dag U genade troon nader in gebed nie. Help ons asb om nie skaam te wees om te bid nie. Amen

Wednesday, February 18, 2009

KRUISPAD

Ons dien die Here en dit is lekker, ons dien Hom nie omdat ons iets van Hom verwag nie, maar omdat ons wil.
As jy rondom jou kyk en jy sien hoe roekeloos mense lewe, maar jy sien ook raak dat hierdie roekelose mense klaarblyklik beter lewe as jy, wat die Here dien. Hulle besighede floreer, dit lyk asof hulle baie meer geld as jy verdien, dit wil voorkom asof dit met hulle net goed gaan.

Dit is dan wanneer jy kan begin wonder of dit nie beter is om soos hulle te lewe nie, kyk dit gaan dan so goed met hulle….! Spr. 16:25 Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.
Wanneer jy by so ‘n kruispad in jou lewe kom, moet jy die kat eers goed uit die boom kyk. Moenie hals-oor-kop jou in ‘n ding begewe en so jou pand verloor nie.

Moenie! Moenie dit eers ‘n gedagte gee nie. Lewe jou lewe as ‘n kind van die Vader, dien hom met alles wat in jou is. Al lyk dit vir jou of dit met die ander beter gaan, dit gaan nie, want hulle is besig om te midde van hulle voorspoed oor die afgrond te stort.
Die dag toe jy jou hart vir die Here gegee het, het Hy jou uit die modder uit opgetel en jou voet op die Rots Jesus Christus geplaas. Bewandel daardie pad, dit is die regte pad..!
Onthou wat Jesus gesê het “Ek is die weg en die waarheid en die lewe, niemand kom na die Vader behalwe deur my nie.

Ons tyd op die aarde is eintlik maar bitter kort gemeet teen die ewigheid. Laat ons maar nou bietjie swaar kry, nie alles kry wat ons oë sien nie. Aan die voleinding van tyd sal ons daardie goue straat van die nuwe Jerusalem bewandel, ons sal nie meer siek wees of pyn en ongemak hê nie.
Ons is aan Jesus toevertrou en ek is seker dat Hy die mag het om wat aan Hom toevertrou is te bewaar tot daardie dag. Moet net nie uit Sy bewarende hand klim en op jou eie gaan nie, dan is jy verlore….!

Tuesday, February 17, 2009

PSALM 24

Alles op hierdie aarde is die Here s’n.
Ja, die aarde self en alles wat daarop leef en beweeg is Syne.
Tussen die strande van die see lê die aarde vasgeplant.

Wie het die reg om in die huis van die Here in te gaan?
Wie mag sommer by Hom gaan staan?
Iemand wat nie verkeerde dinge doen nie
En nog minder daaraan dink, is by die Here welkom;
Ja, iemand wat nie ander mense kul nie en wie se ja sy ja en wie se nee sy nee is.
Vir so iemand sal die Here baie goed wees.
God, sy redder, sal sorg dat sy verhouding met Hom reg is.
Dit is die mense wat naby die God van Jacob wil wees.

Poorte, staan gereed en swaai oop,
Want die magtige Koning wil ingaan.
Wie is hierdie magtige Koning?
Wie is Hy presies, hierdie magtige Koning?
Dit is die Here. Niemand is sterker as Hy nie.
Niemand kan eers naastenby by Hom kers vashou nie.

Uit: Die Boodskap
Die nuwe Testament vertaal in hedendaagse Afrikaans
Jan van der Watt
Stefan Joubert

Psalm 24, is nie ‘n troos Psalm nie, maar wys direk uit, sonder om doekies om te draai, watter kwalifikasies ons moet hê om by die Here welkom te wees, om sommer by Hom te gaan staan.
Dan kom die blye vooruitsig, as ek aan daardie standaarde voldoen sal die Here vir my goed wees.
Kom ons dien hierdie magtige Koning voluit, met ons hele hart. Daar is niemand wat eers naastenby by Hom kan kers vashou nie. Prys die Here.

Monday, February 16, 2009

KLEIN JAKKALSIES

Ons geestelike terugval kom nie skielik en in ‘n kort tydjie nie. Ons koel af teenoor ons Heiland deur klein dingetjies wat ons in ons lewens toelaat, soos die tyd aanstap laat ons almeer en meer ding in ons lewe toe.

Die grootste tragedie van alles is dat dit nie “nuwe” sondes is wat ons in ons lewe toelaat nie, maar dit is ou bekende dinge wat ons in ons lewe terug toelaat. Daardie dinge wat ons op ‘n tyd getuig het, dat die Here ons daarvan verlos het….! 2Pet 2: (20)Want as hulle, nadat hulle deur die kennis van die Here en Saligmaker, Jesus Christus, die besmettinge van die wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger geword as die eerste.
(21) Want dit sou vir hulle beter wees as hulle die weg van die geregtigheid nie geken het nie, as dat hulle, nadat hulle dit leer ken het, hulle afkeer van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is.
(22) Maar oor hulle het gekom wat die ware spreekwoord sê: Die hond het omgedraai na sy eie uitbraaksel, en die gewaste sog om in die modder te rol.

Hierdie klein sondetjies wat ons toelaat, dit is hulle wat die meeste skade aanrig, want jy het regverdiging hoekom jy dit toelaat of doen, terwyl jy die “groot” sondes vermy en onder ‘n waan lewe dat dit nog goedgaan met jou siel.

Dit is die klein jakkalsies wat die wingerd so verniel, dat daar van hom niks oorbly nie en jy kom dit eers agter wanneer dit te laat is. Wanneer daar van jou geestelike lewe met Jesus niks meer oorbly nie.

