Wednesday, January 7, 2009

DIE MENS

Psalm 8: 1-3..
Wat is die mens dat U aan hom dink..., U het hom ‘n weinig minder gemaak as ‘n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid bekroon. U laat hom heers oor die werke van U hande; U het alles onder sy voete gestel....., skape.. , beeste.., wilde diere.., visse.., voëls...

As mens hierdie skrif lees, kom jy agter dat jy met nuwe oë na jouself en jou medemens en ons almal se optrede moet kyk. Daar rus ‘n verantwoordelikheid op ons waarvan ons dalk nie weet of besef nie.
Jy sien daar staan nie dat mense ook onder ons voete gestel is nie.., maar dat die Vader my medemens en myself met eer en heerlikheid bekroon het. Ek moet dus op ‘n sekere manier teenoor my medemens en dus ook teenoor myself optree. Die mens word nie in kleure en geure opgedeel nie maar almal word op dieselfde platform gestel en is gelyk
As God die mens met eer en heerlikheid bekroon het hoe kan ek dan so verkeerd teenoor myself en my medemens optree. Dan verbeel ek my mos dat ek beter is as God, dat ek kan optree soos ek wil en dat ek maar kan afbreek en afkraak soos ek wil.
Kom ons tree op soos mense van statuur, soos wat die Psalmdigter sê ons is. Kom ons behandel dit wat deur God aan ons gegee is om oor te heers met respek.


Wat nou van ons medemens?


Hulle is mos nou nie deel van dit waaroor ons aangestel is om te heers nie....!
Ons optrede teenoor ons medemens laat soms veel te wense oor, ons behandel hulle partykeer asof hulle slang bollie is. Ons praat sleg oor hulle, ons sien net altyd die foute raak, ons veroordeel hulle. Ons dink omdat ons meer as hulle het is ons beter as hulle en hoef hulle nie met respek te behandel nie.
Is dit dalk omdat hulle optrede teenoor hulleself en hulle medemens nie is soos wat dit iemand van statuur betaam nie......?
Gee dit ons die reg om te oordeel? Onthou net ons weet nie wat andere van ons dink en sê nie!
Jy sien dit is ‘n tweesnydende swaard......!!
Kom ons tree teenoor andere op soos wat dit ‘n person van statuur betaam en asof daardie person een van statuur is. Iewers in die woord van die Here staan daar dat die een die ander moet voorgaan in eerbetoon. Wie is ons om teen die grein te gaan?


A little consideration, a little thought for others, makes all the difference. - Eeyore

3 comments:

Anonymous said...

SJOE!!! EINA!!! Is jy n predikant?

Oom Petrus said...

Halo Liewe Anoniem,
Baie dankie vir jou kommentaar. Jy laat my verskriklik geleerd voel as jy dink ek is 'n predikant.
Nee, ek is 'n doodgewone mens wat baie lief is vir die Here Jesus en Sy Woord.
Hoop jy het 'n wonderlike geseende dag

Nimsi se Blog said...

Hello Oom Petrus,
Wil ek nou ampertjies saam met annoniem skree: EINA!
Jy doen baie goed oom Petrus en ek dink jou blog gaan nog GROOT word.
Liefdetjies daar vir julle.
Naomi
xxx