Dankbaarheid kan 'n emosionele en 'n blywende toestand wees. "Daar is blydskap wat op gebeure reageer, wat tydelik en onstabiel is en daar is blydskap wat voortduur ten spyte van omstandighede, wat sterk en blywend is." Ek en jy moet egter kies waar ons blydskap wil beleef want dit dra in 'n groot mate by tot ons dankbaarheid.
Indien my blydskap net emosioneel van aard is, gaan my dankbaarheid ook net van korte duur wees terwyl ek daagliks in dankbaarheid moet leef. Ek en jy dink egter ook dat ons net dankbaar kan wees vir die groot dinge, maar wat van die klein goedjies soos bv: jou oë, die feit dat jy kan loop en speel, dat jy kan eet en kan ruik. Wanneer laas het jy jou dankbaarheid nie net aan jou maat en kinders bewys nie, maar ook aan jouself?
Verder moet jy ook onthou dat wanneer ons in ondankbaarheid leef dan gee dit ook op ons kinders af, dan moet ons nie kla wanneer hulle ondankbaar en sonder vreugde is nie.
Die lewe is eenvoudig net te kort om ondankbaar te lewe. Ons het spesiale gawes en vermoëns gekry waarmee ons God moet behaag, maar ons doen dit nie en kan daarom ook nie God eer en verbly soos wat Ef 4:4 dit noem nie.
(4) Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!
(5) Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby.
Dankbaarheid teenoor God kom ook wanneer ons Godelike gedagtes het wat oor die waarheid en eerbaarheid gaan.(Fil 4:8-9) Dit gaan dus om gedissiplineerd te wees en 'n gedissiplineerde lewe te lei tot vergenoegdheid toe en dit is nie 'n gedrag nie, maar 'n gesindheid. Ons moet ons nie oor môre kwel nie, want môre kwel hom oor sy eie dinge. Ons moet God se belofte neem, om eers Sy koningkryk te soek, want sodoende sal ons ontdek wat dit is wat God behaag. Dan verbly ons, ons in Hom.
Friday, May 29, 2009
Thursday, May 28, 2009
WAT KOS JOU GELOOF JOU
Is die naam Maximilian Kolbe aan jou bekend? Wel, hy was 'n Fransiskaanse priester wat gedurende die Tweede Wêreldoorlog ook as 'n gevangene in Auschwitz beland het. Toe ontsnap iemand uit die selblok waar hy aangehou is.
Die reël in Auschwitz was dat as iemand ontsnap, dan word daar tien ander gevangenes willekeurig uitgekies om na die tyd doodgemaak te word. Toe Kolbe egter hoor dat een van die mense wat gekies is om doodgemaak te word self 'n vrou en kinders gehad het, het hy dadelik aangebied om daardie man se plek in die groep van tien ter dood veroordeeldes in te neem. Na twee weke se skrikwekkende marteling is Kolbe toe self ook tragies dood.
Kolbe se onselfsugtige daad van naasteliefde herinner ons aan Jesus se woorde dat daar geen groter liefde is as wanneer iemand sy lewe vir sy vriende aflê nie!
Wat offer ons ooit vir mekaar op?
Wie se lewens is ryker omdat hulle ons ken, of omdat hulle iewers met ons paaie gekruis het?
Moontlik is ons geloof heeltemal te goedkoop! Dalk glo ons veels te maklik omdat dit ons niks kos in terme van opoffering of selfs verloëning nie.

Wednesday, May 27, 2009
NO PAIN, NO GAIN
1Pet1:7 "Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word."
CS Lewis het al gevra waarom daar nie maar 'n ander manier kon wees waarop ons as gelowiges kon groei nie. Hoekom het ons die pyn nodig om te groei? Pyn is een of ander tyd deel van elkeen se lewe. Pyn laat jou ander vrae vra, dit laat jou anders met mense omgaan. Dit laat jou anders bid en soek na God. Pyn stroop jou van oppervlakkigheid en ligsinnigheid.
'n Kosbare aanhaling van Alexander Solzjenitsin: " It was only when I lay there on rotting prison straw that I sensed within me the first stirrings of good. Gradually it was disclosed to me that the line separating good and evil passes not through states, not between classes, not between political parties either - but through the human heart - and right through the human heart - and through all human hearts. I nourished my soul there and say without hesitation: Bless you prison, for having been in my life.
