Friday, April 3, 2009

WOLKEWYSHEID

Groete en Vrede!!!

Dit is stil, grafstil op die groot wit sandduin waar ek en die Mooiste Mooi ‘n warm laat agtermiddag sit. Vroegdag se vars skerpioen spore lê steeds ongesteurd op die wit sand terwyl die warm reuk van droë duinsand, die lug vul. Alles in die Agter-Kalahari is rustig en beweeg in stadige spoed so asof daar geen rede vir haastigheid en gejaagdheid bestaan nie. Alles lyk skoon en heel vergete is laas week se erge stofstorm wat die wêreld in ‘n bruin stofjas kom toewikkel het.

So sit ons daar in stilte met harte tot oorlopens toe vol gevul met groot dankbaarheid teenoor die Vormer van Hemelgoed en Stofaarde vir Sy sandkorrel seëninge. En terwyl die tasbare stilte so oorvloedig oor ons bruin gekleurde wêreld weergalm, kan ek nie anders as om aan kosbare mensegoed te dink nie.

So dink en sien ek in my binneste oog, ‘n uitgeputte generasie wat stoei met ‘n oorvol lewe. ‘n Kosbare generasie moeg gesloeg, gesweet en gesukkel met probleme terwyl hul konstant strewe om altyd alles reg te doen deur aanvaarbaar, lojaal, toegewyd, betrokke, suksesvol, begaafd en finansieel sterk te moet wees. Tog is ek en jy is deel van daardie generasie!

Skielik is dit wat deur my denke spoed net te veel, te groot en te swaar vir my. Ek lê agteroor en wikkel myself so ‘n stukkie in die louwarm los sand in net om later die snoesigheid van die hitte teen my kop, nek en rug te voel. Ek wil-wil my oë toemaak, maar iets dring daarop aan om hul oop te hou. Dan fokus my oë op derduisende los, wit gepluisde watte wolkies wat wind gedrewe geruisloos deur die hemelruim gly en ‘n stukkie waarheid vorm deel van my binneste binne.

Elke wolkie is nes ek en jy, uniek en baie spesiaal in mekaar geweef. Gesamentlik asook afsonderlik vorm ons die basis waardeur Hy Sy lewegewende water beskikbaar stel. Wees jy net jy en laat toe dat die Veilige Gees jou geruisloos deur die Skepping laat gly. Dis vry, gratis, verniet en sonder prys ..............

Wel vanuit die Agter-Kalahari tot ‘n volgende keer, mooi bly, lekker slaap en onthou ……………………….

Be BLESSED by the BEST and stay within the confinements of LOVE

HJ & Dalene
DIVINE LIFE SENDING.
(Landlyn 054-551 1000)

3 comments:

Anonymous said...

Dag Oom Petrus di Kalari stories is baie moi ek lees hulle alml vi my ouma sys al ninty one en sukkl nou om self te lees.
oom moet moi bly
Sam

Anonymous said...

Sjoe wat n nagmerrie van n week!!!!
Dankie vir die oasis wat jy hier skep! Hoe gaan dit met Naomi hulle sy reageer glad nie op my sms'e en e-posse. Vra tog asseblief sy moet my kontak.
Groete
Thereza Botes
Derdepoort Pta

Nimsi se Blog said...

Hello Thereza,
dit gaan baie goed met ons baie dankie. Ek reageer oor die algemeen nie op gewone FW e-posse en sms'e nie, slegs op dit wat persoonlik aan my gerig word.
Mooi gaan
Groete
Naomi