As jy agterkom dat jy iets verkeerds in jou lewe toelaat, bely dit dadelik sodat jou verhouding met die Here herstel kan word. Moenie wag tot vanaand om dit te doen nie. Die oomblik wat die Heilige Gees jou daarop wys, of herinner dat jy dit gedoen het, moenie uitstel nie, kry jouself eenkant en bely dit dadelik!

Openb 3:5 Wie oorwin,sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor My Vader en voor Sy engele

Gebed
Liewe Heer help asseblief almal wat afgekoel het, om agter te kom dat hulle verhouding met U tot niet is. Heilige Gees van die Vader, herinner hulle aan dit wat hulle verkeerd gedoen het, sodat hulle die verkeerde kan bely en U uitnooi om by hulle te kom woning maak,Amen.

Friday, February 13, 2009

SELFVERTROUE

Ons het almal tot ‘n mindere of meerdere mate, ‘n gebrek aan selfvertroue, daarom gaan ons elke dag met vrees tegemoet. Ons vermy vreemdelinge tot ‘n groot mate, en ons ontmoet nuwe mense net wanneer dit nie anders kan nie.

Ons is in ons wese ongelukkig omdat ons minderwaardig voel, en dink altyd ander mense is beter as ons, lewer beter werk as ons en dat hulle nie veel van ons dink nie...!
Ons baseer miskien ons persepsies van ander op dieselfde manier wat ons aan ander dink.

Ons dink hulle pas dieselfde maatstaf toe as ons.

Hoe oorkom ons dit...?

Deur ‘n lewende verhouding met Jesus aan te knoop.
As jy in ‘n verhouding tot Hom staan, vergeet jy van jouself.
As jy werklik die begeerte het om Hom voluit te dien, sal jy nie eers daaraan dink wat ander mense van jou dink nie en jy sal ook nie ander mense meet aan jou eie standaarde nie.

Jy sal op ‘n ander manier na mense kyk, jy sal deur God se bril kyk, daardie bril wat Hy vir jou opsit wanneer die Gees van God in jou lewe intrek neem.

Wanneer jy ‘n dienaar van die Meester word, verander jou uitkyk totaal, jy is ‘n nuwe mens! 1Kor 5:7 Daarom, as iemand in Christus is, is hy ’n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

Thursday, February 12, 2009

BLYMOEDIGHEID EN VRIENDELIKHEID

Kyk so ‘n slaggie om jou, na die mense met wie jy elke dag saam werk, of saamry. Almal het so ‘n bedrukte uitdrukking op hulle gesigte. Kyk maar na die mense by wie jy in die straat verby stap of na die motor langs jou terwyl jy in druk verkeer ry..! Niemand is meer vriendelik nie, dit lyk of die wêreld op almal se skouers rus. Wat ‘n tragedie dat dit so moet wees. Probeer net iemand in die straat groet en hy kyk jou aan asof die kat jou ingedra het.
Ek kom oorspronklik vanaf ‘n klein platelandse dorpie af, daar het almal vir almal geken en het mekaar gegroet. As jy loop, het die person wat met sy motor van voor af kom, jou gegroet en jy het hom gegroet want julle het mekaar geken. Die ou met sy motor wat van agter af gekom het, het by jou gestop en gevra of jy ‘n saamry geleentheid wil hê. Vandag is die kanse goed dat jy doodgery kan word as jy iewers heen loop, en niemand gaan by jou stop om jou op te laai nie.
Nou wat het van daardie menselewendheid en blymoedigheid geword? Het die druk waaronder elkeen lewe dit by die venster laat uitwaai, of het mense maar net verander..? Is dit ten goede of ten slegte..? Dit is so, in hierdie tyd kan jy nie maklik by iemand stop om hom ‘n saamry geleentheid te gee nie, dit is te gevaarlik...!
Maar wat van groet en vriendelik wees..? Nee ons is mos almal besig met ons eie gedagtes, ons sien nie eers die person wat by ons verbyloop raak nie, ons oë staan stokstyf in ons koppe en ons hardloop dat dit bars om net by die plek te kom waar ons wil wees. Verbeel ek my of het mense se loopspoed in die laaste klompie jare ongelooflik toegeneem....?...of is almal deesdae besig om fiks te word, die dat hulle so vinnig loop...!
Ek het gedink dat rekenaars daar is om ons werk makliker en vinniger af te handel, maar het ons nou regtig meer tyd as voor die rekenaar era..? Nee, dit wil tog nie so voorkom nie, alhoewel die werk miskien vinniger afgehandel word, word daar nou soveel meer werk op die werknemers afgelaai. Dink net hoe sou dit gegaan het as ons nog alles met die ou handstelsels moes byhou en uit die kop moes optel. Mens kan nie glo dat persoonlike rekenaars wat vandag omtrent op elkeen se tafel staan en in elkeen se huis is, dertig jaar gelede nog nie daar was nie.
So, die enigste gevoltrekking waartoe ek kon kom is dat ons onvriendelike houding van die modern eeu te wyte is aan rekenaars. Ons het geleer om vir ure na ‘n vierkantige skermpie voor ons te staar en ons werk daarop te doen, dat ons nie eers agterkom daar is mense rondom ons nie. Miskien het hierdie ding al ‘n paar jaar vroeër begin...! Televisie het ‘n decade of wat voor rekenaars hier by ons opgedaag. Sedert daardie eenoog monster in ons sitkamers kom plaas neem het, het ons mos verleer om te gesels. Ons Afrikaners se gasvryheid het verdwyn, want almal staar net na die skerm om te sien wat nou weer in een of ander sepie gaan gebeur......! Dit is dalk van al die gestaar en gesiguitdrukkings wat saamspeel terwyl die storie aan die gang is dat ons soveel plooie kry. Dan maak die plooikenners weer een of ander roompie wat die plooie moet laat verdwyn. Dit blyk ‘n goeie manier te wees om die ekonomie van die land en die wêreld aan die gang te hou.
Skuus ek het nou heeltemal afgedwaal.
Kom ons kom terug by die plek waar ons weer vriendelik is en met blydskap deur die lewe gaan. Ons moet nie toelaat dat die sorge van die lewe ons van ons blydskap beroof nie. Gal 5:22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid,………….
Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word.Die Here is naby Fil 4:5
Spr 22:9… wie vriendelik is, hy word geseën………………..

