Friday, March 27, 2009

STRYD EN VOORGEE

Elke oggend wat ons, ons oë oopmaak begin ‘n nuwe stryd, ‘n stryd wat ons nooit op ons eie kan wen nie. Ons sal aanhou om hierdie stryd te voer tot die dag dat ons, ons koppe neerlê. Ons moet net nooit vergeet dat ons nie alleen staan in die stryd nie. Vader in die hemel het geweet van hierdie stryd wat alreeds in die Paradys begin het en tot vandag toe nog voortduur en Hy het in Sy alwetendheid ‘n plan gemaak deur Sy Seun Jesus te stuur om die stryd saam met ons te stry.
Sonder Jesus in ons lewens is ons total gestrand en gaan ons nêrens heen nie. Die persoon wat onder die indruk verkeer dat hy op sy eie kan voortploeter, maak die fout van sy lewe. Sonde en ongeregtigheid is om ons en selfs binne in ons en dit kelder ons as ons nie werk daarvan maak en ons lewe met God regmaak nie.

As ons, ons lewe met God regmaak, verdwyn al hierdie versoekings nie......, in teendeel dan word die aanslag teen ons verskerp en word dit al veller omdat die siele vyand prober om ons van daardie spreekwoordelike nou paadjie af te kry. So lank as wat ons die breë weg bewandel, het die vyand nie veel saak met ons nie, hy is gelukkig dat ons dan sy volgelinge is wat eendag saam met hom in die hel sal brand. Wat ‘n aaklige vooruitsig....!

Dit help nie om doekies om te draai of mooi broodjies te bak nie. Ons word in sonde gebore en ons hoef niks te doen om 100% seker te maak dat ons in die hel sal beland nie. Dit is waarheen die grootste gros mense op hierdie aarde oppad is.
God praat en praat met ons deur Predikante van soveel kansels af, Sy woord word oor die radio verkondig, daar word duisende geestelike boeke geskryf en gelees. Ons stoot die Bybel bietjie eenkant toe terwille van al die geestelike boeke. Die Woord van God is al die eeue met ons en daarin kry jy alles wat jy nodig het om by Hom uit te kom. Vraag is: Luister ons....? Doen ons....? Lewe ons soos kinders van God?

Dit is deesdae algemeen in gesprekke om te hoor hoe mense oor die Here praat. Die vraag is net of al hierdie praatjies wat ons hoor, nie maar net “make believe” is nie. Is dit nie dalk maar soos daardie speletjie Stomstreke nie. Die hand word so agter die oor gehou om aan te dui “dit-klink-soos.” Dit klink soos die ware Jakob. Dit klink asof hy of sy ‘n kind van die Here is, maar wanneer Sondag verby is, is daar geen verskil tussen diegene wat sê hulle is kinders van die Here en hulle wat nog nooit by die Here uitgekom het nie. Dan gaan die ou sondige lewe maar net aan, dit rook, drink, vloek, hoereer, lieg en bedrieg......!

Dit is elke indiwidu se eie verantwoordelikheid om ‘n skoon en rein lewe te lei..... en as jy val.., op te staan.... reg te maak..... vergifnis te vra en aan te gaan. God is getrou en regverdig, as jy met berou bely sal hy jou vergewe en nooit weer daaraan dink nie. Moet dan net nie toelaat dat die vyand jou van jou vrede beroof nie. Jou maak voel dat jy nie met die Here kan praat nie. Dat jy nie kan bid nie. Wanneer jy vergifnis ontvang het haal die Here dit nooit weer op nie en Hy sal dit nooit teen jou hou nie want Hy is nie ‘n mens nie, Sy bloed bedek alle sondes.
1 Joh 1:9 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

3 comments:

Anonymous said...

More Oom Petrus, hoop nou nie ek maak vandag weer n boe-boe nie! Sien darem dat tan Naomi vir oom aangestuur het. Ek kom net eers vir oom bye se, ek weti wat is die reels by die nuwe werk nie, maar ek is besig om vir myself by die huis ook internet te kry, dan sal ek in die aande kan kom lees. Die ander meisie wat oorbly sal darem nog elke dag as sy werk kom lees, sy gaan ook nou net drie en n half dag per week werk.
Ek praat binnekort weer met oom.
Groete
Ina

Anonymous said...

Dag oom, jmmr ek was so lanklaas hie by oom ma ons het gtrek en die telefone ht so lank gevt om in te kom. hoop dt gan gud met oom.
Grte
sam

Oom Petrus said...

Hallo Ina,
Hoop dit gaan goed by die nuwe werk en dankie vir jou kuiertjies





Hallo Sam,
Ek vertrou die trekkery het goed afgeloop. Baie dankie vir jou besoekies hier. Ek waardeer dit baie