Friday, February 20, 2009

SELFMOORD

Dood is in elke geval traumaties vir die familie, maar ‘n geval van selfmoord skeur ‘n gesin emosioneel uitmekaar. Daar word ‘n duisend vrae gevra waarop daar nie antwoorde is nie, selverwyt by die gesinslede is aan die orde van die dag. Redes word gesoek maar word nie gekry nie. Hierdie gevoelens is nog erger wanneer dit ‘n kind is wat hand aan eie lewe slaan, want daar word verwag dat kinders en jongmense sorgvry behoort te wees en dat selfmoord nie eers naastenby ‘n opsie vir hulle behoort te wees.
Daar word in Suid Afrika ongeveer elke uur ‘n geslaagde selfmoord gepleeg en in dieselfde tydperk is daar tussen 20 en 40 onsuksesvolle pogings. Wêreldwyd is daar ongeveer twee miljoen selfmoorde per jaar volgens die Wêreld Gesondheid Organisasie, waarvan agtduisend in Suid Afrika en van hIerdie is 270 kinders.
Hoekom mense selfmoord pleeg is nie baie duidelik nie, want hulle kan nie agterna die redes verstrek nie. Dit kan wees agv van ‘n chemise wanbalans in die brein, dit kan aangehelp word deur die gebruik van seker medisyne, dit kan wees as gevolg van depresie, maar dit kan ook ‘n besluit wees omdat die person, jonk of oud, net nie kans sien om aan te gaan met sy lewe nie. Sy lewe is nie meer sinvol nie. ‘n Gebroke verhouding, druip van ‘n eksamen, ernstige botsing met ouers, gebruik van verdowingsmiddels is alles snellers wat dit kan laat gebeur.
Wie is te blameer as iemand selfmoord pleeg? Niemand behalwe die person self nie...! Dit is totaal sy eie keuse en sy eie besluit om dit te doen . As so ‘n person onder die invloed van een of ander substansie was, was dit sy eie keuse in die eerste plek om dit te gebruik. Te maklik word die rede by die huisgesin of ouers of wie ookal gesoek, wat absoluut onregverdig is. Geen persoon sal voor ‘n ander selfmoord pleeg nie en die redes daarvoor gee nie. Selfmoordbriefies beteken ook nie veel nie, want die persoon sal mos nooit die ware rede daarin gee nie, meeste van die tyd word die blaam op iemand anders geplaas.
Gaan ‘n persoon wat selfmoord pleeg hemel toe?
Ek dink nie so nie........! Jy sien selmoord is sonde en sonde word nie in die hemel toegelaat nie. Exodus 20:13 Jy mag nie moord pleeg nie. Nie andere nie en ook nie jouself nie. Gen 9:5 Wanneer julle eie bloed vergiet word, sal Ek daaroor rekenskap eis, want dit is julle lewe……… en van ‘n mens sal Ek rekenskap eis oor die lewe van sy medemens. Toe Jesus aan die kruis gehang het, het God die Vader Sy gesig weggedraai van Sy enigste seun omdat Hy sonde geword het. Dit moet iets sê oor hoe God oor sonde voel. Daar is nie ‘n manier hoe ‘n persoon wat selfmoord pleeg vergifnis van sonde kan kry nie......! God kan sekerlik so ‘n siel begenadig want Hy is soewerein.
Gebed
Onse Vader daar is soveel smart wanneer iemand selfmoord pleeg. Vrae sonder antwoorde, trane sonder genesing. Dit neem jare vir die familie om oor so ‘n tragedie te kom. Here ek kan maar net vra dat u asb berusting en aanvaarding bring by families waar iemand verkies om hierdie uitweg te neem en hulle te laat besef hulle het nie deel daaraan nie. Dit is elke persoon se eie keuse as hy dit doen en moet dan maar die gevolge van sy eie besluit dra. Amen

3 comments:

Nimsi se Blog said...

Hello Oom Petrus,
Baie goeie inskrywing... inderdaad neem dit n ouer jare om oor so n daad te kom - indien ooit... loop die pad al 3jaar saam met n vriendin.
Dankie vir die mooi gebed hierby!
Lekker naweek en mooi bly
Naomi

mariki said...

Dis een van die sake waarvan ek die gevolge maar totaal by ons Here los...oe, maar die seer is onberekenbaar.

Anonymous said...

Goeie more Oom, ek is die vriendin na wie Naomi hierbo verwys, en ja hierdie was drie jaar van hel... my seun het op 21jaar selfmoord gepleeg, onverwags en uit die bloute, of altans so dink ek maar. Drie jaar waarin ek nog nie kon ophou wonder hoekom die dood vir hom aanlokliker as die lewe geword het nie... Jantjie daar gaan nie n dag van my lewe verby waarin ek nie na jou verlang en wens dinge was anders nie...
Thereza