Wednesday, February 11, 2009

KEN JOU VYAND

Ons loop so lekker toe oe deur die lewe en glo dat ons nie gevang sal word nie. Ons glo ook dit is nie nodig om ons vyand te ken nie. Eintlik, deur te ontken dat daar ‘n vyand is, het ons geen probleem nie. Daar is maar ‘n paar dinge wat ons van hom moet weet sodat hy ons nie onverhoeds vang nie.
1. Hy is ons Teenstander
As ons nie daarop bedag is dat ons vyand altyd op die loer is nie, kan ons so maklik in die slagyster trap wat hy vir on stel.
1 Pet 5:8 Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.

2. Hy is ons Versoeker
Mar 14:38 Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak. Versoekings om sonde te doen klop elke dag aan ons deur en hoe maklik is dit nie om daarvoor te val nie. Om maar ‘n paar te noem; slegte begeertes, inhaligheid, owerspel, steel, omkopery (wat deesdae aan die orde van die dag is) en as jy mooi gaan sit en dink kan jy ten minste nog ‘n dosyn ander versoekings neerskryf.

3. Hy is ‘n Bedrieer
Mat 24:4 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie.
Mat 24: 5 Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.
O! Hoe maklik word ons nie verlei en mislei nie. Al glo ons ook in die Here kan ons so maklik aan ons neuse rondgelei word en wanneer iets in mooi verpakking vir ons aangebied word glo ons so maklik dat dit die ware Jacob is. Mat 24:24 Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.
Ons moet waak en bid dat ons op daardie dag die onderskeidings vermoe sal he….!

4. Hy is ‘n Dief
Hy sal nie ‘n oomblik huiwer om jou vrede te kom steel nie. Om dit wat jy verkry het weg te neem van jou af nie. Ons word gewaarsku in 2Joh 1:8 Wees op julle hoede, dat ons nie verloor wat ons deur arbeid verkry het nie, maar ‘n volle loon ontvang. Die Here bemoedig ons in. Openb 3:11 Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie.

5. Hy is ons Beskuldiger
Hy kla ons aan voor die Vader, hy kla ons aan dmv ons gewete. Wanneer ons na die Here toe wil gaan om vergifnis te vra vir iets wat ons verkeerd gedoen het, dan sal hy ons treiter met hoe sleg ons is, dan het ons nie die vrymoedigheid om te bid nie. As hy ons so beskuldig dan moet ons hom weerstaan want ons het ‘n Advokaat Jesus wat ons verdedig, omdat Hy met Sy bloed betaal het.
Die vyand weet sy tyd is min, daarom sal sy aanslag op ons al veller word, ons moet oppas, waak en bid dat ons hom nie ten prooi val nie..
Openb 12:10 Toe hoor ek ‘n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag.
Openb 12:11 En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.
Openb 12:12 Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.

Tuesday, February 10, 2009

BRUILOFSKEUSE

Die alleenstaan kerkie op die rantkant van die dorpie is ‘n bynes van bedrywighede. Dis die laaste skoonmaak, mooimaak, regmaak want netnou gaan ons bruilof maak, vol vrolikheid, lag en gesels. Verveelde stoffies sweef lusteloos neer op die gekraakte sementvloer kort na ‘n yl behaarde besem hul rus kom verstoor het.

Hier en daar gly helder sonstrale geruisloos driftig deur die sinkdak om opnuut die helder kleurige papierlinte teen die dakbalke op te vrolik. Blink geskuifde houtbanke wag gretiglik op gaste, want vandag maak ons bruilof, en almal moet sitplek hê. Aan die voorkant van die kerkie, toring ‘n lendelam preekstoeltjie hoog bo vier stoele uit wat netjies onder ‘n staaltafel met die kleurvolle blommetjies vir die bruidpaar en gevolg in geskuif is.

Dis kort voor drie en die bruilofsgaste stap al laggende die geboutjie binne. Dan knikgroet hul mekaar met stywe nekke terwyl die glimlagte op hul gesigte eensklaps verdwyn. Gedienstig en gedwee neem hul sitplek in en wag op die bruid en haar gevolg. So in die stilte daal ‘n vredevolle heiligheid oor die wagtendes neer. Kort neffens drie en Bonnie stap die klein oorvol kerkie in op maat van sonbesies se skril gegil. Haar blinkswart oë lag en dans en jubel op maat van haar eie onhoorbare musiek, want vandag is haar spesiale dag. Haar dag om op vyftigjarige ouderdom vir die eerste keer bruid te wees, uitverkore te wees, haar dag om meer as net ‘n vrou te wees. Vandag is sy spesiaal, sy is bruid vir haar bruidegom, hy het haar dan uit al die hubares op Noenieput en Swartkopdam gekies. Vandag is sy bruid want sy het gekies om Swart Piet Witbooi se bruid te wees.

