Friday, March 20, 2009

PROBLEME IN JOU LEWE

In die dag waarin ons lewe is daar sekerlik nie 'n persoon wat nie 'n probleem van een of ander aard het nie. Jy mag net nie toelaat dat dat die probleem so groot in jou gedagtes word dat dit die Here totaal uitsluit nie. As jy toelaat dat jou probleme jou gedagtes totaal oorheers, dan laat jy geen plek vir die Here om Sy wil in jou lewe ten uitvoer te bring nie. Die probleem sit soos 'n brulpadda voorop in jou gedagtes, daarvan is jy dan baie meer bewus as van die Here, hierdie toestand is uiters nadelig vir jou gees.

Mens moet seker maak dat jou probleme op 'n positiewe manier benader word. Dit is baie maklik om jou teen een groot probleem blind te staar, en geen uitweg uit die situasie te sien nie. As jy egter gaan sit en die probleem analiseer, doen dit op skrif, en probeer dit sover moontlik opdeel in kleiner hanteerbare stukkies, dan het jy reeds ver gevorder op die pad om die probleem op te los.

God moet egter nooit uit die prentjie gelaat word nie, wat jy ookal doen en hoe jy dit ookal analiseer, doen dit biddend. Onthou een ding, God is groter as enige probleem wat jy ooit mag ondervind, Sy arm is nie te kort om te help nie. As jy nou jou plan op skrif gesit het, gaan dan met daardie plan na die Here toe en le dit aan hom voor en verklaar dat jy gewillig is om Sy leiding in die saak te volg. Wees sensitief vir Sy stem en leiding. Vertrou Hom volkome en doen wat Hy vir jou se om te doen. God se oplossing vir 'n probleem is nie altyd soos ons s'n nie. Moet dus nie verbaas wees as God die probleem heel anders oplos as wat jou beplanning was nie. Pasop om nie net in te storm en dinge op jou manier te wil doen nie. Moenie soos gewoonlik self besluit en op jou eie aangaan nie. Wag op die Here.

Jes 40:31 maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende;...................

2 comments:

Anonymous said...

Ag dankie vir hierdie stukkie perspektief!
Carel

Anonymous said...

Goeie dsg my vriend, ek is Ds Riek Valtyn van Johannesburg, een van my jeugleiertjies Sam April is n groot aanhanger van hierdie webtuiste van jou en met reg ook! Ek moet jou gelukwens met wat jy hier doen. En mag die Vader jou ryklik bless met hierdie webtuiste. Ons beplan n jeugweek in Junie/Julie by ons gemeente in Witpoortjie ek sien jy is van rustenburg sal jou nader aan die tyd kontak hier met my besonderhede en n moontlike dag/datum as jy sal kans sien om vir die jeug n boodskap te bring hier by ons.
God bless1
Riek