Monday, June 8, 2009

DIE DINGE WAT DAARBO IS.....

In die film Gladiator, probeer Generaal Maximus Meridius om sy manskappe te inspireer om goed te veg in die veldslag teen Germania. Hy spreek hulle toe en maak dan hierdie diepsinnige stelling: Wat ons in hierdie lewe doen, het 'n weerklank in die ewigheid."
Hierdie woord van 'n denkbeeldige militêre leier dra 'n besondere boodskap, veral vir gelowiges in Christus. Ons is nie net besig om tyd te verspeel op 'n rots wat in die heelal wentel nie. Nee! Ons is hier met 'n doel en het die geleentheid om 'n ingrypende verskil te maak, deur die wyse waarop ons lewe.

Jesus het self gesê: "Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie, en diewe nie inbreek en steel nie" (Matt6:20)

As ons besef dat ons vir die ewigheid lewe, maak dit 'n ontsettende verskil! Maar hoe kan ons dit regkry om ons "gedagtes op die dinge wat daarbo is"-te rig? (Kol3:2)

'n Goeie begin sal wees, deur vas te stel watter dinge ons ewige GOD waardeer. Wat is vir HOM belangrik? Ons lees in die Bybel dat God MENSE bo besittings waardeer en dat KARAKTER vir Hom belangriker is as dinge wat ons tot stand bring. Dit is die waarhede wat ewigheidswaarde het.
As ons daardie waarhede aanvaar en daarvolgens lewe, sal ons 'n ewige perspektief bekom. Kom ons maak 'n verskil!

3 comments:

mariki said...

Ons sukkel darem hiermee, né oomP! Maar heiligmaking (wat in essensie is om God voor alles te stel), sal 'n stryd teen die oue mens wees tot op ons laaste oomblik.

Oom Petrus said...

Hallo Mariki,
Jy is reg! Ons het 'n stryd om te stry tot die einde toe. Gelukkig staan ons nie alleen nie, want in ons eie krag sal ons dit nooit regkry nie.
Wonderlike dag vir jou

loeloe said...

Dankie!