Wednesday, July 15, 2009

TYD

Tyd is iets wat teen ongelooflike snelheid verbygaan. Met elke tik van die horlosie is 'n sekonde verby, 60 sekondes in 'n minuut, 60 minute in 'n uur, 24 uur in 'n dag, 168 uur in 'n week, 728 uur in 'n maand. Helaas 8736 uur in 'n jaar en 611520 uur in 'n leeftyd van 70 jaar.

Hoeveel van hierdie tyd gaan verby sonder dat ons die Here dien? Gelukkig is die loon dieselfde, of jy die Here op 16 jarige of 68 jarige ouderdom vind. Die belangrikste is dat jy die Here vind en vir en in Hom begin lewe.

Tyd is ook afgebaken om dinge te doen soos wat ons in Prediker lees"

Pred 3:1 Alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar ‘n tyd:
Pred3:2 ‘n tyd om gebore te word en ‘n tyd om te sterwe, ‘n tyd om te plant en ‘n tyd om uit te roei wat geplant is,
Pred 3:3 ‘n tyd om dood te maak en ‘n tyd om gesond te maak, ‘n tyd om af te breek en ‘n tyd om op te bou,
Pred 3:4 ‘n tyd om te ween en ‘n tyd om te lag, ‘n tyd om te weeklaag en ‘n tyd om van vreugde rond te spring,
Pred 3:5 ‘n tyd om klippe weg te gooi en ‘n tyd om klippe bymekaar te maak, ‘n tyd om te omhels en ‘n tyd om ver te wees van omhelsing,
Pred 3:6 ‘n tyd om te soek en ‘n tyd om verlore te laat gaan, ‘n tyd om te bewaar en ‘n tyd om weg te gooi,
Pred 3:7 ‘n tyd om te skeur en ‘n tyd om aanmekaar te werk, ‘n tyd om te swyg en ‘n tyd om te spreek,
Pred 3:8 ‘n tyd om lief te hê en ‘n tyd om te haat, ‘n tyd vir oorlog en ‘n tyd vir vrede.

In dieselfde idioom as die Prediker, is daar 'n tyd om te kom en ook weer 'n tyd om te gaan.

In die afgelope klompie maande het ek probeer om elke dag 'n inskrywing op hierdie blog te maak. Ek het sekerlik onderwerpe en punte aangeraak wat party van die lesers ongelukkig gemaak het. Ek het egter probeer om deurentyd met deernis te skryf wanneer ek die tamaletjie onderwerpe aangeraak het. Ook was my doel altyd om die evangelie van Jesus Christus te verkondig en mense te probeer por om nader aan God te kom en 'n oorgawe aan Hom te maak en weg te draai van die kwaad.
Ek dink aan: - Robert, hy het my erg aangeval oor die Selfmoord inskrywing en my tot beskuldig van skrifverdraaiing. -Dan is daar die dametjie wat wat na sy die inskrywing oor aborsie gelees het, die besluit geneem het om nie meer te gaan vir die aborsie nie, maar haar afspraak gekanselleer het. Sy het deurgedruk daarmee en het besluit om die babatjie liewer te laat aanneem. - Ina en haar 3 maatjies van Powerville wat spesiaal toestemming moes kry om die blog te lees. Ina het op 'n stadium haar werk verloor. Ek vertrou dat sy gou geholpe sal raak. - Sam, Sam met sy interessante manier van spel. Jammer ek kon jou nooit ontmoed nie, dalk sal ons nog eendag....! - Mariki, vir al jou insette, -Muriel vir jou gereelde kommentaar, -Skoonsus Nimsi wat my eintlik geinspireer het om die blog te skryf. Dankie aan al die ander wat ook gereeld 'n bietjie terugvoering gelos het ek het dit waardeer.

Aan almal wat die blog gereeld gelees het, baie dankie dat julle tyd gemaak het. As ek so na die statistieke kyk, is die lesers van hierdie blog wyd versprei deur Suid Afrika, Namibië, VSA, Brittanje, Europa, België, Holland, Duitsland, Frankryk, Poland, Oostenryk, Emmirate, Uganda en Turkye.
Baie dankie aan elkeen wat 'n bydrae gemaak het wat ek hier kon gebruik, sover as wat ek kon het ek altyd erkenning gegee aan die persoon wie se bydrae ek gebruik het.

Weereens baie dankie aan elkeen wat gelees en gekommentaar het, ek het dit waardeer.

Hierdie is nie vaarwel nie, net totsiens totdat ons weer ontmoed. miskien weer op die blog maar dalk in die hemel.

Jesus liefde aan elkeen

Oom Petrus


5 comments:

mariki said...

OomP, ek gaan jou sommer baie mis! Oorweeg dit ernstig om spoedig terug te kom?

Groete in Christus Jesus.

Nimsi se Blog said...

(((Oom Petrus)))
Hierdie is werklik n hartseer inskrywing!
Baie dankie ook vir die kere wat ek hier kon kom asemskep!
Miskien so 1x per maand n inskrywing?

Anonymous said...

Dag Oom Petrus
oe ekt laas so n lam pyn opi krop gehad toe my pa dood is x jmr oom hou nu op my ma ht ha werk vloor en ek my naweek en vakansi werk ok ek koni mee elke dag ko leesi
sam

mariki said...

OupaOomP -- aan julle almal baie geluk met Liané (wat 'n pragtige naam!) se geboorte. Mag sy gou-gou die Here as haar Verlosser en Enigste Hoop leer ken, en mag Hy Sy aangesig oor haar laat skyn al die dae van haar lewe.

Oom Petrus said...

Baie dankie Mariki vir jou goeie wense ons waardeer dit verskriklik. Ons vertrou saam met jou dat sy Jesus vroeg in haar lewetjie sal ontmoed. So ver moontlik sal ons alles in ons vermoee doen om toe te sien dat dit gebeur.
Groete