Die pyn in die tronk het hom gehelp om van die grootste ontdekkings van sy lewe te maak. Elke stuk pyn dra 'n geskenk saam. Dit is nie vanselfsprekend dat jy die geskenk gaan ontdek nie, maar dit is daar.
Dalk moet jy weer 'n slag terugkyk oor jou lewe en 'n lysie maak van die pynlike ervarings wat jy beleef het. Dink mooi. Wat het jy daaruit geleer en wat kan jy met jou saamneem die toekoms in? Net jy kan die vraag antwoord.
Elke stuk pyn dra 'n geskenk met dit saam - net jy kan dit ontdek en benut

Tuesday, May 26, 2009
DIE VYF VINGER GEBED
1. Die Duim: Dit is die vinger naaste aan jouself. Bid dus eerste vir die persone naaste aan jou. Hulle is die wat jy die maklikste kan onthou. Dit is my en jou plig om vir hulle te bid.
2. Die Wys vinger: Bid vir hulle wat onderrig, bevele gee en genees. Onderwysers, Dokters, Predikante word ook hierby ingesluit. Hulle het wysheid en ondersteuning nodig om ander in die regte rigting te stuur.
3. Die Middel vinger: Dit is die langste vinger. Dit herinner ons aan ons leiers. Bid dus hier vir die President en regering, die Besigheidsleiers en Plaaslike owerhede. Hierdie mense vorm die nasie en lei deur publieke opinie. Hulle het God se leiding nodig.
4. Die Ring vinger: Hierdie is ons swakste vinger van die hand. Dit moet ons herinner aan ons huwelike en gesinne en hulle wat swak en siek is. Ons kan nooit genoeg bid vir hulle nie.
5. Die Pinkie: Laastens kom die kleinste vinger. Dit is ook hoe ek myself in verhouding met God en andere moet plaas. Die Bybel sê "Die minste sal die grootstye onder julle wees." Jou pinkie moet jou herinner om vir jouself te bid. Wanneer jy eers vir die ander vier groepe gebid het, sal jou eie behoeftes in perspektief geplaas wees en daarom sal jy dan meer effektief vir jouself kan bid.

Monday, May 25, 2009
GOD GAAN NOOIT "OFFLINE" OF OP "VOICEMAIL" NIE
Om aan "internetloosheid' te ly, is baie erg, Vra maar vir mense wat daagliks via die internet kommunikeer en al vir 'n tydlank sonder die stukkie tegnologie moes klaarkom hoe dit voel. Hulle sal jou tien teen een met trane in hulle oë vertel hoe bly, opgewonde en 're-energized" hulle was toe hulle tyd van lyding verby is.
Om 'offline" te wees is maar een van baie dinge wat kommunikasiegapings en frustrasie kan veroorsaak. Wanneer dit gebeur kan mense voel asof hulle kontak met die werklikheid verloor het, asof hulle besigheid sal onder gaan, hulle verhoudings gaan eindig en asof hulle sal mkoet begin hok bou vir die nuwe posduif. Wanneer hulle 'van lyn af "is of wanneer hulle vir 'n tyd lank sonder hulle selfone, blackberries en iPhone's moet klaarkom. Vir mense wat hulle selfone of laptops verloor het, voel dit of hulle hele lewe in duie stort! Die meeste van ons dra ons kantoor, verhoudings, kontak met geliefdes en hele lewe in 'n sak om ons skopuer of aan ons belt saaam met ons! Om "connected te wees is vir mense wat so leef baie belangrik.
