Wednesday, January 7, 2009

WOEDE

Woede is ‘n emosie wat al baie mense in groot moeilikheid laat beland het en kom voor by alle ouderdomme en geslagte.
Woede is ‘n emosie wat ontstaan wanneer ek voel dat ek benadeel word. Dit gaan altyd oor ek, ek, nooit oor jou nie. Ek gee nie ‘n flenter om hoe jy voel nie, net oor hoe ek voel.


Woede is ook ‘n emosie wat nie brieke het nie. As dit eers ontvlam het is daar geen keer aan nie. Dan wil ek net veg en as die eerste hou geval het of die eerste woord van teenstand ge-uiter is, dan is dit soos ‘n rivier wat afkom..., dit sleur almal en alles saam.
Bewaar die person wat inmeng of prober om water op die vuur te gooi, dan het hy ook moeilikheid. As die geveg tussen man en vrou is, het die inmenger nog groter moeilikheid want dan draai man en vrou in ‘n gesamentlike front op hom.


As dit dan uitgewoed het en nie op ‘n tragedie, soos aanranding, moord of gesinsmoord uitgeloop het nie is ons net dankbaar.
Dan volg daardie stil stuipe, “stille diplomasie” wat soms ure, dae en weke aanhou.
Die geveg word oor en oor in ons koppe geveg. Wat het sy gesê.... wat het ek gesê.... ek soek die heeltyd na die regverdiging vir wat ek gesê of gedoen het.. Hy het net gekry waarvoor hy gesoek het...! Dit sal hom leer om nie sy neus in my sake te steek nie...!


‘n Woede uitbarsting is seker nooit sonder ‘n rede nie, maar in bitter min gevalle is die rede regverdigbaar.


As jy voel dat die woede in jou opwel.... tel..1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10 en gaan drink ‘n glas koue water. Dan het jy met oorwinning uit die stryd getree.


Vergewe en vergeet....., dit is beter vir jou siel.

Want die toorn.......bewerk nie geregtigheid voor God nie - Jakobus 1:20


Anger makes you smaller, while forgiveness forces you to grow beyond what you were – Cherrie Carter-Scott

7 comments:

Nimsi se Blog said...

Ek moes vroer hier kom lees het. Ek was lanklaas in my lewe so woedend kwaad vir iemand soos vanoggend vir die man wat aan die ford werk.
Nimsi

Oom Petrus said...

Nimsi, Dit is moeilik soms raak dinge bietjie rof en ons spring uit rat uit.
Iewers in die Bybel staan daar: "..word toornig, maar moet nie sondig nie.."
Ons moet maar net daarvoor oppas
Sterkte
Oom Petrus

Anonymous said...

wat van woede wat jare saamkom vir iemand wat jou as kind te na gekom het

Oom Petrus said...

Hi Anoniem,
Dankie vir jou kommentaar. Waarmee jy sukkel is baie moeilik , maar sal daarmee moet deel. Jy kan my gerus direk op my e-pos vasti@vodamail.co.za kontak, dan kan ons dalk daar bietjie beter gesels.
Groete en sterkte

mariki said...

Oom Petrus, dankie. En ons Jesus is die wonderlike voorbeeld van sagmoedigheid in die aangesig van duiwelse ongeregtigheid; en Sy reaksie? "Vader vergewe hulle...."

Maar ai, dit sal vir ons mensies 'n stryd (met die Heilige Gees as Helper!)bly tot op die laaste dag.

loeloe said...

Ai, en my ou moeder het my dan geleer om nie met die deur in die huis te val nie, en toe is dit presies wat ek doen! Ek vra dus om verskoning, en sal myself nou eers op ordentlike manier voorstel, Oom.

Ek is Mariki en ek is Nimsi se luglangsvriendin (internet), en dis op haar aanbeveling dat ek hier kom inloer het -- waaroor ek baie bly is.

Aangename kennis, Oom Petrus!

Oom Petrus said...

Angename kennis Mariki.
Jy is baie welkom om bietjie op my blog te kuier.
Groete en sterkte