Tuesday, April 21, 2009

VERKIESING 2009

Ons is 24 uur weg van die 2009 verkiesing. Wie jy is of wat jy is die uitslag van hierdie verkiesing gaan jou raak daarom is dit jou plig om jou stem uit te bring.
As jy nie gaan stem nie, is jy vir ewig die swye opgelê, want dan mag jy nooit die regering wat aan bewind kom kritiseer nie. Dit is nou jou geleentheid "speakup or forever hold your peace"

Wat is 'n verkiesing?
Die verklarende Afrikaanse woordeboek beskryf dit as:
  • Handeling
  • Gebeure van te kies
  • Wens, verlange, Keuse
  • Benoeming tot verteenwoordiger op die een of ander liggaam
  • Eleksie
  • Soos jy verkies
  • Uit vrye keuse
  • Sonder enige dwang
  • Soos jy self wil, begeer

Hoekom moet daar verkiesing gehou word? Sodat daar op 'n demokratiese wyse 'n klein groepie mense daar gestel word om 'n sekere taak te verrig. Om die land te regeer.

Behoort 'n Christen te stem? Baie defenetief. Alhoewel ons nie van hierdie wêreld is nie, omdat ons burgerskap in die hemel is, woon ons nog steeds in die wêreld. Toe Jesus opdrag gegee het aan sy dissipels om te gaan....., was dit ook om van hierdie wêreld 'n beter plek te maak. Deur te stem, maak ons 'n bydrae om van hierdie onder maanse, 'n beter plek te maak.

Waarna moet ons kyk as ons besluit vir watter party ons gaan stem? Al die partye se beginsels is in 'n mindere of meerdere mate geskoei op die dinge wat 'n Christen na sal kyk. Op die ou einde is dit egter 'n saak tussen jou en die Here wanneer jy agter daardie skermpie gaan staan om jou kruisie te trek. Ons moet bid oor hierdie saak en vra dat die Here ons sal lei om die regte keuse te maak. Politiek is nie 'n skoon spel nie, voor die verkiesing belowe al die partye jou alles, maar na die verkiesing.....!! Aborsie en genadedood is absoluut taboo terwyl die doodstraf 'n hoogs debateerbare onderwerp is wanneer dit kom by moord en verkragting. Die Christen moet ook bietjie sy verstand gebruik om so te stem dat een party nie sover die oorhand kry dat hy kan maak wat hy wil nie. Tans is dit die geval.

Nou ontstaan die vraag by ons. Wat as die regerende party nie die een is waarvoor ek gestem het nie en ek kan myself nie met hulle standpunte vereenselwig nie? Watter regeerders ookal aan bewind kom, is indirek deur God daargestel en ons moet onderdanig aan hulle wees.. Rom13:1-2 Elke mens moet hom onderwerp aan die owerhede wat oor hom gestel is. Daar is immers geen gesag wat nie van God kom nie en die owerhede wat daar is, si daar deur die beskikking van God. Wie hom teen gesag verset,kom dus in opstand teen die ordening van God en wie in opstand kom sal sy verdiende straf kry.

Wat kan ons as kinders van God doen om by te dra tot 'n meer effektiewe regering? Trek daardie passiewe pantoffels uit. Probleme sal nie verdwyn as ons soos 'n volstruis kop in die sand steek nie. Trek daardie aktiewe tekkies aan. Kla wanneer dinge verkeerd loop, stuur 'n faks, 'n brief of 'n e-pos. Moenie 'n deelgenoot van korrupsie en omkopery wees nie, ja soms sal die versoeking aan jou deur klop. Vra jou self dan die vraag af: Wat sou Jesus nou in die geval gedoen het? Ons kan nie alles maar net gelate aanvaar en passief toelaat dat verkeerde ding gebeur sonder om ons self daaroor uit te spreek nie.

Laastens ons moet bid. 2Kron 7:13-14 As Ek die hemel gesluit hou sodat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land kaal te vreet, of as Ek pes onder My volk stuur, en My volk oor wie My naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe an hulle land laat herstel.

Here, hierdie komende verkiesing is iets wat ons almal gaan raak. Help ons elkeen om sy kruisie op die regte plek te trek, gee vir ons leiding daartoe asseblief Here. Dankie dat ons kan weet dat dit nie regtig saakmaak watter party gaan wen nie, U bly steeds in beheer. Help ons om nie moedeloos te word as ons na alles rondom ons kyk nie. Moedeloosheid is die duiwel se grootste wapen om kinders van die Here te oorwin.

Gaan stem, moenie wegbly nie vat 'n piekniek mandjie met tee en koffie saam en maak dit 'n ontspanne lekker dag. Leer ken sommer die mense wat in die toue saam met jou staan. Gesels met hulle maak vriende met hulle. Dit laat die tyd verbygaan en voor jy weet is jy besig om te stem.

2 comments:

Anonymous said...

Baie waar in die tyd waarin ons nou is- veral die "speak now or forever hold your peace".

Ek het ook 'n ander comment vroer gelos- in engels, jammer ek is net 'n bietjie gewoond daaraan.

Ek hou baie van hierdie blog- ek is nogals 'n ywerige blogger en fotograaf myself [stokperdjie] en dit is lekker om vir 'n slag 'n bietje Afrikaanse Christelike 'content' hier op blogger te sien.
Sal defnintief weer terugkom

Oom Petrus said...

Hallo Francois,
Baie dankie vir jou inloer hier. Die taal maak nie saak nie, dit is lekker om van jou te hoor.
Geniet die daG