Saturday, January 17, 2009

OWERSPEL/ONTROUHEID

Hierdie onding is deesdae aan die orde van die dag, nie dat dit nie vroeër dae ook gebeur het nie....dit het selfs in Bybelse tyd gebeur, dink maar aan Dawid en Batseba. Die dimensie daarvan het egter ook heeltemal verander. Om saam met ‘n ander vrou of man koffie te drink in ‘n koffiewinkel kan in hierdie tyd gesien word as ontrouheid aan jou maat ......saamslaap is nie noodwendig nie.
Wat maak dat die een maat aan die ander ontrou is? As ek nou so mooi daaroor dink, kan daar vele redes voor wees.
Iemand het gesê “die man bly die jagter, en as die jagseisoen verby is vernietig hy tog nie sy geweer nie.” Dit mag so wees, maar om buite seisoen te jag is onwettig. Solank jy getroud is het jou “buiteseisoen” aangebreek en jy mag nie jag nie.
My man of vrou verstaan my nie....! dit is ‘n goeie verskoning om “verstaan” in iemand anders se arms en bed te gaan soek. Vraag is hoekom sit julle nie en kyk mekaar in die oë en gesels met mekaar nie. Kommunikasie of die gebrek daaraan, is seker een van die grootste redes hoekom huweliksmaats voel dat die ander een verstaan hom of haar nie. Luister ook ‘n slag.., moet nie net aanmekaar praat nie
My man of vrou het my nie meer liefe nie....! Is dit....? Is liefde dan ‘n emosie wat mens kan aan of af skakel? Wat het geword van daardie ewige trou en liefde wat julle voor die kansel aan mekaar belowe het?
“Ons is nie op dieselfde intelektuele vlak nie...!” Haai, waar was jy toe julle getroud is, toe julle mekaar die hof gemaak het? Julle het toe mos met mekaar gesels...(hopelik), jy het toe mos al agter gekom julle is nie op die selfde vlak nie. Dit is mos nie iets wat na die huwelik verander het nie!!
“Ons het net na werk in ‘n groep gaan ‘n drankie drink......en toe het hy/sy my verlei!” Bull twang man...., wat gaan soek jy na werk saam met die groep by ‘n uithang plek. Jou plek is mos by die huis waar jou maat en huisgesin na jou teenwoordigheid verlang. Jy het met voorbedagte rade saam met die groep uitgegaan in die hoop dat jy ietsie sal optel.....!
Is al hierdie nie maar net verskonings om jou wellus te bevredig nie. Vir elke man wat ontrou is, is daar ook ‘n vrou wat aan haar man ontrou is, of ‘n ongetroude vrou/man wat deur hulle drange gedryf word om ‘n man of vrou se aandag te vang. Hoe jy ookal daarna kyk, albei partye moet gewillig wees anders kan en sal daar niks gebeur nie.
Meneer/Mevrou, het jy nou al daaraan gedink hoe jou maat oor jou ontrouheid voel? Dink jy dit is vir hom/haar lekker om aand vir aand vir jou by die huis te sit en wag. Opgewond te voel elke keer as daar ‘n motor in die straat af kom. Het jy al daaraan gedink dat jou huweliksmaat dalk die person met wie jy ontrou is ken? Hoe dink jy moet hy/sy voel wanneer hulle in mekaar se geselskap beland?
Plaas jou skelmverhoudings jou nie onmiddelik op ‘n plek waar jy nie wil wees nie. Wil jy vir die res van jou lewe altyd in die skaduwees rondsluip, lieg oor jou doen en late...,die veertjie in jou hoed mis....met kettings geboei wees?
Nou onlangs die verhaaltjie gelees van die paartjie wat net so op toemaaktyd by die wegneemete saak inloop. In die warboel gee die dametjie agter die toonbank toe aan hulle die pakkie waarin die dag se geld is ipv hulle kospakkie. Toe die paartjie dit by die huis agterkom, besluit hulle om dadelik terug te gaan en die geld te gaan terug gee. By die winkel aangekom is alles in rep en roer soos daar na die geld gesoek word deur die dametjie en haar bestuurder. Toe hulle die geld teruggee, wil die bestuurder net die koerante skakel sodat ‘n foto geneem en ‘n berig oor hulle eerlikheid in die koerant gepubliseer kan word. Die paartjie moes toe die bestuurder vra om dit nie te doen nie aangesien ‘n foto in die koerant hulle skelm verhouding op die lappe sou bring....!
Owerspel en ontrouheid is die oortreding van een van God se erkende wette Exodus 20:14 Jy mag nie egbreuk nie. Dit is sonde..., as jy daarmee aanhou en dit nie bely en laat staan nie, sal jy eendag voor God se troon staan en moet antwoord gee hoekom jy nie moet hel to gaan nie.
As jy verder in Psalm 51 lees, dan kom jy agter wat owerspeligheid en ontrouheid alles van jou maak: jy is ‘n oortreder..., jy is ongeregtig..., jy is sondig..., jy is onrein.....jy is vuil....jy het nie meer vreugde of blydskap nie...! Weet jy dat Dawid selfs moord laat pleeg het vir die vrou Batseba, daar was tot bloed aan sy hande.
Is dit hoe jy deur die lewe wil ploeter?
Hoor net bietjie wat sê Dawid nadat Natan hom gekonfronteer het met sy owerspel en ontrouheid met Batseba en hy onder die oortuiging gekom het dat dit verkeerd is.
Psalm 51:(3) Wees my genadig o God, na u goedertierenheid; delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid. (9) Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees......(12) Skep vir my ‘n rein hart, o God........(13)Verwerp my nie van u aangesig nie....(16) Red my van bloedskuld o God....?
Dink net hoe kragtig God vir Dawid gebruik het nadat hy sy sonde van owerspel, ontrouheid en moord bely en laat staan het.
Wat nou van die seer wat daar in die huweliksmaat oorbly nadat jy aan hom/haar ontrou is of was.
Ek wens ek het vir diegene ‘n kits oplossing gehad, maar daar is nie. Omdat die mens so ‘n komplekse wese is wat bestaan uit siel, gees en liggaam, het die seerkry baie groot impak op die persoon. Dit gaan ook nie help om jou kop in die sand te steek en te sê ek sal maar self daaroor kom nie..., jy sal nie! Jy sal moet ‘n berader sien om jou te help om perspektief op die saak te kry en jou te help om daardeur te werk, anders gaan jy die bagasie vir die res van jou lewe saam met jou dra.
Soek hulp!!!
Gebed
Hemelse Vader daar is baie mense in ons land en oor die hele wêreld wat met hierdie problem worstel. Mans en vrouens wat gebroke is omdat hulle huweliksmaat aan hulle ontrou is. Help hulle asseblief Vader om die vrymoedigheid te hê om te gaan hulp soek vir hulle seer.
Vader, maar ek wil ook vir hulle bid wat in ‘n staat van ontrouheid staan! Maak asseblief hulle oë oop dat hulle kan sien wat hulle doen is verkeerd. Help asb dat hulle nie verblind word deur hulle wellus nie? Versag hulle harte Vader dat hulle sal los waarmee hulle besig is en terugkom na U toe.
Vader, ek bid ook dat u die Beraders sal wysheid gee om die mense wat seergekry het te help om daaroor te kom
Bind asseblief die werke van satan wanneer hy prober om Christen huwelike en huisgesinne op te breek.
Ek vra dit in die naam van Jesus Christus ons Verlosser en Saligmaker.
Amen

