Wednesday, June 17, 2009

NAGMAAL OP DIE MAAN

Op Sondag 20 Julie 1969, het Apollo op die maan geland. Die meeste van ons is bekend met Neil Armstrong se woorde: "One small step for man, one giant leap for mankind...." maar bitter min mense weet van die eerste maaltyd wat op die maan geëet is!

Buzz Aldrin se gemeente het vir hom 'n klein nagmaal-stelletjie gegee, wat hy saamgeneem het op die ruimtetuig. Nadat Armstrong se boodskao aarde toe gestuur is, het Buzz die radio afgeskakel, Johannes 15:5 gelees, en nagmaal gebruik - op die maan.

Psalm 139 leer ons dat God orals is. Buzz Aldin het hierdie waarheid geglo en dit uitgeleef. Duisende kilometers vanaf die aarde, het hy alles stilgemaak rondom hom en met God gemeenskap gehad...

Voel God vêr van jou af? Voel jy asof jy op 'n eensame bergtop of iewers in 'n donker vallei is?

Maak nie saak hoe jy voel nie, of waar jy is nie - God is net 'n gebed vêr! Sy teenwoordigheid, is een van Sy grootste geskenke aan ons!

Psalm 139:8 Klim ek op na die hemel, is U daar!

2 comments:

mariki said...

OomP -- dis om van stil te word en 'n danklied te sing vir die Here! Fantasties!

En ja, net so fantasties is dit hoe naby ons Vader is!

Muriel said...

Dankie vir die deel.

Ek glo verseker, dat God en die Heilige Gees in ons en oral om ons is.

My gunsteling woorde en hoe ek ook probeer leef: "Ek travel deur die lewe met my hand in God sin" Dit maak alles net makliker!!