Monday, October 12, 2009

RYKHALSENDE VERLANGE

Jesus was besig om 'n groot skare mense te bedien. Hy het hulle siekes gesondgemaak omdat hy hulle innig jammer gekry het. Sy dissipels het hom deurentyd vergesel en van Hom geleer. Jesus het hulle onder Sy vlerk geneem om hulle te leer om met die mense te deel. Toe dit al aand geword het, het Sy dissipels na Hom gekom en gevra dat hy die skare moet laat gaan omdat hulle honger was. Jesus wou nie en het die skare van ongeveer twintig duisend mense gevoed uit die vyf brode en die twee visse wat die dissipels by hulle gehad het. Almall het geëet daarvan en daar het nog twaalf mandjies vol brokstukke oorgebly.
In Matt.14:22 dwing Jesus sy dissipels om dadelik in die skuit te klim en vooruit te vaar na die oorkant, terwyl Hy die skare wegstuur. Nadat Jesus die skare weggestuur het het Hy op die berg geklim om in die eensaamheid te gaan bid.

Hier stel Jesus aan ons 'n voorbeeld om te midde van 'n baie druk program jou van almal af te sonder en in eensaamheid te gaan bid. In vers 23 En toe dit aand geword het,was Hy daar alleen.Tydens so 'n afsondering sessie, kon Jesus met Sy Hemelse Vader kontak maak en met Hom gesels en hoor wat die Vader wil hê dat Hy moet doen. Dit is ook ons plig om Jesus se voorbeeld te volg..! Hoe anders sal ons met ons Hemelse Vader kontak maak en by Hom hoor wat Hy wil hê ons moet doen? Tye van stilte waarin ons werklik tot stilstand kom is so nodig. As ons,ons nie daadwerklik losmaak van die daaglikse bedrywighede en vir 'n tydlank wegbreek nie sal ons nooit op daardie punt kom wanneer ons die Vader se stem duidelik kan hoor nie.

Hoe lyk jou stiltetyd...?
Is dit miskien net een of twee versies in die Bybel lees, 'n half minuut se gebedjie en dan voel jy getroos dat jy stil geword het voor die Here. Of is stiltetyd iets wat net so af en toe gebeur of dalk gladnie. Ken jy die Here persoonlik en intiem..? of weet jy maar net van Hom en het hom nog nooit persoonlik ontmoed nie.
As jy nie voor die lewende God buig en Jesus aanneem as jou persoonlikke Verlosser en Saligmaker nie, sal jy nie nou of in die toekoms kan sê dat jy Hom ken nie. Ja jy weet dalk net van Hom, van Hom gehoor jare gelede in die Sondagskool of by jou moeder of tydens katkisasie. Jy is dalk in die kerk getroud omdat dit tradisie is, kinders gedoop, beloftes afgelê. Elke keer wat jy in die kerk gekom het, het jy van hom gehoor! Lidmaat van 'n kerk geword! Kerklidmaatskap is geen vrypas na die hemel nie. Al die mense wat so gereeld op 'n Sondag kerktoe gaan is nie noodwendig kinders van God nie. As jy nie daardie intieme ontmoeting met die Here gehad het nie en as jou gees nie gewederbaar is nie is jy nie 'n kind van God nie.

Ek wil jou tog vra. Soek die Here met jou hele hart, bely en laat staan jou sondes. Die laat staan gedeelte is belangrik.
Jy kan tog nie aangaan met 'n sonde doen as jy bely het en die Here jou vergewe het nie!

Weet jy, die Woord sê, selfs die natuur sien met rykhalsende verlange daarna uit dat dit geopenbaar sal word wie die kinders van God is....!

Gaan jy in die groep wees as dit openbaar gemaak gaan word...?

2 comments:

Alet said...

Liewe Oom Petrus,
Oom se blog is vir my 'n groot blessing. Ek woon in Australie maar ek het 'n suster in Rustenburg wat op die oomblik deur 'n moeilike tyd gaan. Kan oom dalk 'n "kerk/ fellowship/liggaam van gelowiges" aanbeveel waarby sy kan inskakel? Vir my is dit baie belangrik dat Jesus eerste gestel word en die fokus op Hom moet wees in die erediens en dat die suiwer Woord gepreek word. 'n Gemeente waar mense mekaar liefhet en help maar boweal God liefhet en Hom eer. Ek sal dit baie waardeer as Oom my kan help. Liefde in Christus, Alet

Oom Petrus said...

Hallo Alet,
Baie dankie vir jou besoeke. Jou suster kan op Sondagoggende 10:00 dienste bywoon op die hoek van Marais en Kock straat. Ingang is in Marais Straat. Dit is in die ou hoerskool koshuis se eetsaal. Sy sal baie welkom wees.

My e-pos is: vasti@vodamail.co.za Jy kan my dalk so bietjie meer inligting oor haar gee en indien nodig kan ek iemand kry om haar te kontak.
Sterkte daar