Wednesday, May 27, 2009

NO PAIN, NO GAIN

1Pet1:7 "Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word."

CS Lewis het al gevra waarom daar nie maar 'n ander manier kon wees waarop ons as gelowiges kon groei nie. Hoekom het ons die pyn nodig om te groei? Pyn is een of ander tyd deel van elkeen se lewe. Pyn laat jou ander vrae vra, dit laat jou anders met mense omgaan. Dit laat jou anders bid en soek na God. Pyn stroop jou van oppervlakkigheid en ligsinnigheid.

'n Kosbare aanhaling van Alexander Solzjenitsin: " It was only when I lay there on rotting prison straw that I sensed within me the first stirrings of good. Gradually it was disclosed to me that the line separating good and evil passes not through states, not between classes, not between political parties either - but through the human heart - and right through the human heart - and through all human hearts. I nourished my soul there and say without hesitation: Bless you prison, for having been in my life.

Die pyn in die tronk het hom gehelp om van die grootste ontdekkings van sy lewe te maak. Elke stuk pyn dra 'n geskenk saam. Dit is nie vanselfsprekend dat jy die geskenk gaan ontdek nie, maar dit is daar.

Dalk moet jy weer 'n slag terugkyk oor jou lewe en 'n lysie maak van die pynlike ervarings wat jy beleef het. Dink mooi. Wat het jy daaruit geleer en wat kan jy met jou saamneem die toekoms in? Net jy kan die vraag antwoord.

Elke stuk pyn dra 'n geskenk met dit saam - net jy kan dit ontdek en benut

2 comments:

Nimsi se Blog said...

Oom Petrus
Hierdie is werklik n besonderse inskrywing!
Jammer oor die verkeerde inligting gister, maar so is dit aan my oorgedra die vorige aand.

Anonymous said...

Dag Oom Petrus
Oums se altyd as jo pad mt di Here maklik raak is da fout.