Friday, July 10, 2009

ROL JY ROND VAN BEKOMMERNIS?

Laat hierdie huidige ekonomiese toestande in die wêreld jou ook soms in die nag wakker lê, omdat die dinge jou toekoms onseker maak. Jy is verward en ongemaklik as jy die toestande evalueer. As jy 'n besigheids persoon is, dan wonder jy wat jou opposisie in die besigheids wêreld gaan doen om om te oorleef en miskien om jou te troef. Jy besef jy moet voorberei en jou self verdedig in die heersende toestande. Maar hoe kan jy op elke moontlike situasie bedag wees sodat jou persoonlike lewe of besigheid tot 'n rustige en veilige lewe kan stem?

As jy 'n kind van God is, dan is daar hoop vir jou! God se kinders kyk op na Hom toe en hulle put uit Sy krag om deur die moeilike tye te kom. As jou geloof in Christus onwankelbaar vas staan, sal Hy jou staande hou dat jy nie sal knak onder die aanslae wat na jou toe aangestorm kom nie.
In(Die Boodskap) Psalm 3:5-6 staan daar: "Ek roep so hard as wat ek kan tot die Here'
Hy help my as ek bid. In die aand kan ek gaan slaap sonder om te lê en rondrol van bekommernis. In die more word ek rustig wakker, want ek weet die Here sal vir my krag gee om my probleme op te los"

Jy sal nie nagte wakker lê as die Here jou Leidsman en Vennoot is nie. Hy nooi jou om die pad saam met Hom aan te durf. Jy moet Hom vertrou en jy sal sien hoe Sy liefde en genade die deurmekaar wat in jou lewe of besigheid is laat bedaar. Ons het daardie vrede wat alle verstand te bowe gaan in ons lewe nodig, daarsonder is tot niks instaat nie.

1 comment:

mariki said...

OomP, hoe wonderlik om te weet ons God stry die stryd vir ons. Maar eina -- om spiere (en ook geloofspiere) te bou, kom nie vanself nie, né, dit kos harde werk (en soms baie pyn!)

Dankie vir die bemoediging van hierdie possie.