Thursday, April 23, 2009

GEE DIE EERSTE TREE

Baie mens hoor God se stem wat hulle roep om hulle saak met Hom reg te maak. Hulle weet dat hulle dit moet doen en die begeerte om dit te doen is baie maal brandend, maar hulle is huiwerig om die oorgawe aan die Here te maak. As hulle dan die koste van so 'n oorgawe bereken dan voel hulle die prys is te hoog om te betaal. Hulle besef dat die hulle nie beide sonde en die Here in hulle lewens kan huisves nie. Wanner die Here jou uitnooi om die saak met Hom reg te maak, dan bedoel hy dat jy jou alles op die altaar moet sit vir Hom. Jy moet jou sonde bely en laat staan. Dit help nie om belydenis van sonde te doen en dan net weer aangaan om dit wat jy bely het te doen nie. Dit is iets waarmee jy klaarkry in jou lewe.

Baie mense dink dit is 'n vernedering en verleentheid om die knie te buig en hulle sonde emosioneel voor die Here te bely. Hulle wil nie met so iets vereenselwig word nie. Ons is mos grootgemaak met die idee dat sulke dinge by die sektes hoort. Ons gesindheid omtrent hierdie saak verhoed dat ons die wonderlike ervaring van sondebelydenis en sondevergifnes smaak. Dit is seker die mees verlossende ervaring wat 'n mens kan ondervind. Jy voel lig, jy voel gemotiveerd en jy het daardie wonderlike begeerte in jou om die Here te loof en te prys en te dien met alles wat in jou is.
Het jy dit al voorheen probeer? Dit het nie vir jou uitgewerk nie en nou is jy skaam omdat jy Hom voorheen teleurgestel het.
Wanneer die Here jou uitnooi om sy juk op te neem, dan is daar geen veroordeling in Hom jeens jou nie, trouens Hy staan met ope arms om jou terug te verwelkom. Die Woord sĂȘ: Nader tot God en Hy sal tot jou nader. Ons moet net die eerste tree gee.......!

No comments: