Tuesday, June 16, 2009

KONTROLEKAMER

'n Komitee is aangestel om 'n fabriek te inspekteer om vas te stel of alles doeltreffend funksioneer. Hulle is oral deur verskillende afdelings rondgewys. Die groot masjiene met baie lawaai het hulle verskriklik beindruk en hulle het vir 'n lang ruk daarna staan en kyk. Toe is hulle na 'n kleiner vertrek geneem, in die middel van die fabriek. Daar was geen masjienerie nie, slegs die verskillend kontrole-punte.

"Dit lyk nie of hier veel aangaan nie", het een van die lede gesê en uitgestap. Die gids het geantwoord: "Dit is net waar u die fout begaan! Hierdie vertrek is die belangrikste vertrek in die hele fabriek! Alles word van hier af beheer!"

In die Christelike lewe is daardie gebedskamer, daardie "stil" vertrek vanwaar jou hele lewe beheer word!! Elkeen van ons het 'n stil plekkie nodig waar ons met die Here kan kommunikeer. Daar kan ons met die Here praat en Hom toelaat om ook Sy wil aan ons bekend te maak, terwyl ons Sy Woord bestudeer! In Matt 6:6 leer Jesus ons die belangrikheid van gemeenskap met Hom, wat slegs in die binnekamer verkry kan word.

Wanneer laas het jy die deur toegetrek en alle wêreldse afleiding uitgesluit en jou hart voor die Vader uitgestort......?

5 comments:

Nimsi se Blog said...

Dankie Oom Petrus,
ek het vanmore weer nodig gehad om hieraan herinner te word!

Anonymous said...

Dag Oom petrus
baja danki vi di stukki ons bid nu as jeug ernstig vi ons jeugfees in july wnt dt lyk nu of dt sal afgstel mut word weens finansis

Oom se orlosie ini kantlyn is gr8.

Grte Sam

Oom Petrus said...

Hallo Nimsi,
Ja dit is eintlik ons beginpunt en eindpunt, daars sonder kan ons nie.
Groete


Hallo Sam,
Ek bid saam met julle en glo dat die Here op sy tyd sal voorsien in die nodige om die jeugfees te laat plaasvind. Ek dink dit is baie belangrik.

Groete

mariki said...

Hierdie saak, OomP, hierdie saak...dankie.

Oom Petrus said...

Hallo Mariki,
Mens wonder hoekom is dit so moeilik om iets te doen wat eintlik die maklikste behoort te wees.
Groete