Sunday, January 25, 2009

IS ABORSIE MOORD

Van tyd tot tyd blaai ek so deur die koerante en tydskrifte en lees deur die klein advertensietjies. Een van die advertensies wat my met weersin vervul, is die wat aborsie klinieke adverteer..

As mens vra wat is ‘n aborsie, dan sal jy seker verskillend antwoorde kry! Dit is iets wat my uit die moeilikheid kan help of gehelp het…!Dit gee my vryheid aan my terug…..! Dit neem my ma se verleentheid weg…..! Dit verlos my van ‘n verantwoordelikheid, waarvoor ek nie nou kans sien nie….! Dit maak my lewe baie makliker…!

Daar word blykbaar jaarliks, wêreldwyd ongeveer 55 miljoen aborsies gedoen. Is dit 55 miljoen moorde waaroor geen haan kraai nie?.

Daar is ‘n paar maniere waarop aborsies gedoen word. Een of ander suigaparaat word in die vrou opgedruk en dan word die fetus stuk vir stuk uitgesuig en in ‘n asblik uitgespuit. ‘n Ander manier is om instrumente in ‘n vrou te plaas en dan word die fetus vermink en in stukkies gesny en so verwyder, selfs verwurging van die baba is ook ‘n manier. Presies hoe dit werk weet ek nie.

Is al hierdie moorde geregverdig? Sal God die mens vryskeld hiervan?

Ps139:13 God het die babatjie in die moeder se skoot geweef ! Lewe ontstaan die oomblik dat die twee eierseletjies een word en bevrugting plaasvind. Haai dit is ‘n kunswerk wat God maak wanneer Hy daardie lewe binne in ‘n vrou laat ontstaan!
God het in die eerste plek lewe geskep en Hy het ons as mense die vermoë gegee om voort te plant. Wie is ons om daardie lewe wat God geskenk het te neem? Waar kry ons daardie reg?
Hoe gaan hierdie mense slagting eendag aan God verduidelik word? Spr 6:16-17 (onder andere)…..haat die Here………..hande wat onskuldige bloed vergiet.
Wat is aborsie anders as onskuldige bloed vergiet?

Die persoon wat toestemming gee en haar liggaam aanbied waarop die aborsie uitgevoer word, die persoon wat aandring dat die aborsie uitgevoer word en die persoon wat die aborsie uitvoer het almal ewe groot aandeel daarin.. Elke persoon wat ‘n aandeel in hierdie slagting het sal voor God se troon moet rekenskap gee. Mense dink nou hulle kan daarmee wegkom, maar die wiel draai stadig maar seker tot op daardie dag…!

Die Here was baie lief vir kindertjies en hy vermaan Sy dissipels met…..laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie.., Hy gebruik ook kindertjies se geloof as voorbeeld vir grootmense, wanneer Hy sê dat ons soos kindertjies moet glo..! Mat18:14So is dit nie die wil van julle Vader wat in die hemele is, dat een van hierdie kleintjies verlore gaan nie.

Gebed
Here laat mense se oë asseblief oopgaan sodat hulle sal sien wat doen hulle aan U Vaderhart wanneer hulle hierdie onskuldige bloed vergiet en die Godgegewe lewe wat U gee, neem, Amen.

4 comments:

Nimsi se Blog said...

Na my mening sal daar NOOIT GENOEG GESE KAN WORD OOR HIERDIE ONDERWERP NIE...
Dankie
Nimsi

mariki said...

Ons nuwe president het beloof hy gaan baie vinnig die verbod op aborsie ophef...sy vrou samel groot geld vir hierdie saak in...

Anonymous said...

Goie dag, hierdie inskrywing het my van plan laat verander.

Oom Petrus said...

Hallo Anoniem,
Baie dankie dat jy hier kom kuier het! Ek is die Here so dankbaar dat Hy jou van plan laat verander het. Wees sterk en hou vas aan Hom, Hy sal jou deurdra