Thursday, January 15, 2009

AS ONS Sò GLO

Met erkenning aan Mart-marie Page. Toe ek hierdie lees het ek dadelik haar toestemming gaan vra om dit te gebruik

Hier en daar het ek so ‘n bietjie aangepas, daarvoor het ek nie toestemming gevra nie.

Ek lees tans ‘n boek waar die wonderwerk van die man van Betesda opgehaal word (Joh. 5), en die 100% gelowige reaksie van hierdie man het my voete onder my uitgeslaan.

Om die bad Betesda het baie gestremdes gelê en wag dat die Engel die water roer. Diegene wat dan eerste in die water ingaan word genees. Toe Jesus by die bad aankom, het Hy by ‘n man gaan stilstaan wat al 38 jaar wag om genees te word. “Wil jy gesond word” vra Jesus hom.Hy het nie ‘Ja!” uitgeskreeu nie – miskien het hy gevoel dit is voor die hand liggend? Hy verduidelik net aan Jesus, hoekom hy nog nie in die bad kon kom nie... en wat was Jesus se reaksie daarop?

“Staan op tel jou goed op en loop.” (vers8) sê Hy eenvoudig.

Ek het gewonder wat my reaksie in sy skoene sou wees…!

Hierdie man wat so lank nie kon loop nie, doen presies dit wat Jesus hom sê om te doen – hy staan op en loop (vers9)

Hoe wonderlik moet en kan dit wees as ons Jesus se woorde ernstig opneem ….

As ons Hom glo dat ons kosbaar en waardevol is…
As ons Hom glo dat ons nie oor more hoef te bekommer nie….
As ons Hom glo dat Hy die beste vir elkeen van ons wil hê….

Ek is mal oor die storie van die troep wat agter Napoleon se weghol perd aangehardloop en hom gevang het. Toe hy die perd vir die keiser terugbring, bedank Napoleon hom met..”Dankie Kaptein..”
Met daardie woorde is die troep bevorder. Toe die keiser dit sê, toe glo die troep dit. Hy het na die Kwartiermeester gegaan en ‘n nuwe uniform gekies, hy het ‘n nuwe bed in die offisierskwartiere gaan kies en toe by die offisiersmenasie gaan eet.
Die keiser het dit gesê, hy het dit geglo en daarvolgens opgetree!

Is dit my en jou storie ook?
Bed-opvat en opstaan? Glo en gaan uitleef?
As ons besluit om te glo soos wat God dit vra, sal dit ons storie wees!
Dit is elkeen van ons se keuse vandag……..!!

6 comments:

Anonymous said...

Liewe Oom pertrus, ek weti of jy rgtig al n oom issi, maar onnner al jo post staan dit so, danki viri blog k lesi mee my dgstukkis ni net hie.
Sam

mariki said...

Ai,laat ons die oorwinningslewe tog voluit leef!

Nimsi se Blog said...

Hello Oom Petus,
Kan ek maar saam met sam stem en net se "dankie vir die blog"
Liefdetjies
Nimsi

Oom Petrus said...

Sam en Nimsi,
Ek kan dit nie doen nie,dit is die Here wat die gedagtes in my laat opspring en ek pen dit net neer. Alle eer aan Hom!

Mariki,
Ons moet,dit word van ons verwag en dit is op die koop toe nog lekker ook!

Muriel said...

Hierdie blog is Inspirasie op sy beste!!!

Dankie Oom Petrus!

Oom Petrus said...

Hallo Muriel
Baie dankie vir jou inloer.
Vertrou jy het 'n wonderlike naweek