Die prediker hou dit kort en kragtig en vertel van ‘n keusepad vorentoe. ‘n Informele bevestiging ontlok ‘n spontane handeklap want Swart Piet se oë diamant met die verklaring sy liefde en dit nogal voor almal teenwoordig. Bonnie tienerbloos en giggel koeskop met die aanhoor van sy hartswoorde, want sulke mooi hartswoorde het hy nog nooit voor ander gesê nie.

Ver vergete in Swart Piet se gisters van ‘n handvol jare gelede, is hartsgoed van ‘n lewensmaat wat in sy arms sterf, en stukkend skeur trane wat saam met elke graaf grond daardie begrafnisdag oor haar houtkis spat. Vandag kan hy weer Noenieput se mense in die oog kyk en bewys dat hy gekies het om geluk te smaak en ‘n lewe te maak saam met haar wat sy hart vinniger laat klop.

Dis ‘n paar dae later en goudgeel sonstrale wat oor die Kalahari vlak loer, kondig Oktober se heel eerste dagbreek aan. Oktobermaand, deur die eeue heen die mooiste maand, die lente bloeisel maand, ‘n kom-ons-vergeet-die-koue-maand, ‘n nuwe begin maand. Saam sit ek en Vroulief op ‘n koue sementbankie terwyl ‘n goudkleurige sonop sy wye arms om ons uitstrek. Die vars spore van September se laaste Saterdag se openbare bruilofsverklaring voor Noenieput en sy mense is diep afgedruk op die onthou plek in ons harte.

Saggies omvou ‘n sagte koelte briesie ons en kondig verfrissend so die realiteit van Sy ewigedurende liefde aan. Ek hou haar hand liggies vas en gee dit ‘n stilte drukkie. ‘n Stilte drukkie wat deur al die jare heen soveel kere woordeloos beskryf het wat in my binneste binne hart omgaan. Sy glimlag stilweg en ek weet sy onthou, ............ onthou meer as net daardie enkele hoogtepuntdag. Sy onthou bondels vlinders met die keuse oor mekaar, die hofmakery, die verlowing en daardie hoogtepunt troudag meer as twee dekades gelede. Sy onthou baie meer as bloot net ‘n gekies hier en daar, sy onthou ‘n leeftyd vol keuses.

Dan, in die oorverdowende Goddelike fluistering van ‘n vroegoggend gesprek met Hom daardie eerste oggend van die mooiste maand, herinner Hy my aan Sy hofmakery en liefdesdaad aan die kruis asook my en jou se keuse van ‘n uitknieldag en ‘n spesiale inkoop. ‘n Inkoop in ‘n dieper gemeenskap met die Veilige Gees en ‘n oorvloedslewe saam met Hom.

‘n Herinnering en bekragtiging van Sy onvoorwaarlike vleklose liefde vir die wat kies om deel van sy Bruid te wees. Hul wat blinkoog styf langs die Bruidegom aan die Bruilofstafel gaan sit.

Wel vanuit die Agter-Kalahari tot ‘n volgende keer, mooi bly, lekker slaap en onthou ......................

Be BLESSED by the BEST and stay within the confinements of LOVE

HJ & Dalene
DIVINE LIFE MINISTRIES
(Landlyn 054-551 1000)

Monday, February 9, 2009

SKINDER EN KWAADPRAAT

Het jy gehoor…….? Weet jy wat het hy/sy nou weer gedoen…….? Kom hoor gou hier, ek wil jou iets vertel, maar jy mag nie uitpraat nie!!
Klink dit bekend…?
Hoe dikwels leen ons, ons ore uit om na praatjies te luister…..? Dan kruisig ons die ander persoon op grond van wat ons gehoor het, sonder om die feite vas te stel. Het ons te min te doen of is dit die nasionale tyd verdryf ? Ons tonge kan maar lekker los en vas skinder en kwaad praat van ander!
Jak 3:6 Die tong is ook ‘n vuur, ……. dit besmet die hele liggaam en steek die hele lewensloop aan die brand en word uit die hel aangesteek.(aangeblaas)

Op ‘n dag kom ‘n nuwe onderwyseres op ‘n klein dorpie aan. Die jongman wat haar help met die bagasie soen haar toe hy ry. Twee ou dames wat oorkant die pad op die stoep sit en gesels , het die ding gesit en dophou. Na die tyd bespiegel hulle natuurlik kliphard oor wie die nuwe intrekker in hulle midde is en uit die aard van die saak, wie die jongman is wat saam met haar gekom het. Oor die volgende paar weke, sien hulle die jongman gereeld daar by die Onderwyseres oorslaap en wanneer sy op die stoep van hom afskeid neem , soengroet hulle mekaar. Die hele storie kon twee oues natuurlik nie vir hulle self hou nie en die skindertonge van die dorpie het begin klap dat dit gons.
“……….het julle gehoor, die nuwe Onderwyseres onthaal dikwels ‘n man in haar kamer en hy slaap nog wrintiewaar elke keer oor. Dan hou sy vir die kinders skool… , wat se onheilige dinge leer sy hulle nie agter die toe deur van haar klaskamer nie….?”
Op ‘n dag het die Skoolhoof die Onderwyseres ingeroep en haar vertel van die skinderstories oor haar en al die klagtes wat die skool kry oor haar gedrag na skoolure. Soos dit maar gaan, het hy haar nie eers kans gegee om te verduidelik nie, maar haar gevra om maar liewers te bedank.
Terug by haar woonplek het sy selfmoord gepleeg omdat sy die vernedering nie kon verduur nie. Die dag na haar begrafnis, sit die twee dames weer op die stoep toe die jongman wat saam met die Onderwyseres daar aangekom het en dikwels daar oorgeslaap het opdaag om haar goed te kom haal. Nadat hy sorgvuldig al die goed in sy motor gelaai het, onder die wakened oog van die twee dames, stap hy oor die straat om met hulle te gaan gesels.
Geskok kyk hulle hom aan toe hy vriendelik aan hulle vra of hulle dalk weet hoekom sy suster drie dae gelede selmoord gepleeg het.
Stamelend en in trane kom die woorde van hulle af ”…..ons het maar net gese…..”
Jak 1:26 As iemand onder julle meen dat hy godsdienstig is en sy tong nie in toom hou nie, maar sy hart mislei, die godsdiens van hierdie man is tevergeefs.
GEBED
Liewe Heer bewaar ons daarvan om van andere kwaad te praat. Ons weet nie wat in andere se lewens aangaan nie. Laat ons liewer introspeksie hou en kyk wat is verkeerd in ons eie lewens voordat ons ‘n mond vol oor ons medemens te se het. Help ons Here dat ons oor andere sal se wat ons graag wil he hulle moet oor ons, net goeie dinge. Amen

