Monday, January 12, 2009

KLIM IN ‘n BOOM

Het jy al daardie uitdrukking gehoor. “ek klim sommer in ‘n boom en verlaat die aard”?

Dit is iets wat gesê word wanneer jy net total keelvol is vir die omstandighede om jou en jy voel jy word gedruk totdat jy dit nie meer kan hou nie.

Dan wil jy weghardloop van alles en almal af en iewers in ‘n gat gaan wegkruip waar jy nie nodig het om alles te hanteer nie.

Hierdie gevoel wel in jou op soms wanneer dit moeilik gaan by die werk! Vernaam nou in hierdie tyd wat die wêreld se ekonomie op sy gesig lê en afleggings almal in alle sektore van die ekonomie in die gesig staar. Ons weet nooit vooraf of dit dalk ek sal wees nie, almal hoop maar om dit vry te spring... Algemene rugstekery is aan die orde van die dag want elkeen veg net vir sy eie plekkie in die son.

Soms wanneer jou huwelik en gesin deur ‘n moeilike fase gaan…, gewoonlik as gevolg van geld…., die gebrek daaraan nooit die oorvloed nie. Dan voel jy asof alles vir jou te veel word.

By die jongmense gaan dit oor gebroke verhoudings…, matriekuitslae…., kry nie werk nie…, kom nie met pa oor die weg nie, kan nie die ouers tevrede stel nie…, ag dan word alles net te veel.

As die storms so om jou woed Dan….. oorweeg jy dit sterk om in die boom te klim…...!!

Moenie alleen voel nie, dit is ook net nie in vandag se dae dat mense so voel nie, daardie gevoel kom al vir baie eeue saam met die mens.

Hoor bietjie wat sê Dawid in Psalm 55:7 - 9 …Ag had ek maar vlerke soos ‘n duif, dan sou ek wegvlieg en wegbly! Kyk ek sou ver wegvlug; ek sou vernag in die woestyn! Gou sou ek vir my ‘n skuilplek soek teen die onstuimige wind, teen die storm.

Dawid is moeg vir die drama in sy lewe en wil nou net wegvlug van alles en almal af… sommer in eensaamheid in die woestyn gaan wegkruip.

Nadat hy ‘n bietjie “gesulk” het kom hy by die oplossing van al sy probleme in vers 17 Maar ek, ek roep God aan, en die Here sal my verlos……….vers 23 Werp jou sorg op die Here, en Hy sal jou onderhou; Hy sal nooit die regverdige laat wnkel nie.

Daar! Nou het jy ook die oplossing….., bly liewer uit die boom uit……

5 comments:

mariki said...

Pragtige oplossing, dié ene, vir ons moedeloosheid.

Nimsi se Blog said...

Ai tog oom Petrus, en ek loop so en "boom-soek" die afgelope ruk!
Groetnis
Nimsi

Oom Petrus said...

Nimsi,
Loop ons nie maar almal van tyd tot tyd en "boomsoek" nie.Maar soos Mariki mee saamstem, daar is vir ons 'n oplossing
OP

Anonymous said...

So dankbaar dat hierdie blog by my aanbeveel is, ek sukkel met elkeen van hierdie dinge wat u tot hiertoe bespreek het! Plaas tog n stukkie as u kan oor ONTROUHEID hoe behandel jy die vrou waarme jou man jou al jare verkul.
Wie is die ou mooi seuntjie op die foto?
Dankie
Carina

Oom Petrus said...

Liewe Anoniem,
Dankie dat jy ingeloer het.Ek waardeer elke besoek.
Die seuntjie is vriende in Swaziland se jaar oue mannetjie en sy naam is Louis
Sterkte met die ander saak