Thursday, August 20, 2009

IS JY 'n "LIFE COACHING" OUER?

"Life Coaching" is nog vir baie mense 'n vreemde konsep. Dit word baie keer verwar met terapie of konsultasie. Terapie fokus op jou huidige situasie en werk dan terug na die verlede om die oorsaak van die probleem te gaan soek en dan word daar 'n oplossing gesoek vir die pad vorentoe(heelword-proses). Konsultasie is wanneer 'n kundige se hulp benodig word en hy of sy kom gee raad en deel kennis.

Coaching is nie een van bogenoemde nie. 'n Life coach help jou om duidelikheid te kry oor wat jy graag wil bereik en stap dan die pad langs jou, gefokus op die einddoel.

Maar is life coaching regtig 'n vreemde konsep of is dit 'n Bybelse konsep wat se hande en voete stomp geraak het? Deut 6:4-8 (NLV) sê mos baie duidelik dat ouers hulle heelhartig moet verbind aan God se gebooie, en dit oor en oor, aan hulle kinders herhaal moet word.

Vir jou as Christen ouer is die uitdaging om jou kinders te coach sodat hy of sy kan word wat God graag wil hê.

Life coaching word basies in 3 stappe ingedeel.
Stap 1: Waar is jy nou? (jou huidige realiteit)
Stap 2: Waar wil jy graag wees(jou droom of doelwit)
Stap 3: Hoe kan jy dit bereik?(strategie)

NB!! Stap 2 is NIE 'n eie-ek fokus nie, maar 'n God fokus.
Ons as ouers mag nooit Ef 6:4 ignoreer in die grootmaak van ons kinders nie. Die woord van die Here sê dat ons nie ons kinders so moet behandel dat hulle verbitterd word nie........
(Die Boodskap) Vir die pa's wil ek dit sê: moenie julle kinders so behandel dat hulle nie meer na julle wil luister en rebels raak nie. Maak hulle liewer groot soos die Here van julle verwag. Leer hulle wat om te doen en help hulle op die regte pad, al moet julle soms streng optree.
........"pas my skape (skapies) op", het Jesus gesê......

Met dank aan: Ds. Danie Jacobs - Leraar Kinders

1 comment:

mariki said...

OomP, ek sien maar net weer elke keer dat as ons ons "Lewenshandboek" (die Bybel) verwaarloos, dan het ons die wêreldse raad nodig om te probeer aangaan. Wat ek probeer sê, is dat as ons God se voorgeskrewe weg uit Sy Woord volg, dan kan ons Sy seën op ons werk (ook kinderopvoeding) verwag, soos Hy beloof het, né.