Thursday, April 30, 2009

DANKIE

Dankie, vir hierdie goeie more, dankie vir hierdie nuwe dag........sing Lance James.

Hoeveel vra ons van ons Hemelse Vader op 'n dag en hoeveelkeer se ons dankie.
As ons vir 'n oomblik stil word en met die gedagte deur ons seëninge werk, is daar 'n oneindige lys van dankies wat ons aan die Vader moet gee. Maar doen ons dit....? Nee ons dink as ons selfvoorsienend is dan hoef ons nie daarvoor dankie te se nie:

Dankie Heer vir gesondheid sodat ek kan werk!
Dankie Heer dat ek 'n werk het om te kan geld verdien, sodat ek vir my gesin kan voorsien in 'n dak oor ons koppe, 'n warm bed om in te slaap, kos om elke dag op die tafel te sit, 'n motor of motors om mee te ry, klere om aan te trek, skoene aan my voete.
Dankie Heer dat ek voete het om mee te loop, oë om mee te sien en na u handewerk te kyk, 'n neus om om mee te ruik aan al die wonderlike geure wat uit 'n prag blomtuin uit kom. Dankie vir ore om mee te hoor en elke geluidjie wat daar is, die veraf gerammel van 'n donderweer die stemmetjie van 'n klein babatjie mee te kan hoor. Dankie dat ek 'n mond het om mee te kan praat en met ander mense te kommunikeer.
Dankie vir die suurstof wat ons elke dag inasem. U het geweet toe U die mens geskape het en die asem in hom ingeblaas het, dat ons suurstof sal nodig hê om te lewe. Suurstof raak nooit op nie Here, in U alwetendheid het U dit so gemaak dat bome en plante daardie broodnodige suurstof vervaardig. Help ons asb om daardie bron nie te verniel en te vernietig nie.
Danie Vader vir die maat wat U vir my gegee het, sonder hom/haar sou my lewe maar bra vaal gewees het. Dankie Here vir die kinders wat u vir my geleen het, en dankie Vader vir die voorreg om hulle groot te maak soos U dit wil hê. Ek weet nie of dit altyd suksesvol is of was nie maar sonder U genade sou dit 'n groot fiasko gewees het. Dankie vir U genade.

Bo alles Here dankie vir U. Dat U die lewende God is dat U alles gemaak het dat U ons verstand gegee het om al die wonderlikste uitvindings mee te kan doen. Dankie Jesus dat u die prys betaal het, dat U gesterf het sodat ek kan Lewe. Dankie dat U die weg en die waarheid en die lewe is en dat U die enigste Weg na die Vader is.
Dankie Vader dat ons in nederigheid voor U kan neerbuig, om U te aanbid en aan U al die EER en AANBIDDING van ons harte te kan gee.
Dankie vir alles my Pappa-Vader ek het U lief.
Amen

2 comments:

Anonymous said...

Hierdie blog is so n tydjie gelede in die Leef gebedskamer geadverteer en sederdien lees ek daagliks hier.
Baie dankie vir die prag manier waarop u hierdie skrywes aanbied. My gebede vir seen en inspirasie vergesel u.
Jesus Groete
Ans van Tonder.
Ek hou veral van die Kalahari inskrywings, kan u moontlik weer van dit plaas.

Oom Petrus said...

Hallo Ans,
Baie dankie vir jou besoek, ek waardeer dit.Baie dankie vir jou goeie wense, ek skryf maar soos die Here die gedagtes in my kop plaas.
Die Kalahari inskrywings kom maar drupsgewys in van my ou vriend daar in die agter Kalahari. Daar is darem weer enetjie geskeduleer vir more
Groete