Monday, May 25, 2009

GOD GAAN NOOIT "OFFLINE" OF OP "VOICEMAIL" NIE

Om aan "internetloosheid' te ly, is baie erg, Vra maar vir mense wat daagliks via die internet kommunikeer en al vir 'n tydlank sonder die stukkie tegnologie moes klaarkom hoe dit voel. Hulle sal jou tien teen een met trane in hulle oë vertel hoe bly, opgewonde en 're-energized" hulle was toe hulle tyd van lyding verby is.

Om 'offline" te wees is maar een van baie dinge wat kommunikasiegapings en frustrasie kan veroorsaak. Wanneer dit gebeur kan mense voel asof hulle kontak met die werklikheid verloor het, asof hulle besigheid sal onder gaan, hulle verhoudings gaan eindig en asof hulle sal mkoet begin hok bou vir die nuwe posduif. Wanneer hulle 'van lyn af "is of wanneer hulle vir 'n tyd lank sonder hulle selfone, blackberries en iPhone's moet klaarkom. Vir mense wat hulle selfone of laptops verloor het, voel dit of hulle hele lewe in duie stort! Die meeste van ons dra ons kantoor, verhoudings, kontak met geliefdes en hele lewe in 'n sak om ons skopuer of aan ons belt saaam met ons! Om "connected te wees is vir mense wat so leef baie belangrik.

Om kontak met mense te verloor en om gediskonnekteerd en offline te wees is 'n ramp, veral as dit met jou gebeur en al die data, nommers en info (wat ons lewe uitmaak) is skielik weg. Was jy al in 'n situasie waarin daar niemand was wat jy kon kontak om selfs net daaroor te praat nie? Of in 'n krisis waarin niemand jou kon help nie? Indien jy nog nie daar was nie, was jy nog nie gedisonnekteerd nie. Ons almal het al tot 'n mate beleef dat ons van ons familie of vriende af weggedryf het. Baie van ons het ook al gevoel of die Here te ver is en gewonder of Sy arm nie dalk tog te kort is om te help en Sy oor te doof is om te hoor nie(Jes 59:1) Dankie tog dat dit nooit vir ons nodig sal wees om uit te roep, "My God, my God, waarom het U my verlaat"(Mark 15:34), soos wat Jesus aan die kruis gedoen het nie. Ons kan met sekerheid weet God sal ons nooit verlaat nie. God gaan nêrens heen nie.

God gaan nooit "offline" nie en Hy "disconnect" nooit. God is altyd in kontak met ons. Ons moet egter met HOM as "service provider" gekonnekteerd wees en sorg dat ons daagliks "airtime" met Hom het en "gerecharge" word deur Hom!

Ds. Dawie van Schoor Jeugleraar

2 comments:

Anonymous said...

Dag Oom Petrus,
Hiri is baja baja moi jmmr x so stil was siek met brongits en nou rekord exams. Hu ganit mt oom se gesondhyt n geluk mt oom se kind se baba.

Grte sam

Oums wil viri baby ietsi mak booties of n tjalie sal oom lat weet aub.

Oom Petrus said...

Hallo Sam,
Dankie vir jou inloer. Ek vertrou dit gaan nou beter met die brongitis. Baie sterkte met die rekord eksamen.
Sam, die baba word eers in Julie gebore. Ons weet darem dit is 'n dogtertjie. Sê vir Oums baie dankie. Enigeiets sal baie welkom wees.
Baie groete daar