Friday, January 23, 2009

MINDERWAARDIGHEID

Baie mense in ons samelewing loop met ‘n minderwaardighieds kompleks rond en dit is iets wat die meeste mense met hulle saamdra tot die einde van hulle lewens.

Wat is minderwaardigheid? Dit is die gevoel wat mense in hulle ronddra dat hulle nie so goed is soos die volgende person nie. Dit mag beperk wees tot sekere dinge in hulle lewens of dit kan sommer net in alle opsigte wees.
Ek voel minderwaardig teenoor my sussie of boetie, want hulle het verder as ek geleer. Hulle kommunikeer op vlakke wat ek nie verstaan nie. Hulle verdien baie meer geld as ek, ry ‘n baie beter motorkar as ek......!!
Ek voel minderwaardig omdat ek nie kinders kan kry of verwek nie..... omdat ek puisies het....oorgewig is....nog nie getroud is nie....nie matriek gemaak het nie.....nog nie ‘n spesiale seuns of meisie vriend het nie.......dom is.....!

Waar kom minderwaardigheid vandaan? Dit kan sy oorsprong in jou kinderdae hê! Dit kan so maklik gebeur dat ‘n ouer of ouers ‘n kind se selfbeeld aanhoudend afkraak. Dit gebeur baie keer in huishoudings waar oormatige gebruik van sterkdrank aan die orde van die dag is. Of waar die vader- en soms ook die moederfiguur, onvergenoeg is met alles in die lewe, aggressief is of aan depressie ly!
As hulle dan in die toestand verval, haal hulle dit op die kinders uit, beledig hulle en kraak hulle af. Die kinders kan dan niks goeds doen in die oë van die ouers nie. Hierdie aanhoudende beledigings word naderhand deur die kinders geglo. Dit laat blywende skade op die kindertjies se gees en gemoed, wat in latere jare vir hulle in baie groot problem word en hulle strem in hulle lewe of werk.

Dit gebeur ook baie in ‘n huwelik dat die man die vrou aanhoudend afkraak, jy kan nie soos my ma kook nie..., jy het vet geword sedert ons getroud is, jy lyk verwaarloos mens kan jou ook nie meer uitneem nie, jou hare hang sulke toiings jy kyk nie meer na jouself nie. Net soveel gebeur dit dat die vrou die man afkraak, jy kan my nie bevredig nie, joune is te klein. Jy verdien te min geld omdat jy ‘n ......... is, my boetie is ‘n..........en hy verdien tien maal soveel as jy. Kyk na hulle mooi nuwe duitse motor en die nuwe bakkie en die “quadbike “of waterponie, kyk na die buurt waar hulle woon.....!

Ja dink net hoeveel skade aan mense gedoen word deur hulle aft e kraak. As dit lank genoeg aangaan dan glo die person wat afgekraak word dit, wat keer op keer voor sy kop gegooi word. Die person glo hy is nikswerd en ly naderhand aan ‘n groot kompleks van minderwaardigheid.
Ek glo, en dit is my eie opinie, dat geen mens met ‘n minderwaardigheidskompleks gebore word nie. Dit is iets wat ontwikkel as gevolg van invloede van buite.

God het ons almal volgens Sy beeld geskape, en God maak nie foute nie. God wil nie hê jy moet minderwaardig wees nie, want God het nog nooit ‘n minderwaardige mens geskape nie.
God is nie minderwaardig nie!!

Liewe Vader in die hemel, U is die Anker waaraan ons almal moet vashou, anders word ons verswelg deur die omstandighede om ons. Daardieselfde Anker kan ook keer dat ons deur hierdie satan gedrewe emosie van minderwaardigheid verswelg word. ‘n Emosie wat vir ons as mens ook van U af kan weghou omdat ons mag dink dat ons nie waardig is om na u te kom vir vergifnes van sonde nie. Help ons asseblief en kom ons kleingelowigheid te gemoed , Amen

5 comments:

Anonymous said...

Dit klink so half of jy my ken of dalk my storie al iewers gehoor het!

Muriel said...

Ek sien hierdie so baie! En ek stem 100% saam, geen mens word met minderwaardigheid gebore nie.

Ek grap altyd hieroor: ek het 3 manne in die huis en is altyd besig om vir hulle te vertel hoe oulik en slim hulle is. Vandat die kinders klein is het ek dit al gedoen!

Dit is net snaaks hulle het nie "grootkoppe" gekry hiervan nie! he he

Hierdie is 'n vreeslike hartseer storie! Sommige kinders se minderwaardigheid maak dat hulle wegkruip vir die lewe. Wanneer jy vir hulle 'n kompliment of aandag gee blom daardie gesiggies!

Geniet die naweek!

mariki said...

Ek vermoed dat baie meer mense as wat ons dink, onder hierdie wolk leef, en dis so vergiftigend.

Nimsi se Blog said...

Dierbare Hemelse Vader,
Baie dankie dat ek vanmore saam met Oom Petrus hierdie gebed uit my hart uit kan bid en daarop kan se AMEN.
Nimsi

Oom Petrus said...

Hallo ALMAL,
Dankie dat julle kom inloer het ek waardeer dit regtig.
Ja ons ly seker in 'n mindere of meerdere mate aan hierdie ding! Ons moet net nie dat hy ons verswelg nie. Met die hulp en genade van die Here kan ons dit oorkom
Geniet die naweek