Wednesday, January 21, 2009

BEKOMMERNIS

Met erkenning aan Flip Nel


Jesus het ‘n paar harede woorde uitgelaat oor bekommernis. Hy meen dat ons soos heidene is wanneer ons so bekommerd is oor alles. Hy verkies dat ons op Hom sal vertrou omdat Hy ons hemelse Vader is en dat Hy vir ons sorg.
Jesus het vir ons die volgend raad
Moet julle nie bekommer oor wat julle moet eet, drink, aantrek of oor julle liggame nie. Die lewe is belangriker as al die dinge. As die natuur nie eers daaroor bekommerd is nie, is dit ook nie nodig vir my en jou om ons daaroor te bekommer nie. Ons is soveel meer werdas die natuur (Mat 6:25-27)

Moenie oor jou toekoms bekommerd wees nie, want dit sal geen uur by jou lewe voeg nie. Die ongelowiges is gedurig bekommerd oor die dinge wat aan die vlees gemeet word, Die rede vir hulle bekommernis is juis deur dat hulle geen geloof het om aan vas te hou nie, en hou dus vas aan die handvatsel van bekommernis wat deur satan ontwerp is en wat lei na ondergang en selfvernietiging. Moet net asseblief nie vir een oomblik dink daar sal geen moeilikheid wees nie, maar dit hanteer ons met geloof van dag tot dag (Mat6:28-34)
Moenie jou aan die bekommernis oorgee nie, want dit bring net ellende. Dit is in dae soos hierdie, waar dinge nie altyd seepglad verloop,dat ons in die geloof sal groei, daarin sal wandel en dit dan uiteindelik in ons opterede sal uitleef. Begin Vader in die klein dinge ken en vertrou, sien en ervaar geleidelik die uitkoms en soos dinge groter word ken ons hom later in alles wat in ons lewe plaasvind.Komaan, ons moet iewers leer van dit wat die Woord ons leer aangaande geloof in God.

Gebed
Vader, U is die bron van alles wat ek nodig het en dit waarmee ek moet voortbestaan. Dankie date k weet U is ‘n planmaker van alles in my lewe, Amen.

4 comments:

Anonymous said...

Goeie dag, ek is verwys na hierdie blog toe omdat ek met die meeste van die dinge sukkel wat u hier bespreek.Ek besef dat die kommentaar spasie nie bedoel is vir lang gesprek voering nie, en vra by voorbaat onverskoning dat ek presies dit gaan doen.Begrafnis, woede owerspel en bekommernis, goed en wel ons moet en mag seker nie oor hierdie dinge bekommer nie. Hoe begrawe jy iemand wat nie voorsiening gemaak het vir n begrafnis nie? Wat maak jy met jou woede as jy saam met n persoon lewe vir wie die lewe net gaan oor EK- EK- EK en hoe gemaak as jy aand vir aand weet jou man se gedagtes is by se ex vrou as hy sy oe toemaak?
U hoef nie hierop te antwoord nie, ek voel klaar beter.
Tarina

mariki said...

Oom Petrus, hierdie ene is 'n tameletjie waaraan mens maar elke keer weer moet werk -- so is dit in elk geval my ervaring. Maar ek bly oefen, hoor.

Nimsi se Blog said...

Hello Oom Petrus,
weet weer net wat ek vandag nodig het!
Dankie!
Nimsie

Oom Petrus said...

Tarina, Mariki,Nimsi
Dit is en bly 'n menslike stryd, en ons sal daardie stryd stry tot die einde toe. Ek het onderstaandy gecopy en gepaste en vertrou dat dit elkeen tot vertroosting sal wees
Sterkte vir julle

HY IS 'N WONDERLIKE GOD!

GOD IS BY ONS, KOM ONS LOOF HOM!
HY KAN DIE ONMOONTLIKE DOEN EN HY HET JOU BAIE LIEF!
AL LYK ALLES SO ONMOONTLIK VANOGGEND...AL LYK DIT OF JY IN 'N DONKERTE GEDOMPEL IS..., JOU FINANSIES JOU WIL ONDERKRY... AL WIL JOU LIGAAMSPYNE JOU NIE WYK NIE .., AL IS JY FISIES MOEG... Sê GOD DAT JY DIT ALS IN SY HANDE MOET GEE....! HY KAN DIE ONMOONTLIKE DOEN...! AL WAT JY MOET DOEN IS GLO EN VERTROU IN HOM... HY IS VERHEWE BO AL JOU PROBLEME...! LAAT HY GROTER EN MEER WORD VANDAG IN JOU LEWE.. GEE HOM 'N KANS....!
GOD IS BY ONS, KOM ONS LOOF HOM!
HY KAN DIE ONMOONTLIKE DOEN EN HY HET JOU BAIE LIEF!!!