Om kontak met mense te verloor en om gediskonnekteerd en offline te wees is 'n ramp, veral as dit met jou gebeur en al die data, nommers en info (wat ons lewe uitmaak) is skielik weg. Was jy al in 'n situasie waarin daar niemand was wat jy kon kontak om selfs net daaroor te praat nie? Of in 'n krisis waarin niemand jou kon help nie? Indien jy nog nie daar was nie, was jy nog nie gedisonnekteerd nie. Ons almal het al tot 'n mate beleef dat ons van ons familie of vriende af weggedryf het. Baie van ons het ook al gevoel of die Here te ver is en gewonder of Sy arm nie dalk tog te kort is om te help en Sy oor te doof is om te hoor nie(Jes 59:1) Dankie tog dat dit nooit vir ons nodig sal wees om uit te roep, "My God, my God, waarom het U my verlaat"(Mark 15:34), soos wat Jesus aan die kruis gedoen het nie. Ons kan met sekerheid weet God sal ons nooit verlaat nie. God gaan nêrens heen nie.
God gaan nooit "offline" nie en Hy "disconnect" nooit. God is altyd in kontak met ons. Ons moet egter met HOM as "service provider" gekonnekteerd wees en sorg dat ons daagliks "airtime" met Hom het en "gerecharge" word deur Hom!
Ds. Dawie van Schoor Jeugleraar

Friday, May 22, 2009
DIE VOLGENDE STAP
Jy het daardie stap geneem en voor die Here gebuig en al jou sondes bely. Van hulle het jy in 'n pakkie voor die Heer neergesit en ander het jy weer een-een bely soos die Heilige Gees jou herinner het. Nou is jy 'n nuwe skepsel in die Here, kyk die ou dinge het verby gegaan en alles het weer nuut geword.
Jou lewe gaan aan soos voorheen en die dag van jou bekering is besig om so effens in die vergetelheid te raak. Jy weet jy het jou sonde bely en jy probeer jou bes om nie sonde te doen nie. As jy die dag iets verkeerds gedoen het dan bely jy dit daardie selfde aand. Stadig begin jy wonder of dit al is wat daar in die geestelike lewe vir jou is. Jy kry tog die gevoel dat jy besig is om iets te mis, maar jy weet nie mooi hoekom nie. Dit gebeur al hoe meer keer dat jy iets verkeerd sê of doen en dit pla jou. Jy is besig om 'n val-en-opstaan lewe te ly. Eendag is jy "on top of the world" en die volgende dag is jy weer so diep in die gramadoelas as wat kan kom. As jy gefouteer het is dit al moeiliker om dit reg te maak. Jy kry die gevoel godsdiens werk nie vir jou uit in jou lewe nie en jy begin wonder of dit als die moeite werd is.
Ons word gewaarsku
Lukas 11:24 Wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus; en as hy dit nie vind nie, sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het.
Lukas 11:25 En hy kom en vind dit uitgevee en versierd.
Lukas 11:26 Dan gaan hy en neem sewe ander geeste, slegter as hy self, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste.
As ons nie gevul is met die Heilige Gees nie, dan is ons in werklikheid leeg, loop ons die gevaar dat die bo-staande met ons kan gebeur. Ons sonde is pragtig uitgewas deur Jesus se bloed en ons is nou nuut maar leeg omdat ons nog nie Gees vervuld is nie. Heiligmaking is 'n tweede genadewerk wat in ons lewens moet plaasvind. Die eerste is sonde vergifnis en die tweede is Gees vervulling.
As gevolg van die sondeval in die paradys het ons 'n ingebore geneigdheid tot sonde doen. Dit is as gevolg van daardie geneigdheid wat die Woord sê ons is in sonde ontvang en gebore en tot ons nie met daardie geneigdheid tot sonde doen gedeel het nie, sal ons aanhou om sonde te doen. Daardie val en opstaan geestelike lewe wat dit vir ons soms so moeilik maak. Ek wil reg lewe maar voordat ek my kon kry ,het ek alweer...........!
Kniel voor die Here en bely aan Hom daardie geneigdheid tot sonde doen, of die sondesmet in jou lewe waarmee jy gebore is. Jy het dit of jy dit wil glo of nie.
Vra Hom om jou skoon te was in Sy bloed, en vra Hom om jou te vul met Sy Heilige Gees, tot oorlopens toe vol sodat daar nie plek vir iets anders in jou geestelike lewe is nie. In gebed gee ook aan Hom alles, alles wat vir jou tot struikeling is en kan wees. Jou man,jou vrou, jou kinders by die naam, jou motor, jou werk, die kollega by die werk wat vir jou 'n steen des aanstoots is.Gee hierdie keer jou alles.
