Thursday, June 18, 2009

LAM OP DIE KERKTORING

"n Besoeker aan Noorweë was verbaas om op die top van 'n kerktoring, die beeld van 'n lam te sien.Toe hy navraag doen, is hy vertel dat met die bou van die kerk, een van die werkers van die stellasie afgeval het. Sy medewerkers was oortuig dat hy dood moes wees, maar tot hulle groot verbasing, was hy net lig beseer.

"Maar hoe het hy die val oorleef?" wou die besoeker weet. 'n Trop skape het onder verby gestap, die oomblik toe die werker val, en hy het op een van die lammers beland! Die lam is gedood, maar die man het ongedeerd weggestap! Sy lewe is deur die lam gered! Om hierdie wonderbaarlike redding te gedenk, is die beeld van die lam op die toring aangebring, op presies die plek van waar die man neergestort het.

Johannes die Doper, het Jesus as: "Die Lam van God, wat die sondes van die wêreld wegneem", beskryf in Joh 1:29.Petrus het gesê dat Jesus die gewig van ons sondes gedra het, in Pet 2:24, en Paulus verduidelik: "Gode het Hom in ons plek as sondaar behandel, sodat ons - deur ons eenheid met Christus - deur God vrygespreek kan wees" (2Kor 5:21)

Ons het almal in sonde geval en word daarin gebore (Ps51:7)maar Jesus bied die Ewige Lewe, aan elkeen wat waarlik gered wil word (Joh3:1-16)

Is JY al deur die Lam van God gered?

2 comments:

Nimsi se Blog said...

Oom Petrus
ERE DIE LAM!

mariki said...

OomP, om te kan weet ons is, nie uit verdienste nie maar NET op grond van die genade en die liefde van ons Vader....genoeg om 'n hele ewigheid lank oor te kan jubel!