Sunday, February 8, 2009

GESELSKAP

Daar word beweer dat ons aan verbale diahree ly. Ons wil net praat en praat, en oor ander se slegte eienskappe ‘n eiertjie te lê hê...! Of ons wil net praat en praat en oor ons eie goeie eienskappe ‘n eiertjie te lê hê....! Binne 5 minute van aankoms weet die gas alles van jou af, hoe moeilik dit met die huwelik gaan......,hoe knieserig die baba is...., hoe sukkel jy by die werk......., hoe treurig jou bediende is...., hoe min jou man vir jou omgee.........

In gevalle soos die, is so ‘n gesprek vervelig en afbrekend van aard. Ek wil nie net van jou buurman se problem hoor as ek vir jou kom kuier nie, net so min wil ek van al jou goeie eienskappe of van wat jy alles vermag het hoor, of van alles waarmee jy sukkel. Alles draai nie net om jou nie....!
Wanneer ons gaste kry, moet ons op neutrale grond beweeg sodat ons gaste ook iets kan bydra tot die gesprek. ‘n Ander alternatief en miskien die regte pad om te loop, is natuurlik dat ons vir die eerste paar minute van die gesprek ons toespits op ons gas. Uitvra oor sy persoonlike fisiese welstand, sy geestelike welstand en hoe dit met sy besigheid of werk gaan. Laat jou gas voel dat jy in hom as persoon belangstel, dat hy vir daardie eerste paar minute die belangrikste person in die vertrek is.Jak 1:19 SO dan, my geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat................,.

Komplimenteer hom of haar met kleredrag, keuse van kleure of soort motor of iets anders aan sy person bv, hare ens.

Seker een van die mees onvanpaste gesprek rigtings is wanneer twee mense in die geselskap begin praat oor iets wat lank gelede gebeur het waarvan net hulle kennis dra. Die ander gespreksgenote sit dan met hulle toe monde en kan geen bydrae tot die gesprek lewer nie. Miskien geniet die twee wat gesels hulle onderwerp terdeë, maar vir die ander is dit iets wat by hulle verbygaan en die geselskap verveel hulle tot die dood toe.
As ons op hierdie manier optree is ons on-gasvry, ons wil nie regtig gesels nie alles draai dan weer om my selfsugtige ek.

Ons as mense is so afhanklik van mekaar se geselskap en interaksie, maar somtyds maak ons dit onmoontlik vir andere om sinvol met ons te kommunikeer, omdat ons hulle nie ‘n behoorlike kans gee om te praat nie. Ons moet leer om te luister wat ons gespreksgenote sê nie net hoor hulle praat nie.

As daar stiltes kom, moet ons nie senuagtig raak en net begin babbel nie, enige geselskap het tye waarin dit bietjie opdroog, ons moet net nie geselskap forseer nie, formuleer eerder in daardie oomblikke van stilte, ‘n inteligente vraag wat aan jou gas gevra kan word, wat in alle waarskynlikheid weer die gesprek sal stimuleer.

Geselskap moet intelligent wees.

Ons moet ook daarteen waak om godslasterlike dinge kwyt te raak in ons geselskap. Dit is iets wat deesdae aan die orde van die dag is..!

Geselskap moet ook altyd positief wees. Ons moet ophou om mekaar negatief te praat oor wat in ons land en die wêreld aangaan. Ons kuier by mense om hulle nabyheid te geniet. Kom ons let op die rigting wat ons geselskap gaan. As dit in ‘n negatiewe rigting beweeg, prober doelbewus om die positiewe daarin te sien en konsentreer daarop, in plaas van die negatiewe kant.

Ek lees die ander dag ‘n aanhaling wat iemand gemaak het: “Don’t be so serious about life, you will never get out of it alive.”

Saturday, February 7, 2009

GENADE BROOD VIR DIE NUWE JAAR

Ek plaas hierdie met toestemming.
Hierdie gedeelte was as volg onderteken
HJ Conje
DIVINE LIFE MINISTRIES
Posbus 7 Noenieput,8831
(Landlyn 084 551 1000)
Toe ek vra waar Noenieput is moes ek hoor ongeveer 120km Noordwes van Upington teen die Namibia grens. Hulle doen voltyds sendingwerk aldaar.