Gee ook vir Hom daardie skuilhoekie in jou hart wat jy tot nou toe vir jouself gehou het.
As jy by hierdie stap in jou lewe kom, dan moet jy die keuse maak om alles op die altaar te plaas. Jy moet bereid wees om al die verkeerde goed af te lê en te laat staan. Daar mag geen klip in jou lewe oorbly wat nie omgedraai is nie.
As jy nie hierdie tweede stap in jou lewe neem nie, sal jy aanhou met daardie opstaan en val lewe en naderhand besluit dat dit nie vir jou is nie en teruggaan na jou ou lewe toe en dit sal erger wees.(Lees weer Lukas 11:26)
Van hierdie punt af moet jy daagliks vernuwe, om godsdiens te speel is dan iets van die verlede.
Liewe Vader, Ek bid vir al my boeties en sussies wat dit ernstig met U bedoel en ek vra dat U hulle sal help om die regte besluit te neem en ten uitvoer te bring. Here help hulle asseblief om korte mette te maak met daardie sondesmet waarmee ons almal gebore is. As hulle hulle voete op die pad van heiligmaking sit Here, help hulle asseblief om daarop voort te gaan. Here dit is nie so maklik om alles op die altaar te plaas nie, maar help hulle om dit te kan doen. Dankie dat ek dit kan vra in die wonderlike naam van ons Verlosser, Jesus Christus,Amen

Thursday, May 21, 2009
HEMELVAART
Reeds 'n klompie jare gelede is hierdie baie belangrike dag vir die Christen van die kalender verwyder. Deur dit af te haal het die wêreld gedink dat hy 'n streep daardeur getrek het, deur dit nie langer 'n vakansiedag te maak nie, sal dit wel metertyd in die vergetelheid raak.
Haleluja, vandag is 'n feesdag vir die kind van God wanneer ons die Hemelvaart van ons Here Jesus Christus herdenk. Jesus is gebore, gekruisig en het opgestaan uit die dode. Dit is noodwendig dat Hy moet terugkeer na waar Hy vandaan kom, terug na Sy hemelse woonplek, waar Hy sit aan die regterkant van die Vader. Jesus moes die aarde verlaat en opgeneem word in die hemel sodat Hy Sy Heilige Gees oor die aarde kon uitstort om by en in ons te kan woon.
Lukas 24:49-53
"My Vader het ook nog 'n baie Groot Geskenk vir julle. Ek gaan hierdie Geskenk binnekort na julle toe stuur. Wag nog net so 'n klein rukkie hier in Jerusalem. Een van die dae gaan julle met baie groot krag direk uit die hemel toegerus word.
'n Rukkie later het Jesus Sy apostels na Betanië toe gevat. Daar het Hy Sy hande oor hulle uitgestrek en God se seën oor hulle afgebid. Terwyl Hy nog besig was om hulle te seën, het hy na die hemel toe vertrek.(is Hy van hulle geskei en is in die hemel opgeneem)Die apostels het op hulle knieë neergeval en Jesus aanbid terwyl Hy van hulle af weggaan. Daarna het hulle na Jerusalem toe teruggestap. Hulle was baie opgewonde oor alles wat hulle gesien en beleef het.
In Jerusalem het hulle elke dag na die tempel toe gegtaan om God te dien en te eer.
Terwyl Sy dissipels nog stip na die hemel kyk, het daar skielik twee manne in wit klere aan hulle verskyn en vir hulle gesê:"Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het. Wat 'n wonderlike vooruitsig het ons nie, om die hoop in ons harte te koester, dat ons Jesus so sal sien terugkom na die aarde om Sy bruid te kom haal!
Is jy gereed om die Bruidegom te ontmoed? Is daar genoeg olie in jou lampie? Jy is die enigste een wat daarvoor kan sorg.
Manne jy is die koning en priester van jou huis. Het jy al jou huisgesin voorberei om gereed te wees om die Bruidegom te ontmoed?
Dit is jou opdrag as man. Voer dit uit!
Die opdrag aan Sy dissipels en dus ook aan ons, wat Sy kinders is, is baie duidelik dat ons aan andere moet vertel van Jesus

Subscribe to:
Posts (Atom)