Wednesday, January 14, 2009

KRUISIGING STATISTIEKE

Die volgende groot gebeurtenis in die Christen se lewe is die herdenking en dankbaarheids betoning van die kruisiging van Jesus.

• Jesus is op die ouderdom van 33 ter dood veroordeel vir ‘n misdaad wat Hy nie gepleeg het nie.
• Hy is gevonnis om gekruisig te word. Dit was toe die wreedste vorm van teregstelling.
• Die spykers was groot, 15-20 cm lank. Nie rond soos vandag nie maar plat vierkantig.
• Die spykers was deur die polse geslaan en nie soos algemeen aanvaar word deur die handpalms nie.
• Daar is ‘n spier wat van die pols na die skouer strek. Wanner die spykers deur die polse gekap word, skeur hierdie spier af wat veroorsaak dat die liggaam in ‘n regop posisie na vore platval, die lug uit die longe pers en vloei van lug na die longe afsny. Die rugspiere moet dan nou gebruik word om die liggaam regop te bring sodat lug in die longe getrek kan word.
• Om dit reg te kry moes Jesus met daardie twee deurboorde voete teen die spyker trap om te help om die liggaam regop te kry. Die voete kon nie baie stremming vat voordat die vleis begin skeur nie, dus moes Hy net ‘n bietjie trap en dan weer los.
• Dit het Jesus uitgehou vir meer as 3 ure, ja meer as 3 ure het Hy geworstel om asem te kry.
• ‘n Paar minute voor Sy dood was daar nie meer bloed nie en het slegs water uit Sy liggaam geloop.
• Jesus het nie beserings gehad nie, maar wonde, Hy het nie meer bloed in sy liggaam gehad nie, net water. In ‘n volwassene is daar ongeveer 3.5 liter bloed. Dit het Hy alles verloor.
• Hy het drie spykers in Sy liggaam gehad, ‘n doringkroon is op sy kop ingevorseer, sy rug was een bloederige massa geslaan, tot so ‘n mate dat Sy binnegoed sigbaar was deur Sy ribbes en ‘n Romeinse soldaat het Hom met ‘n spies in die sy/bors gesteek.
• Hy is verneder, die skare het op Hom gespoeg en met klippe gegooi terwyl hy die kruis vir amper 2 kilometer moes dra. Blykbaar het net die dwarshout ongeveer 30 kilogram geweeg.

Toe ek hierdie statistiek van Jesus se dood lees, het dit my weer van vooraf aangegryp en opnuut laat besef hoe duur die prys regtig was. ‘n Prys wat Hy bereid was om te betaal vir jou en my. Hoe kan mens Hom ignoreer en niks met hom te doen wil he nie! Hoe kan ons aanhou om die verkeerde ding te doen waarvoor Hy met elke druppel bloed in Sy liggaam betaal het! Hoe kan ons se, “Here U is nie my Verlosser nie”! Hoe kan ons se daar is nie ‘n Vader in die hemel nie!

Hoe kan ons in die waan leef en aan mekaar die leuen van Satan verkondig dat ‘n liefdevolle God nie mense in die hel sal werp nie.

Jesus het sonde geword aan die kruis en God die Vader het SY kop weggedraai toe Sy seun aan die kruis gesterf het. As God toegelaat het dat sy enigste Seun daardie prys betaal, dink jy regtig dat God jou in Sy hemel sal toelaat as daar sonde in jou lewe is.

Moenie agter ‘n liefdevolle God skuil en dink jy sal die hel vryspring in jou staat van sonde nie.

Ag nee! Bely jou sondes en laat staan dit…., verander jou lewe. sodat God nie nodig het om jou in die hel te werp nie!

2 comments:

mariki said...

Oom Petrus, hierdie leuen van almal sal in die hemel kom want God is 'n God van liefde, is sekerlik een van die duiwel se gewildste leuens. Dis so angswekkend om te dink terwyl ons hier gesels, word mense in die verdoemenis ingeslinger en dit omdat hulle die God van hemel en aarde nie wou eer nie. Laat ons Hom verheerlik met alles waartoe ons in staat is.

Oom Petrus said...

Mariki, Jy is heeltemal reg oor die leuen. Mense glo dit en leef daarvolgens ipv om hulle lewens met God reg te maak.