Die statige gedreun van die "Genadewa" (my ou voertuig) met sy kosbare vrag vol bevrore groente, pasteie, broodmeel en 'n verskeidenheid blikkieskos, bereik hulle ore lank voordat hulle ons kon sien. Dit is darem nou ook nie die eerstekeer dat die Genadewa hierdie tweespoorpaadjie geloop het nie.
Vriendelik-glimlaggend stap hy nader en steek by voorbaat hand uit.
"Mirrag Paaster," lag hy oopmond met die groetslag, "myse hartstenk is nog vol want ekke het hom juis vanoggend loop volmaak met 'n stukkie se gelees daar by Oompie Dawid se geskrifte"(Psalms van Dawid) Met die kom sy vroutjie kop-onderstebo nadergeloop met hul jongste sty toegedraai in 'n verslete bruinwit kombersie.

Haar moederhart wil ons stoele toe nooi, maar haar oë steek halstarrig vas by die oorlooppotte agterop die Genadewa. So staan ons vas by die Genadewa met ons arms wat oor die traliewerk van die bak hang.
Martelend ignoreer ek die woordelose vrae in beide se oë en vra opgewek uit na die welstand van Pa-goed en Ma-goed. Dan breek die nuuskierigheidsdamwal in hom en soos 'n stroomversnelling kook dit uit sy hart "En hierdie kossigheid Paaster, waar kom hierdie oorvloedigheid dan nou so skielik vandaan?"
Eerbiedig vertel ek hom van Vader seGewershart en hoe kosbare warm-hart-oop-hand-voorwêreld-mensegoed ruimskoots Jesus se voorsienigheid help uitdra.
Dan raak dit stil om die Genadewa. Standbeeldstil,Goddelikstil. So staan hy daar met sy ligbruin arms stewig om die kartondoos vol kruideniersware gevou.
Vergete is die realiteit van 'n leë kosbak wat ook juis hoeka die middelpunt van hulle agtermiddaggepraat was.
Woordelose minute spoed soos sekondes verby en steed staar hulle na dit wat so onwaarskynlik lyk. "Ai Paaster," snik hy lateraan uit,"myse maagtenk gaan mos nou ook petrol kry, nes my hartstenk vanoggend."
Dan vervlou die laatmiddag sonnetjie sommer skielik en sy laaste strale veg verbete om sigbaar te bly, Ek en my mooiste mooi vroulief wil vorentoe, maar ons staning saam met hulle langs die Genadewa is nodig, nes sagte reënwater in die woestyn.
Skielik oorval die donker nag ons en ek staar die sterbelaaide hemelstraat op. 'n Hemelruim verhelder nes 'n kersboom se liggies, met elke ster wat getuig van Sy genadebrood vol hoop en verwagting vir 'n nuwe dag, 'n nuwe jaar en 'n nuwe lewe. Onverdiende genadebrood vir jou en my, styf verpak en toegedraai in Sy laaste "Dit is volbring"
Mag hierdie jaar wat kom, vir jou 'n genadejaar vol oorvloed wees. Mag jy, terwyl Sy genademantel styf om jou gedraai is, met jou Genadewa loop stilstaan ander, en soos Habakuk "JESUS" uitjubel, al het jou vyeboom 'n droë jaar beleef.

Friday, February 6, 2009

VERSOENING

Net kort voordat die Here my siel gered het, dit was hier in Oktober 1979, het ek ‘n uitval gehad met ‘n familielid omtrent ‘n besigheidstransaksie. Die familielid was heelwat ouer as ek, en wat ek die dag vir hom gesê het was sekerlik nie mooi nie. Maar op daardie oomblik het ek gevoel hy wil op my koste kapitaliseer tot sy eie persoonlik voordeel.
Die geveg het oor die telefoon plaasgevind en nie eers van aangesig tot aangesig nie en toe was ons natuurlik kwaad vir mekaar. As ons mekaar in die straat raakloop het hy neus in die lug daardie kan toe gekyk en ek weer neus in die lug hierdie kant toe gekyk.

Nadat die Here my siel uit genade gered het, het hierdie onmin tussen ons twee my begin pla. Dit was sekerlik die Heilige Gees wat hierdie gedagtes in my kom wakkermaak het..!

Die dag wanneer jy jou in so ‘n situasie bevind, dan weet die siele vyand hoe om jou te treiter. Jy as mens weet dat jy hierdie saak moet regmaak, die Heilige Gees por jou aan dat jy moet uitreik en regmaak. Dan sit die vyand in die hoek en treiter jou met gedagtes soos- …. hy het ook mos aandeel in hierdie onmin, hoekom moet die eerste stap nou juis van my af kom,…..hy sal my nie wil sien as ek hom gaan opsoek nie,……hy gaan my wegjaag as ek probeer,….wat gaan ek vir hom sê,….hoe moet ek hom benader,…..moet ek hom weer konfronteer,……moet ek om verskoning vra,…..
Ag, daar gaan baie gedagtes en gevoelens deur jou as jy op die vooraand van so ‘n saak is, jy twyfel selfs of jy die regte ding wil doen. Moet ek dit nie maar liewer los en net aangaan met my lewe nie? Die aandrang van die Heilige Gees word egter al sterker en sterker en jy weet later jy mag dit nie langer uitstel nie.

Toe een aand lees ek daardie gedeelte in Matt 5:23 – 25 As jy dan jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het, (24)laat jou gawe daar voor die altar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe(25) wees gou goedgesind teenoor jou teëparty so lank as jy nog saam met hom op die pad is……
Nadat ek dit gelees het, het ek geweet dat speeltyd is verby en dat ek dadelik die saak moet regmaak.

