Monday, February 2, 2009

GELUK

Wat is geluk regtig?
Party mense sal dadelik sê, dit is wanneer ‘n mens by ‘n dobbeltafel of masjien sit en sakke vol geld wen!
Ander sal sê “ toe ek my pasgebore baba vasgehou het!”
Al hierdie ding is egter net vlietende oomblikke van geluk en as daardie oomblik verby is wat bly oor? Job 30:15……., en soos ‘n wolk het my geluk verbygegaan
Die meeste mense weet nie wat geluk is nie, of wat hulle gelukkig maak nie, maar is baie gou om te sê wat ongeluk is of wat hulle ongelukkig maak.

Dit is ongelukkig so dat mense meer op die negatiewe konsentreer as op die positiewe

Did you ever see an unhappy horse? Did you ever see a bird that had the blues? One reason why birds and horses are not unhappy is because they are not trying to impress other birds and horses. – Dale Carnegie –

Is dit hoekom ons ongelukkig is? Omdat ons ander mense wil beindruk, is dit ‘n geval van altyd probeer om met die buurman te kompeteer en as ons dit nie kan maak nie dan is ons ongelukkig. As ek nie dieselfde kar of beter, kan ry as Koos nie, dan is ek bitterlik ongelukkig daaroor, of as ek nie ook ‘n flatscreen 120 cm televisie teen my sitkamer muur kan ophang nie, is ek so ongelukkig en depresief dat dit nie eers weer snaaks is nie.

Andere sal sê dit is ‘n innerlike gevoel van vrede en rustigheid, wanneer niks jou pla nie..!

Kan mens geluk koop? Onomwonde Nee..! Jy kan dit nie koop nie,

Geluk kom van binne. Jy is vergenoegd met wat jy het en met wat jy is, want dit is waarmee jy toebedeeld is. Kyk en dink ‘n bietjie verder as wat jou neus lank is, daar is beter dinge vir jou in pag as om ongelukkig te wees. Dit is in elk geval net aardse dinge en aardse verhoudings wat jou ongelukkig maak…!

Geluk is om verhoog te word uit die omstandighede waarin ‘n mens lewe. Omstandighede waarin ‘n mens hom bevind .
Psalm 84:12 ………..welgeluksalig (wel – geluk – salig (beteken eintlik 3 maal gelukkig) is die mens wat op U vertrou
Psalm 84:5 Welgeluksalig is die mens wie se sterkte in U is
Psalm 2:12 ……..Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil

Matt 6:33 Maar soek eers die koninkryk van God en Sy geregtigheid en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word

Deel van al hierdie dinge, is Geluk

Wat meer wil jy hê?

3 comments:

Muriel said...

Geluk kom inderdaad van binne! Ek kies om gelukkig te wees. Met God aan jou sy is die lewe 'n lied!

mariki said...

Waarlikwaar.

Bly naby Jesus -- en jy is gelukkig te midde van die storms.

Weer 'n nodige wegwyser vandag, OomP!~ Dankie.

Oom Petrus said...

Muriel en Mariki

Dankie vir julle kuiertjie. Ja as jy die pad met die Here stap. hoe kan jy ongelukkig wees