Monday, June 1, 2009

TE VEEL DRYWERS IN JOU LEWE

Op 4 Januarie 1944 vind een van die ergste treinrampe in die geskiedenis in Spanje plaas. Meer as 500 manse stref in hierdie ramp.

'n Baie lang passassierdtrein met twee lokomotiewe, een wat voor getrek het en een wat van agter gestoot het was op die spoor. Die taak van die agterste lokomotief was om die trein teen die steiltes uit te stoot, terwyl die voorste een die trekwerk gedoen het. Soos dit nou maar somtyds gebeur het, die voorste lokomotief skielik binne in 'n tonnel gaan staan. Die drywer van die lokomotief wat stoot, het die penarie van die voorste drywer besef, en dadelik 'n plan probeer maak. Hy het sy lokomotief dadelik in trurat gesit en volstoom probeer om die trein agteruit uit die tonnel te sleep.

Intussen het die drywer van die voorste lokomotief met 'n groot gesukkel weer die lokomotief aan die gang gekry en het met volstoom vorentoe probeer gaan om die trein uit die tonnel te trek. As gevolg daarvan dat die drywers van die twee lokomotiewe nie met mekaar kon kommunikeer nie, het albei nog meer stoom opgebou om te probeer om die trein uit die tonnel te kry, maar die een het vorentoe gebeur en die ander weer agtertoe, met die gevolg is dat hulle teen mekaar getrek het en die trein het in effek doodstil gestaan.Hierdie getoutrekkery het 'n hele paar minute geduur, met die gevolglike opbou van koolstofmonoksiet in die tonnel. Honderde mense het in die tonnel gesterf aan die koolstofmonoksiet-vergiftiging bloot omdat die trein terseldertyd in twee rigting gedwing is, maar nĂªrens heen gegaan het nie.

Hoeveel drywers het jou lewenstrein?
Word mense se persepsie van God vergiftig as gevolg van te veel drywers in jou lewe?

God se woord waarsku ons in Matt 6:24 "Niemand kan tegelyk twee base dien nie." (ANV)


Met dank aan: Danie Jacobs

2 comments:

Muriel said...

Hello Oom Petrus

Dankie vir hierdie inskrywing, ja ek het te veel drywers in my lewe. Dis my werk om hulle van vandag af te "fire" as ek weer in stilte en rus wil lewe.

Groete

Anonymous said...

Yes Yes Amen!

Benna