Ek is seker ‘n lafaard, maar ek het steeds nie kans gesien vir ‘n persoonlike ontmoeting nie. Ek het toe gaan sit en ‘n brief skryf waarin ek om verskoning gevra het, aan hom verduidelik het dat ek my saak met die Here uitgemaak het en dat Hy my tot stilstand gebring het met die gedeelte wat ek gelees het. Ek het gevoel as hy nou die brief weggooi of stukkend skeur, ek het my kant gebring.

‘n Paar dae later het ek ‘n telefoon oproep van hom ontvang. Ons het ‘n redelike lang gesprek gevoer en hy het my verskoning aanvaar. Hy het van sy kant af ook om verskoning gevra en so het ons die onaangenaamheid uit die weg geruim. Dit was nie lank daarna nie toe het hy ook sy saak met die Here uitgemaak en tot sy dood het ons goeie vriende gebly.

So maklik kon ek nou nog met selfverwyt geloop het as ek nie na die stem van die Heilige Gees geluister het en die saak uitgestryk het nie. Miskien het hierdie episode ook 'n bydrae gemaak dat hy met die Vader reggemaak het

Dit lyk altyd moeiliker as wat dit op die ou einde regtig is. Die Here help jou as jy dit ernstig met hom bedoel.

As daar iets tussen jou en jou naaste is, steek jou trots in jou sak en maak dit reg, jy sal nie spyt wees nie.

Thursday, February 5, 2009

NIMSI VERJAAR....., NIMSI VERJAAR.......!!!!!

Veels geluk liewe Nimsi omdat jy verjaar
Mag die Here jou seën en nog baie jare spaar.

Hier uit Rustenburgse wereld wil Vroulief en ek jou ‘n besonderse dag toewens.
Mag ons Hemelse Vader jou seën met die keur van Sy seëninge in hierdie nuwe lewensjaar.
Mag jy wonderlike tye met Hom spandeer, en sommer baie nader aan Hom kom.
Ons vertrou dat jou dag net met rose besaai sal wees, vandat jy jou voete van die bed af laat sak
vanoggend totdat jy hulle weer oplig op die bed vannaand.

Dankie dat jy so 'n wonderlike Skoonsus is, ons waardeer jou baie, baie
Liefde XXXXXXXXXX


Ps Kan nog nie al hierdie pragtige tooisels op die blog kry nie, so ons moet maar met woorde volstaan.

Wednesday, February 4, 2009

VERHOUDINGS LAAT DIE WêRELD DRAAI

Met erkenning aan: Dawie van Schoor

Vreugde kom in klein porsies – soos in daardie koffie wat jy saam met ‘n vriend drink. Of in ‘n onbeplande kuier saam met iemand wat jy onverwags raakloop. Die saam huil,saam lag en saam deel. Daardie hans-op-die-skouer oomblikke. Die lewe gaan oor vehoudings, 24/7. Het jy geweet dat selfs jou brein so ontwerp is dat jy in bykans ‘ tiende van ‘n sekonde vinniger besluite oor mense neem as oor ander dinge?

‘n Onlangse studie het bevind dat wanneer ons rustig rondsit en niks doen nie, dan is ons brein besmoontlik besig om ons verhoudings van naderby te bekyk en onder die soeklig te plaas.

Die Here het ons ontwerp om lief te hê. Om liefde te ontvang en om liefde uit te deel. Om spandabelrig met ons GEE daarvan te wees. Ons is bedraad vir verhoudings. Ons is ontwerp om diep gevoelens van medelye en liefde en samehorigheid te kan ervaar. Moenie dit vroegjaar al prys gee en nogeens ‘n slaaf van vol programme, vergaderings en aktiwiteite en gejaag na “dinge” word nie.

Jou geloof moet verhouding –gedrewe wees, nie taak-gedrewe nie. Jou geloof gaan nie oor al die dinge wat jy vir die here doen nie, maar oor die verhoudings wat jy bou. Dit gaan oor dinge wat jy stilweg doen vir mense met regte name en adresse. Dit gaan daaroor om ‘n tikkie van jou menswees op ander te laat “afgee”. Om waarde toe te voeg en terselfde tyd ook self ‘n ryker mens te word

Wees vanjaar daar vir mense naby aan jou. Wees ook daar vir diegene wat onverwags jou pad kruis. Verras hulle met jou omgee.

Seën hulle met jou liefde

Tuesday, February 3, 2009

SKOKKENDE INLIGTING

Hierdie skokkende e-pos van nig Sue Jarps ontvang. Ek het die twee fotos op die rekenaar maar ek kan dit nie opgelaai kry nie. Of ek is te dom of daar is iets anders verkeerd!


Daar is al so baie vertel van die arrogansie waarmee Christenskap (en geloof in die algemeen) in Engeland en Europa gesien word, maar dit raak net al erger.

Die afgelope week het daar 'n nuwe advertensieveldtog op Londen se rooi busse en in die tubes begin. Dit lees: "There's probably no God.
Now stop worrying and enjoy your life." [ BBC nuusartikel: http://news.bbc.co.uk/1/hi/england/london/7681914.stm]
Die oorspronklike advertensie het gelui: "There is no God..." maar volgens Britse advertensiewette moet mens dit wat jy in 'n advertensie sê kan bewys, en hulle is dus gedwing om die woord "probably" in te sluit.

Ek heg foto's van een van die busse en van 'n tube advertensie aan.

