Monday, June 15, 2009

DANKBAARHEID.....deur DIENS

Wanneer mens begin om voorraadopname van jou lewe te maak, sak ons ontdek hoe geseënd ons in werklikheid is en hoe genadig God in die verlede teenoor ons was en hoe genadig Hy steeds is deur in al ons behoeftes te voorsien. Die Skrif vertel aan ons dat elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk van Bo kom(Jak1:17), Wanneer ons elke dag alles bepeins wat die Here onverdiend vir ons doen, word ons herinner aan die feit dat ons oneindig baie het om voor dankbaar te wees.

Die enigste manier waarop dit enigsins moontlik is om God te proèèr dank vir Sy goedheid en seën, is deur vir Hom diens aan ons medemens te lewer. Alles wat ons van die Here ontvang, ontvang ons slegs deur genade. Daarom is dit ons plig en voorreg om dit met ander te deel in Sy Naam en tot Sy eer.
2Kor9:12 Want hierdie hulpbetoning, voorsien nie alleen in die behoeftes van die heiliges nie, maar is ook oorvloed met danksegging aan God.

3 comments:

Nimsi se Blog said...

Hallo Ouboet
dit is n mooi stukkie.

Kleinboet

mariki said...

OomP, en om te dink dat selfs die goeie dade wat ons doen, word in en deur ons gewerk deur die HG! Voorwaar is ons tot niks, maar niks, uit ons eie in staat nie...

Waaroor sal ons ons dan verhef?!

Oom Petrus said...

Hallo Kleinboet,
Dankie vir die inloer
Groete daar




Hallo Mariki,
Jy is so reg, ons verstaan dit nie altyd so nie.
Groete