Tuesday, June 30, 2009

GEBED IS BELANGRIK

As jy wil weet hoe gewild 'n kerk of gemeente is - gaan na die oggenddiens
As jy wil weet hoe gewild die leraar is - gaan na die aanddiens
As jy wil weet hoe gewild God is - gaan na die weeklikse biduur.

"Die tyd wat ons aan gebed bestee is nie gemorste tyd nie. Dit is tyd wat teen die hoogste rentekoers belê word en wat die hoogste dividend sal oplewer." (R.A. Torrey)

'n Biddelose gemeente is 'n kragtelose gemeente, want "sonder God kan ons nie, maar sonder ons wil God nie."(Augustinus)

"As ons werk, is dit net mensewerk, maar as ons bid, werk God. en as God werk, wie kan dit keer? (Hans von Staden)

As God dan soveel krag en beloftes aan gebed gekoppel het, as Hy ons soveel keer nooi en beveel om te bid, as Hy telkemale in die verlede gebed op die wonderlikste manier verhoor het, is dit dan verbasend dat die satan alles in die stryd werp om te keer dat ons bid?

Dr. Andrew Murray het eenkeer gesê:
" Ons kan tyd maak vir gebed. Ons doen dit dan vir ons vriende."

Dank aan: Manie Delport

2 comments:

mariki said...

O OomP, dis 'n ding wat my al jarre rondjaag -- die biddeloosheid van die Here se kinders en (meestal) die onbelang van predikante daaroor!!! Mens kan presies op 'n Sondag hoor hoor wanneer 'n dominee in die week op sy knieë voor God was.

Die wêreld sou totaal anders gelyk het indien Jesus se Bruid gebid het soos sy moes.

Oom Petrus said...

Hallo Mariki,
Sê jy nou 'n baie waar ding.
Ons moet waak dat ons nie aan die slaap gevang word nie. Die prys daarvoor is onbetaalbaar.
Groete