Die projek is in Oktober verlede jaar bekendgestel deur Prof. Richard Dawkins, bekende ateïs en skrywer van die boek 'The God Delusion'.
Daar is 'n internet-geldinsamelingsprojek opgestel om die veldtog te befonds. Hulle het gehoop om £5500 (R80
000) bymekaar te maak om die projek te finansier, maar tot dusver het mense al meer as £148 700 (=R2.1 miljoen) bygedra!! http://www.justgiving.com/atheistbus
Die advertensies gaan nou tot Februarie op 800 busse, 1000 plakkate in die tubes en 2 videoskerms in tubestastes vertoon word.

Vanoggend se Mail http://www.mg.co.za/article/2009-01-19-theres-probably-no-god-now-stop -worrying &Guardian in Suid-Afrika berig dat dit ook oorgespoel het na Spanje en Italië. In Barcelona gaan dieselfde boodskap op busse verskyn, en in Genoa, Italië, lui dit "The bad news is that God does not exist.
The good news is that we do not need him". Australië en Kanada is nog in onderhandelig met hul advertensiereguleerders om die advertensies ook daar te vertoon.

Vertel asseblief vir julle vriende hiervan en bid saam met ons vir hierdie mense. Bid ook dat hierdie advertensieveldtog mense eerder sal laat soek na die waarheid en na God, eerder as om hulle te laat 'ontspan' daaroor soos die advertensie voorstel. Soos Dawie, ons predikant hier by SAGemeente in Londen, gister gesê het, verstaan hulle duidelik nie die idee van 'n liefdevolle Vader en God nie, want as ons God sou moes 'weggaan' van ons af, sou dit hartverskeurend wees, en mens beslis nie laat 'ontspan' soos die advertensie voorstel nie! Ons aanbid 'n ewige, almagtige en liefdevolle God. Dawie se preek


Preke_London.aspx> sal binnekort beskikbaar wees op SAGemeente se website as julle sou belangstel - en ek stel dit regtig voor, want daar is heelwat dinge daarin wat ons as Christene moet hoor, uit die ateïste se oogpunt, asook hoe ons in so 'n situasie behoort te reageer.

Sover het één busbestuurder geweier om so 'n bus te bestuur. Hy is deur sy maatskappy huis toe gestuur met die belofte dat hulle sal probeer dat hy nie een van die spesifieke busse hoef te bestuur nie, maar ook gesê dat hulle onafhanklik is van die advertensies wat op die bus geplaas word en niks meer kan doen nie.

Veral in hierdie tye waar die ekonomiese krisis baie swaar druk en letterlik duisende mense daagliks hulle werk verloor, is God die enigste hoop waaraan mens het om vas te hou. Die Satan probeer nou selfs mense van daardie hoop beroof, en hy mag nie daarmee wegkom nie!

Dit is wel waar dat hierdie veldtog 'n geleentheid oopmaak vir gesprekke tussen gelowiges en nie-gelowiges wat daar nie andersins sou plaasvind het nie. Bid asb vir die Christene in Engeland en die ander lande waar die advertensies vertoon word, om sterk te staan in hul geloof, en ook vir leiding in gesprekke met ateïste en ongelowiges.

Groete in Jesus,

Elmé

Monday, February 2, 2009

GELUK

Wat is geluk regtig?
Party mense sal dadelik sê, dit is wanneer ‘n mens by ‘n dobbeltafel of masjien sit en sakke vol geld wen!
Ander sal sê “ toe ek my pasgebore baba vasgehou het!”
Al hierdie ding is egter net vlietende oomblikke van geluk en as daardie oomblik verby is wat bly oor? Job 30:15……., en soos ‘n wolk het my geluk verbygegaan
Die meeste mense weet nie wat geluk is nie, of wat hulle gelukkig maak nie, maar is baie gou om te sê wat ongeluk is of wat hulle ongelukkig maak.

Dit is ongelukkig so dat mense meer op die negatiewe konsentreer as op die positiewe

Did you ever see an unhappy horse? Did you ever see a bird that had the blues? One reason why birds and horses are not unhappy is because they are not trying to impress other birds and horses. – Dale Carnegie –

Is dit hoekom ons ongelukkig is? Omdat ons ander mense wil beindruk, is dit ‘n geval van altyd probeer om met die buurman te kompeteer en as ons dit nie kan maak nie dan is ons ongelukkig. As ek nie dieselfde kar of beter, kan ry as Koos nie, dan is ek bitterlik ongelukkig daaroor, of as ek nie ook ‘n flatscreen 120 cm televisie teen my sitkamer muur kan ophang nie, is ek so ongelukkig en depresief dat dit nie eers weer snaaks is nie.

Andere sal sê dit is ‘n innerlike gevoel van vrede en rustigheid, wanneer niks jou pla nie..!

Kan mens geluk koop? Onomwonde Nee..! Jy kan dit nie koop nie,

Geluk kom van binne. Jy is vergenoegd met wat jy het en met wat jy is, want dit is waarmee jy toebedeeld is. Kyk en dink ‘n bietjie verder as wat jou neus lank is, daar is beter dinge vir jou in pag as om ongelukkig te wees. Dit is in elk geval net aardse dinge en aardse verhoudings wat jou ongelukkig maak…!

Geluk is om verhoog te word uit die omstandighede waarin ‘n mens lewe. Omstandighede waarin ‘n mens hom bevind .
Psalm 84:12 ………..welgeluksalig (wel – geluk – salig (beteken eintlik 3 maal gelukkig) is die mens wat op U vertrou
Psalm 84:5 Welgeluksalig is die mens wie se sterkte in U is
Psalm 2:12 ……..Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil

Matt 6:33 Maar soek eers die koninkryk van God en Sy geregtigheid en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word

Deel van al hierdie dinge, is Geluk

Wat meer wil jy hê?