Monday, August 10, 2009

SEëN IN DIE HUISGESIN

Psalm 128
Die Boodskap

Hoe gelukkig is jy wat die Here dien en eer, jy wat presies doen wat Hy sê!
Jou harde werk sal elke dag vir jou 'n goeie oes oplewer, jy is die gelukkigste mens op aarde, want God sorg dat dit goed gaan met jou.
Jou huwelik sal een groot vreugde wees, en jou kinders jou trots!
Jou vrou en kinders sal soos 'n goeie oes op die land wees wat jou baie bly maak
Die Here is so ontsettend goed vir jou wat Hom vrees, jy staan in die sonskyn van Sy goedheid!
Mag die Here jou daar van die Sionsberg af oorlaai met Sy goedheid, mag jy elke dag sien hoe goed dit gaan met almal wat Hom dien.
Mag jy so oud word dat jy ook nog jou kindrs se kinders sien grootword.

Is hierdie nie 'n lieflike Psalm nie? Hierin word presies gesê hoe dit met die huisgesin sal gaan as die hoof van die huis die Here dien! Daar rus 'n ontsettende groot verantwoordelikheid op elke man om te sorg dat sy verhouding met die Here reg is wanneer hy die dag trou, sodat dit in sy huis kan gaan soos die Psalmis hierbo beskryf.
Dit is elke man se verantwoordelikheid om priester van sy huis te wees en om by die Here leiding te kry om sy huisgesin te lei.

Die anderkant van die prentjie is seker ook waar. As jy as hoof van die huis nie die Here dien nie, hoe kan jy verwag dat die Here jou en jou huisgesin sal seën?
Is dit dalk die rede hoekom daar so baie egskeidings in Suid Afrika en wêreldwyd is......?


1 comment:

mariki said...

OomP, hierdie Psalm "sing" op meer as een manier! Is dit nie die soetste woorde nie?

En ek huil in my hande om daaraan te dink dat die egskeidingsyfer binne en buite die kerk, ooreenstem! Ag, dat Sy volk hulle sal bekeer....