Thursday, February 5, 2009

NIMSI VERJAAR....., NIMSI VERJAAR.......!!!!!

Veels geluk liewe Nimsi omdat jy verjaar
Mag die Here jou seën en nog baie jare spaar.

Hier uit Rustenburgse wereld wil Vroulief en ek jou ‘n besonderse dag toewens.
Mag ons Hemelse Vader jou seën met die keur van Sy seëninge in hierdie nuwe lewensjaar.
Mag jy wonderlike tye met Hom spandeer, en sommer baie nader aan Hom kom.
Ons vertrou dat jou dag net met rose besaai sal wees, vandat jy jou voete van die bed af laat sak
vanoggend totdat jy hulle weer oplig op die bed vannaand.

Dankie dat jy so 'n wonderlike Skoonsus is, ons waardeer jou baie, baie
Liefde XXXXXXXXXX


Ps Kan nog nie al hierdie pragtige tooisels op die blog kry nie, so ons moet maar met woorde volstaan.

5 comments:

Nimsi se Blog said...

Baie dankie Oom Petrus en skoonsus vir die mooi wense hier en julle oproep. Mense soos julle maak die dag vir my mooi.
Liefde
Nimsi

Anonymous said...

Eerstens baie geluk tannie Naomi met tannie se verjaarsdag, mag tannie n mooi dag en jaar he, my ma sal tannie ook later bel. Tannie is vir ons almal baie spesiaal dankie ok dat tannie al die jare so n wonderlike vriendin vir my ma is.
Aan die oom van die blog, tannie Naomi het die blog by ons aanbeveel en ons as kantoor het toestemming om elke oggend hier te mag lees, ons mag nou nie kommentaar lewer maar het toestemming om dit vandag te doen.
oom gee ons elke dag moed vir die dag.
Admim personeel
Powerville
(Ina)

Anonymous said...

veels geluk met jou verjaarsdag naomi soos jy kan sien lees ek elke dag hier soos ek belowe het ek gaan nou nie ook by jou blog skryf nie stuur groete vir oom willie
gunther

Nimsi se Blog said...

Hallo Ina,
baie dankie vir die mooi wense. Ek is so bly dat julle hier mag lees!
Groete daar aan almal.
Naomi

Nimsi se Blog said...

Hello Goena'
Dankie vir die boodskap en ek is baie bly dat jy hier lees soos belowe.


Mooi bly en kyk na jouself
Liefde
Naomi