Thursday, September 3, 2009

SPIEELTJIE, SPIEELTJIE IN MY HAND

Spieeltjie, spieeltjie in my hand.......! wie is die mooiste in die land?
Spieeltjie, spieeltjie in my hand.......! hoe lyk my binnekant?

'n Spieel is seker een van die vieslikste goed wat daar is. Wanneer 'n mens voor 'n spieel staan wys dit nie die perfekte, dit wat reg is nie. Nee, dit wys alles wat verkeerd is uit. Kyk maar na iemand wat in 'n spieel kyk, hulle vroetel altyd aan die hare of aan die klere of aan die grimering.
Iets is altyd verkeerd en dit is nou daardie spieel wat dit uitwys. Dit is net die uiterlike wat beoordeel word voor die spieel. Ons draai in die rondte en soms buig ons, ons amper uit lit uit om op plekke te sien waar mens normaalweg nie kan sien nie. Dit net om te kyk watter fout die spieel uitwys.
Hoekom doen ons dit? Omdat ons gesteld daarop is om goed te lyk. Ons wil nie dat ons vriende, kollegas en andere waarmee ons elke dag skouer skuur, sleg van ons dink nie. Hulle mag nie daardie fout aan ons hare, klere, grimering of skoene sien nie. Nee ons moet 'n toonbeeld wees van 'n goedversorgde persoon, wat jy altyd deur 'n ring kan trek.

Die vraag wat natuurlik op duik is; Hoe gesteld is ons om die perfekte goedversorgde beeld van ons geestelike lewe aan ons vriende en andere waarmee ons elke dag skouerskuur te vertoon. As ons in die oggend ons huise verlaat, is ons dan die perfek voorberei en gegroom sodat andere nie 'n fout in ons mondering kan sien nie.
Trek ons elke oggend die wapenrusting van God aan sodat andere kan sien hoe 'n kind van die Here moet optree? Dit gaan oor; staande bly, worstelstryd teen die owerhede en bose geeste in die lug, weerstand bied, waarheid, vas staan, geregtigheid, evangelie van vrede, geloof, vurige pyle uitblus, verlossing, die woord van God. (Eff6:10-20)

Kan ons en maak ons seker, dat ons elke dag geestelik deur 'n ring getrek kan word?

2 comments:

Nimsi se Blog said...

Oom Petrus,
Ja dis so waar...
"Behavior is a mirror in witch every one displays his own image..."

Dit lyk mooi hier by jou werf!

Muriel said...

Oom Petrus dis ware woorde!!

Ons is die spieƫlbeeld van ons geloof. Ek leer nog elke dag in my geloof (elke dag iets nuuts), ek trek nog maar altyd bietjie aan die hare rond en draai en swaai voor die spieƫl, om deur 'n ring getrek te word.

Groete