Tuesday, April 7, 2009

OM DIE KRUIS OP TE NEEM

Markus 8:34-38
En toe Hy die skare saam met Sy dissipels na Hom geroep het, sê Hy vir hulle: Wie agter My aan wil kom, moet homself verl0ën en sy kruis opneem en My volg.

Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil en om die evangelie ontwil verloor, hy sal dit red

Want wat sal dit 'n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly?

Of wat sal 'n mens gee as losprys vir sy siel?

Want elkeen wat hom vir My en My woord skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van Sy Vader met die heilige engele.

3 comments:

Anonymous said...

Hallo Oom,
Ek lees elke dag hier, en hierdie inskrywings het al groot dinge vir my gedoen. Ek is die meisie wat na oom se aborsie inskrywing myne gekanseller het. Ek's nou 5 maande swanger, weet nog nie wat voorle nie, maar kry daagliks my krag hier.
Geseend paas vir oom.

Oom Petrus said...

Liewe Anoniem,
Ek kan net die Here al die eer gee vir hierdie getuienis van jou.Ek glo dat die Here vir jou sal krag gee tot die einde toe.
Ek bid vir jou

Nimsi se Blog said...

Liewe Anoniem,
Eerstens baie geluk met die groot besluit wat jy geneem het, en weet dit was verseker die regte besluit.
Baie sterkte vir die res van jou swangerskap, weet dat ek vir jou sal bid en dat Jesus jou nooit in die steek sal laat nie. As jy in enige stadium voel om te gesels kontak my gerus by nwlourens@gmail.com. Jy is welkom om dit steeds anoniem te doen en wees verseker dat alles met groot liefde en privaatheid sal geskied.
Kyk mooi na jouself en onthou jy is vir Jesus n Prinses, sy koningskind!

Oom petrus dankie vir dit wat jy hier doen, en vir die deernis waarmee jy hierdie vroutjie behandel. Ek's lief vir jou. Geniet julle naweek, groete daar en ry veilig.
Nimsi