Tuesday, March 10, 2009

PSALM 130

Ek is in groot moeilikheid. Help my asseblief Here. Moet asseblief nie my problem miskyk nie. Wys dat U my hulpgeroep hoor.
As U die hele tyd mense se sondes onder hulle neus moes vryf, sou niemand meer kon lewe nie.
Gelukkig vergewe U on sons sondes. Daarom sien mense op na U en dien hulle U.

Ek vertrou op die Here. Met ny hele lewe vertrou ek op Hom.
Ek hou vas aan alles wat Hy beloof het.
Hy vergewe my ook. Daarom sal ek aan Hom vashou.
Ek hou vas aan die Here, meer as wat ‘n kleintjie aan sy ma vasklou.
Ek sal U nooit los nie.

Julle wat die Here liefhet, moet in Hom bly glo, want HY het Sy kinders lief.
Hy vergewe hulle weer en weer.
Hy sal al die dinge vergewe wat Sy kinders verkeerd gedoen het.

Die Boodskap
Jan van der Watt
Stephan Joubert

2 comments:

Nimsi se Blog said...

Hello Oom Petrus, dankie vir hierdie stukkie, die ou SATAN kom pla my juis deesdae met toentertyd se sondes!
Groete daar
Ninsi

Oom Petrus said...

Hallo Nimsi,
Ek bid vir jou. Stryd sal ons maar altyd hier op aarde he. Deel net met daardie ou ding en beweeg aan. Moenie toelaat dat dat die aanklaer jou treiter nie. hy is verslaan toe Jesus aan die kruis die prys betaal het
Sterkte
NS. Lees miskien weer die blog van 11 Februarie- Ken jou vyand