Wednesday, April 29, 2009

WOORDE

Baie jare gelede het 'n Engelse liedjie "Words" die lig gesien en iewers in die liedjie is die volgende woorde:

Talk in everlasting words, and dedicate them all to me,
And I will give you all my life, I'm here if you should call to me
You think that I don't even mean a single word I say
It's only words and words are all I have to take your heart away

Woorde is die goed wat uit jou mond kom wanneer jy praat. Terwyl jy praat spat woorde in alle rigtings, party na links, ander na regs, ander weer na onder en party weer na bo. Part woorde word sag uitgespreek en ander word weer hard uitgespreek en dan is daar natuurlik ook die wat uitgeskreeu word. In sommige gevalle is daardie woorde fluweelsag en in ander gevalle is hulle weer kliphard. Die oomblik wat 'n woord jou mond verlaat, tref dit iewers iemand se oor. Partykeer tref dit net een paar ore maar ander kere tref dit weer meer pare ore, partykeer tref dit die regte ore en ander kere weer die verkeerde ore. Hoe dit ookal sy, woorde kan 'n blywende uitwerking op mense hê. In sommige gevalle kan woorde 'n goeie uitwerking op iemand hê en in ander gevalle weer 'n slegte uitwerking!

Ons moet versigtig wees wat ons sê, en natuurlik, hoe, ons dit sê. Die invloed van woorde, as dit geglo word, kan vêrrykend, maar dit kan ook verrykend wees. Partykeer skerts jy net en almal weet om jou nie ernstig op te neem nie want dit is net 'n gekskeerdery en jou woorde word nie geglo nie.

Dit is nog al die eeue so, met woorde kan jy iemand oplig en amper van die persoon royalty maak, maar jy kan hom ook afstamp dit hy in die diepste van elende beland.

Dawid bid in Psalm 141:3 Here, stel 'n wag voor my mond, bewaar die deur van my lippe.

Kom ons maak dit ook ons gebed!
As ons nie iets goeds of opbouends van iemand kan sê nie kom ons bly liewers stil..!

5 comments:

Nimsi se Blog said...

Here, stel n wag voor my mond, bewaar die deur van my lippe.
Amen

Oom Petrus said...

Nimsi,
Ja ek dink die meeste van ons moet maar daardie wag voor die mond kry>
Dankie vir die inloer
Groete

Anonymous said...

Dag Oom petrus
oums se oom is kookwater di laaste tyd. Die Here ht my mt n doel na oom se blog gbring.
Sam

Oom Petrus said...

Hallo Sam,
Dankie vir jou besoekie, Onthou net ons mag nooit na mense kyk nie want hulle stel ons so maklik teleur. Ons moet ons oggies op ons Liewe Here hou.

Nimsi se Blog said...

Wyse raad aan Sam Oom Petrus, maar ek wil tog op n manier met hom saamstem...God het hierdie blog met n doel tot stand gebring!

Nimsi