Monday, June 22, 2009

VERHOUDINGE IS ALLES

Soms wonder 'n mens, hoekom die dood so 'n groot impak op 'n samelewing het. Het dit nie iets (of liewer alles) te doen met die feit dat God ons as verhoudingswesens geskape het nie? Tog skeep ons baie keer hierdie faset van menswees die meeste af! Wanneer ons mense se behoeftes beter verstaan, kan jy hulle beinvloed en 'n positiewe impak op hulle lewens maak. Volgens Dr John C. Maxwell is die volgende 3 sake belangrik as jy mense wil verstaan:

1. EVERYBODY WANTS TO BE SOMEBODY
Net soos wat jy 'n behoefte het aan erkenning en 'n betekenisvolle lewe, net so het elkeen rondom jou dit ook nodig. Almal (ook God se kinders) het 'n behoefte om waardig geag te word.

2. NOBODY CARES HOW MUCH YOU KNOW UNTILL THEY KNOW HOW MUCH YOU CARE
Hoeveel jy weet, beindruk nie eintlik iemand nie. Die oomblik wat mense besef jy gee regtig vir hulle om, sal hulle gesindheid teenoor jou verander.

3. Wat gebeur met 'n warm kooltjie wat uit die vuur gehaal word? Dit koel af. Die kerk vermag mos ook baie meer, as ons dinge saam doen!
Psalm 8 sĂȘ baie duidelik dat die Here ons met 'eer en aansien" gekroon het!

Kom ek daag jou uit om mense (veral kinders en jeug) se eer en aansien "terug te gee" deur hierdie drie behoeftes uit te leef teenoor hulle wat dit so nodig het....sodat God se eer meer sigbaar kan word!

Met dank aan Danie Jacobs

2 comments:

Nimsi se Blog said...

Hello Oom Petrus
ja dit is so waar n kooltjie wat uit die vuur gehaal word, koel af en gaan naderhand dood ne.

Jou vadersdag stukkie is net so treffend.

Geseende week vir julle

mariki said...

Wow, OomP, dis sterk taal en baie om oor te dink, dankie.