Friday, April 17, 2009

ONBETROKKENHEID

Daar buite in die wêreld loop daar baie mense rond wat teleurgesteld is in die mensdom omdat mense soos ek en jy hulle in die steek gelaat het. Ons lewe ongelukkig in 'n moderne wêreld waarin ons geen tyd vir mekaar het nie, ons is te besig met ons eie dinge en elendes. Wie van ons ken vandag nog ons bure van die vier aangrensende huise? Ek moet bely dat ek geen idee het wie my bure is nie, en ons bly al amper 'n jaar in ons huis.

Is dit wat van ons verwag word, om deur die lewe te gaan sonder om met ons medemens kontak te maak. Hoe weet ons hoe gaan dit met ons bure as ons hulle nie eers ken nie? Ly die huisgesin aan die anderkant van die muur nie dalk broodgebrek, terwyl ons dag vir dag aansit vir 'n groot maaltyd nie? Ons ken hulle nie, hoe sal ons weet? Bid ons ooit vir ons bure wanneer ons stiltetyd hou? Of is ons so selfsugtig dat ons net vir ons eie behoeftes bid, en net vir die wat naby ons is?

Weet jy daar loop baie mense rond wat seergekry het, seer, omdat ek en jy hulle gevaal het hulle het vertroue in hulle medemens verloor, hulle het vertroue in God verloor en hulle het vertroue in hulle self verloor. Hulle ploeter maar deur hulle alledaagse bestaan, sonder enige hoop op 'n beter toekoms. Hulle staan in die oggend op, gaan werk toe en probeer die dag so gou as moontlik omkry net sodat hulle kan huistoe gaan om daar te onvlug van mense. Hulle het ontvlugting, die bottel of die dagga zol of verdowingsmiddels van een of ander aard, en dit is die spil waarom hulle hele lewe draai. Hulle het geen gevoel vir hulle familie, hulle huisgesin nie. Die vroutjie en die ou kindertjies ly daaronder, hulle word die strate ingejaag en uit mekaar gevloek, geslaan dat hulle eintlik skaam is om hulle in die openbaar te laat sien. Sy het altyd 'n verskoning van een of ander aard hoekom sy 'n bloukol onder die oog het, of 'n kneusplek in die gesig.

Is dit reg om nie betrokke te raak nie? Hoe kan jy as jy die mense nie ken nie?

Weet jy in die Bybelse tyd het Christene so naby mekaar gelewe, dat hulle alles van mekaar geweet het. Hand 2:46 ..........en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet. Hulle het regtig mekaar se laste gedra, as iemand nie kos gehad het nie het hulle geweet en gehelp.
Hoe vêr skiet ons nie te kort as ons na hulle kyk nie. Wat 'n navolgenswaardige voorbeeld stel hulle nie aan ons nie.

Here, Ek moet my kop in skaamte laat sak. Help my asseblief om te verander sodat ek my medemens en sy behoeftes kan raaksien en dat alles nie net om my eie selfsugtige ek sal draai nie. Amen

4 comments:

Nimsi se Blog said...

WOW Oom Petrus...
hoe skuldig is ek net nie aan al hierdie dinge nie!
HERE, EK MOET MY KOP IN SKAAMTE LAAT SAK. hELP MY ASSEBLIEF OM TE VERANDER SODAT EK MY MEDEMENS EN SY BEHOEFTES KAN RAAKSIEN EN DAT ALLES NIE NET OM MY EIE SELFSUGTIGE EK SAL DRAAI NIE. AMEN

Anonymous said...

Iemand het in die leef se gebedskamer getuig van hierdie inskrywing. Ek dink jy klap heelwat mense raak met hierdie stuk.

Anonymous said...

Dag Oom Petrus,
was baja bsig di week skol bgin omdat ons nou by ouma bly ht k baja extra wrk, tuin ens. Die vrede mt God inskrwing is fantastic oom en hirdi inskrwing vn onbetroke prt ouma so baja oor sy vra altyd hoe bid jy vi 1 as jy homi keni.
God seen oom en oom se mense hieri week
Sam

Oom Petrus said...

Hallo Nimsi, Anoniem en Sam,
Baie dankie vir julle inloer hier. Dit is lekker om van julle te hoor. Vertrou dat julle 'n wonderlike week sal geniet