Vir diegene in en om Rustenburg wat dalk met so ‘n problem worstel. Daar is opgeleide beraders beskikbaar wat jou kan help, moenie alleen aan die vrag dra nie.

8 comments:

Anonymous said...

Baie dankie vir hierdie stukkie, ja ek weet dit alles, sien al baie jare n berader/s niks help, ek kan nie wegbly van anner vrouens nie. My eerste vrou my so verneuk dat ek net voel ek is iets werd wanneer ek in so n skelmpie se arms is! My vrou is baie goed en dierbaar (my 3de vrou) maar nie eers haar pleit en trane kan my keer nie!
Flippie

Anonymous said...

Ek kan net saam met die skrywer van hierdie blog stem, kry hulp as so iets met jou gebeur het of besig is om te gebeur. My vrou my 8jaar gelede gelos vir die buurman 8jaar van hel! sien nou n berader vir njaar en dit begin nou effens beter gaan.
Gert Botha

Oom Petrus said...

Flippie,
Ek het simpatie met jou.Ek dink nie berading alleen is genoeg nie. Jy sal van jou kant af ook moet help as jy die probleem regtig wil oorkom. Jy sien nou al vir jare 'n berader, miskien moet jy 'n verandering maak op daardie gebied. In watter dorp/stad bly jy?



Gert,
Ek is saam met jou bly dat daar 'n verbetering is. Hou vas aan die Here Hy sal help.

Anonymous said...

Oom, baie dankie, my berader beveel aan dat ek skei, maar ek oorweeg dit geensins nie. Wat het gister gebeur? ek het heeldag gevoel soos een wat met net een skoen aan loop.
Groete
carina

Oom Petrus said...

Hallo Carina,
Baie dankie vir jou inloer.
Moes gister eers bietjie asemskep na 'n baie besige week
Groete

Anonymous said...

Baie dankie vir die vir die stukkie. My vrou het dit aan my gedoen. Sy het n verhouding aangeknoop met n ander man wat so maand geduur het en hulle het in die maand 3 keer saam geslaap, 2 keer in ons bed en die 3de keer in n hotel kamer. Sy het ons 4 jaar oud seuntjie by haar ma afgelaai daai aand en gese sy gaan koffie drink. Ek het so week na die 3de keer uitgevind en sy het alles verbreek en huil elke dag nou al vir 6 maande dat sy jammer is en nie weet hoekom sy dit gedoen het nie. Die probleem is ook dat sy in daardie selfde tyd swanger geword het, maar ons weet nie of dit my kind of sy kind is nie. Dit sal ons eers in Desember 2010 weet wanneer die baba gebore word. Ek is lief vir haar en wil nie sky nie, maar die seer wat ek in my hart van dag tot dag dra is te veel. Ek voel ook so dat die huweliks berader wat ons sien nie help nie. Ek het al met die dominie by die kerk gesels en huil amper daagliks soos n klein kind. Ek voel so verneder, bedrieg, verkleineer, dat my waardigheid aangetas is en ek ontneem is van die lewe. Dit voel so of ek dae laas geeet het, maar ek probeer sterk wees vir haar en ons kind. Ek weet van ervaring dat dit nie maklik is nie en het al daaraan gedink om die ander man skade aan te doen. Ek kom net nie so ver nie, want ek weet dat my seun moontlik dan sonder my sal moet groot word en dat hy sal dink dit is sy skuld as ek moet tronk toe gaan of self moord moet pleeg vir liefde teenoor sy maen my vrou, die vrou wat die middel punt van my wereld is. Ek weet nie hoe om haar te vergewe nie maar probeer regtig hard. Dit gaan goed vir so 2 of 3 weke dan sien ons iets of iets word gese en dan is alles weer net een groot gemors. Ek bid dat die Here my sal help en bystaan en die krag sal gee om te vergeet hier van. Ek wens dat ek ek pil kon drink en dat die gedagte net heeltemal sal verdwyn en ek nooit hiervan geweet nie.

Baie seer
Port Elizabeth

Oom Petrus said...

Hallo Anoniem, Dit is met diepe meegevoel dat ek jou briefie gelees het.Ek is so jammer dat die berading nie help nie. Aan jou woorde lei ek af dat jy gelowig is. Daarom wil ek voorstel dat jy en jou vrou na die Here toe gaan met die probleem en dit aan Sy voete neerle. Dan dink ek dat jy haar moet vergewe en haar vryspreek. Dan moet julle aangaan met julle lewe. Net 'n vraag is dit regtig nodig om te weet wie die kind se pa is. Gaan dit nie net meer ongelukkigheid in jou siel veroorsaak nie. Moet jy nie maar berus en die kind grootmaak en aanvaar dat dit joune is nie. Ek dink aan jou en ek sal vir jou bid.
Sterkte

Anonymous said...

Ek het die blog gelees en ek kon my oe nie glo. Dis so waar wat daar gese is. Ek en my verloofde is al 15 jaar saam en in die 15jaar het hy my al 4 keer verneuk. Ons het 3 kinders saam en elke keer vra ek God om my die krag te gee en weer te probeer Des 2010 het dit weer gebeur en ek weet nie hoekom maar die keer voel dit net erger want ek het die ander vrou geken en sy is 16 jaar jonger as my verloofde. Ek het nou al met so baie mense gepraat en geluister en dit voel net nie of ek van die haat vir die ander vrou binne my kan onslae raak nie. Dit hou net nie op. Sy bly hom sms en bel en as hy hoor dis sy druk hy dood delete haar smse en hy glo sy sal die boodskap kry en hom wel uitlos. Maar toe vind ek uit hy het haar weer n sms gestuur wat hy haar gevra het vir goed wat agtergebly het in die tyd wat hulle saam was. Ek het so baie gehuil en dis asof hy nie rerig besef hoe seer dit my maak. Hy bly my vertel dis ek wat rond loop en Here is my getuie dat ek in die 15 jaar nog nooit dit gedoen het nie. My ma het my nie so groot gemaak en ek kan nie verstaan elke keer as hy uitgevang word is dit ek wat onder kruisverhoor geneem word en beskuldig word. So 2 dae terug toe sms die ander vrou my en se as ek my man gelukkig hou sal hy nie rond loop, maar ek kan in alle eerlikheid se ek sit my hele hart en siel in die verhouding. My ma bel my elke uur net om te hoor of ek ok is. Almal om my se ek moet hulp kry vir ons en ek weet nie wat se hulp. Ek bly in die Oosrand en sal rerig al die hulp wat ek kan kry met ope arm aanvaar. Ek wil net die seer laat weg gaan asb